Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

Date
2011-08
Authors
Odendaal, Pieter
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet Academic
Abstract
Opsomming: Hierdie artikel sal sekere oënskynlik vreemde vertaalkeuses in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over (2009) deskriptief ontleed. Reeds met die eerste oogopslag is dit duidelik dat Breytenbach nie met vertaling in die konvensionele sin van die woord besig is nie – so word “donker” en “modder” in gedig 1 byvoorbeeld respektiewelik as “danker” en “madder” vertaal. Die oogmerk van hierdie artikel is om agter die spreekwoordelike kap van die byl van hierdie vertaalkeuses te kom. Jacques Derrida se werk oor vertaling sal as teoretiese raamwerk vir die ondersoek dien. Verder sal oortekening as ’n alternatiewe vertaalstrategie in oorblyfsel/voice over geïdentifiseer en deskriptief ontleed word om sodoende die tradisionele opvatting van vertaling as die oordrag van betekendes uit te brei.
Description
The original publication is available at http://www.litnet.co.za/
Keywords
Breytenbach, Breyten, Voice overs, Literature -- Translations -- History and criticism
Citation
Odendaal, P. 2011. Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over. LitNet Akademies, 8(2):286-308.