Spanner in die wat? – Wopko Jensma en die mineurletterkunde van Deleuze en Guattari

Date
2011-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet Academic
Abstract
Opsomming In 1993 het Gunther Pakendorf ’n artikel in Stilet gepubliseer getitel “Kafka, en die saak vir die ‘klein letterkunde’”, waarin hy aanvoer dat Wopko Jensma (1939–1993?) se poësie miskien die beste Suid-Afrikaanse voorbeeld is van wat Gilles Deleuze en Félix Guattari ’n klein- of mineurletterkunde noem. Hierdie artikel is ’n verkenning van Pakendorf se hipotese waarin probeer word om die karaktertrekke en effekte van die Deleuze-Guattariaanse term mineurletterkunde op te som terwyl Jensma se poësie as voorbeeld daarvan gelees word. Jensma se meertalige gedigte, wat sterk beïnvloed is deur onder andere jazz en dada, met hul sterk politiese inslag, figureer steeds op die randgebied van die Suid-Afrikaanse literêre sisteem. Daar sal aangedui word hoe die konsep van mineurletterkunde – letterkunde wat Deleuze en Guattari defnieer as ’n politieke, kollektiewe uiting wat taal deterritorialiseer – ’n ingang bied tot die werk van Jensma, ’n digter wie se poësie nie veel prysgee onder die druk van meer tradisionele literêre benaderings nie. Uiteindelik sal Pakendorf se stelling bevestig word en sal Jensma se poësie herkenbaar word as mineurskrywing wat praat as die ander, wat subjektiwiteit politiseer en wat taal laat deterritorialiseer.
Description
The original publication is available at http://www.litnet.co.za/
Keywords
Jensma, Wopko Pieter, 1939-approximately 1993 -- Criticism and interpretation, Deleuze, Gilles, 1925-1995 -- Criticism and interpretation, Guattari, Felix, 1930-1992 -- Criticism and interpretation, Literature -- History and criticism
Citation
Anker, W. 2011. “Spanner in die wat?” –Wopko Jensma en die mineurletterkunde van Deleuze en Guattari. LitNet Akademies, 8(3):167-194.