The housing development NGOs offering housing education and training programmes in South Africa

Date
2001
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences
Abstract
Die artikel beskryf nie-regeringsorganisasies wat behuisingsopleidingskursusse in Suid-Afrika aanbied. Dit argumenteer ook dat Verbruikerswetenskaplikes 'n rol in hierdie verband het om te speel. Volhoubare behuisingsonwikkeling behels die fisiese lewering van huise, sowel as die ontwikkeling van die kapasiteit van gemeenskappe, die uitbreiding van geleenthede vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling en die daarstelling of versterking van gemeenskapsorganisasies. 'n Twee-stap steekproefproses is gebruik om die relevante nie-regeringsorganisasies te identifiseer. Fokusonderhoude is as navorsingstegniek gebruik om 'n kwalitatiewe beskrywende studie van die relevante nie-regeringsorganisasies te doen. Slegs elf nie-regeringsorganisasies is in Suid-Afrika gevind wat gestruktureerde behuisingsopleiding verskaf as deel van hul behuisingsprojekte. Hierdie organisasies is ongelyk versprei in die verskillende provinsies van Suid-Afrika en is meestal slegs in stedelike gebiede werksaam. Al elf die nie-regeringsorganisasies bied behuisingsopleiding sowel as gemeenskapsorganisasieontwikkelingsprogramme vir gemeenskappe aan. Slegs vier van die organisasies bied behuisingsopleiding vir gemeenskapsbehuisingsadviseurs aan, wat weer geleenthede vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling aan die gemeenskap bied. Om te verseker dat behuisingsontwikkeling in gemeenskappe volhoubaar is, behoort meer geleenthede vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling by projekte ingesluit te word.
Description
CITATION: Lombard, W. & Van Wyk, R. 2001. The housing development NGOs offering housing education and training programmes in South Africa. Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, 29(1).
Keywords
Citation
Lombard, W. & Van Wyk, R. 2001. The housing development NGOs offering housing education and training programmes in South Africa. Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, 29(1).
Collections