Die salarisgeskiedenis van die Kleurling-onderwysers in die openbare skole in Kaapland, 1910-1955, met verwysing ook na ander diensvoorwaardes as salarisse

Date
1961
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die taak om oor die vroegste salariëring van Kleurling- onderwysers in Kaapland te skrywe, word om verskeie onvermydelike redes bemoeilik. So is bv. die oorsaak vir die afwesigheid. van volledige en afsonderlike statistieke vir nie-blanke onderwys vir 'n lang tydperk moontlik te vinde in ons land se geskiedenis, en wel in 0rdonnansie No.50 van 1828, toe die spesiale Hottentotwette van die jare 1809 - 1819 herroep is en "Hottentots and other free persons of colour'' gelyk gestel is met die blanke koloniste. Vanaf daardie oomblik het wetgewing beslis "colour blind" geword, maar hoewel die wette dan kleurblind was, het ons die bewyse dat dit in die onderwyspraktyk glad nie geheel en al só was nie. Verder is die Kleurling as 'n aparte rassegroep in wording vir 'n lang tyd nie erken nie en toe die Kleurlinge reeds as 'n ras op- sy eie beskou is, het hulle geringe getalle dit nie in die oë van die land se administrasie geregverdig om met die Kleurling as 'n aparte groep rekening te hou nie.. Hulle is eenvoudig saam met die naturelle as "Gekleurd" geklassifiseer.
Description
Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1961.
Keywords
Teachers -- Salaries, etc, Teachers -- Pensions, Dissertations -- Education, UCTD
Citation