'n Ondersoek na die wenslikheid van skool-maatskaplike werk by Kleurlingskole

Date
1978
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Literatuurstudie oor skool-maatskaplike werk soos dit in die V.S.A. funksioneer, het die ondersoeker onder die indruk gebring van die waarde wat so 'n diens inhou vir leerlinge wat aanpassingsprobleme op skool ervaar. In Suid-Afrika waar daar nog nie 'n formele stelsel van skool-maatskaplike werk bestaan nie, word daar tans meer en meer oor die onderwerp gepraat en is verskeie persone besig om deur middel van navorsing op die behoefte aan so 'n diens te wys. Die Administrasie van Kleurlingsake het reeds in die sestiger jare op hierdie behoefte gewys. Maatskaplike werkers in diens van hierdie Staatsdepartement hanteer oorswaar gevalleladings met die gevolg dat probleme meestal net gestuit word en preventiewe dienste prakties onmoontlik is. Daarbenewens is volwassenes waarmee gewerk word, meestal reeds so vasgevang in hul negatiewe ervaringswêreld, dat dit te laat is om 'n heropvoedingstaak te verrig of om kapasiteite te ontwikkel wat te lank reeds latent is. Om hierdie situasie teen te werk, moet die kind betrek word. Probleme wat op 'n vroeë leeftyd ervaar word, moet maatskaplike werk-aandag geniet en voorkomingswerk moet sover moontlik geskied. Skoolmaatskaplike werk kan daartoe bydra dat leerlinge hul potensiaal beter benut, beter gebruik maak van die geleenthede wat die onderwys bied en ook minder probleme oordra na hul volwasse lewe.
Description
Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1978.
Keywords
School social work -- South Africa, Colored people (South Africa) -- Education, Dissertations -- Social work, UCTD
Citation