Plaaslike bestuursontwikkeling vir die kleurling-bevolkingsgroep : vraagstukke en vooruitsigte

Date
1977
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die stelsel van plaaslike bestuur in Suid-Afrika funksioneer deur middel van 'n netwerk van plaaslike owerhede op die laagste horisontale vlak van die owerheidshiërargie. Die stelsel word daaraan gekenmerk dat die gesag waaroor plaaslike owerhede regtens beskik om bepaalde en omskrewe funksies en bevoegdhede binne hulle onderskeie regsgebiede uit te oefen, gesetel is in die ingesetenes van so 'n gebied. Plaaslike owerhede is dus aan die een kant verteenwoordigend van aard deur die skepping van geleenthede vir die ingesetenes om deelname te verkry aan die besluitnemingsproses en aan die ander kant is hulle dienslewerend en beherend van aard.
Description
Proefskrif (M. Comm.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1977.
Keywords
Colored people (South Africa) -- Politics and government, Local government -- South Africa, Dissertations -- Commerce, UCTD
Citation