Vakbondontwikkeling en -beleid in Suid-Afrika

Date
1971
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse vakbondtoneel is, geoordeel aan die algemene siening, betreklik stil. Selfd sodanig dat daar by baie die idee bestaan dat daar in Suid-Afrika nie een so iets soos 'n vakbondbeweging bestaan nie. Dit blyk egter 'n groot mistating te wees. In Suid-Afrika word daar vandag nie minder as 179 geregistreerde vakbonde aangetref nie. Hierdie organisasies het aan die einde van 1970 bykans 600000 lede gehad. Hier hou die prentjie nie op nie. Binne die raamwerk van statuterebepalings deur die sentrale owerhede neergele, vorm hierdie organisasies van werknemers, saam met werkgewersorganisasies en hul onderskeie koordinerende liggame, 'n bepaalde struktuur wat aan die beweging 'n eie karakter gee. Hierdie kenmerke is eie aan die Suid-Afrika en kan in baie opsigte nie vergelyk word met soortgeyke bewegings in ander lande nie.
Description
Proefskrif (D. Comm.) -- Universiteit van Stellenbosch.
Keywords
Labor unions -- South Africa, Dissertations -- Commerce
Citation