Funksionele kunsuitinge by die AmaNdzundza

Date
1963
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie van die funksionele kunsuitinge by die AmaNdzundza, 'n afdeling van die Amandebele van Transvaal, is 'n poging om die groot leemte in die kennis omtrent hierdie Bantoegroep aan te vul. Daar is wel in die verlede aandag bestee aan ander kultuuraspekte van die Amandebele soos taal, religie, sosiale lewe, regstelsel ens., maar min is gelet op die kunsaspek. Die gebrek aan beskrywings in besonderheid van die huisversiering en kleredrag ook van die ander SuidAfrikaanse Bantoegroepe is opvallend. Moontlik is die kunsbydrae tot dusver nie as van buitengewone volkekundige belang beskou nie. In die verband moet ook gelet word op die geweldige tekort in museumversamelings aan voorwerpe van materiele kultuur soos bv. die kleredrag van die AmaNdebele; Vir die persoon wat op hierdie gebied navorsing begin, is die museum die eerste plek waar by deur middel van kultuurvoorwerpe 'n beeld kan vorm ·van die bydrae van 'n bepaalde groep.
ENGLISH ABSTRACT: No abstract available
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1963.
Keywords
Mural painting and decoration, Decoration and ornament -- South Africa -- Transvaal, Beadwork -- South Africa -- Transvaal, Ndebele (African people), Folk art -- South Africa -- Transvaal, Dissertations -- Anthropology, UCTD
Citation