Landbou en veeteelt in die Kaapkolonie, 1795-1806

Date
1948
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die tydperk, 1795 - 1806, staan in die geskiedenis van die Kaapkolonie aangemerk as 'n periode van woelinge en vinnige verwisseling van bewind. Eers kry ons die Britse besetting vanaf September 1795 tot Januarie 1803 en daarna die Betaafse Bestuur tot Januarie 1806. Dit het die geweldadige einde van die 143 jarige beheer van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie meegebring en terselfdertyd die brug gevorm tot 'n nuwe era, waarin die Britte die uiteindelike meesters van hierdie uithoek geword het. Vir die kolonie sou dit 'n merkwaardige verandering beteken, nie alleen ten opsigte van 'n opbloei in die ekonomiese lewe as gevolg van die aanwesigheid van aansienlike besettingsmagte en 'n gereelder skeepsverkeer in die geval van die Engelse nie, maar ook wat betref nuwe idees omtrent beleidsake. Laasgenoemde sou veral voor-die-handliggend wees. In die geval van die Britse Bewind kry ons te doen met 'n vreemde moondheid, wat kon roem op 'n uitgebreide koloniale ondervinding en as vernaamste oorlogvoerende teen Frankryk terselfdertyd 'n prominente rol in internasionale sake van daardie tyd gespeel het. Onder die Bataafse Bestuur sou dit nog meer opvallend wees, want dit was 'n rewolusionêre Holland, alias di Bataafse Republiek, wat as bongenoot van Frankryk in Maart 1802 by die vrede van Amiens die Kaap terug ontvang het. Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie het reeds in 1798 van die toneel verdwyn. Onder "Die Raad van Asiatische Zaken en Bezittingen" sou die kolonie nie meer beskou word as 'n blote verversingspos van 'n handelsmaatskappy nie, maar inteendeel die aandag geniet, wat in ooreenstemming met 'n verligte gees en grootse aspirasies ten opsigte van 'n nuwe koloniale ryk sou wees. In hierdie verhandeling is daar dan getrag om na te gaan hoe die Landbou en Veeteelt, as die belangrikste bedryf van die kolonie, sowel as die verskillende faktore, wat daarmee gemoeid gaan, deur hierdie nuwe toestande beïnvloed is.
Description
Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1948.
Keywords
Agriculture -- South Africa -- Cape of Good Hope -- History, Livestock -- Breeding -- South Africa -- Cape of Good Hope -- History, Cape of Good Hope (South Africa) -- History -- 1795-1872, Dissertations -- History, UCTD
Citation