Onderwys aan die Kaap onder die Kompanjie, 1652 - 1795 : 'n kultuur-historiese studie

Date
1936-12
Authors
Du Toit, Petrus Stephanus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
VOORWOORD: Verskillende skrywers het verskillende interpretasies gegee van wat die eintlike onderwerp van die Geskiedenis van die Onderwys uitmaak. So is nog tot onlangs die beskouing gehuldig dat dit die geskiedenis van groot opvoedkundiges, hulle lewe en werke, moet weergee. Met dit as uitgangspunt is egter nie 'n goeie insig in sake te verkry nie en is die voorstelling noodwendig eensydig. Vir die opvatting dat dit 'n geskiedenis van pedagogiese stelsels is, is miskien meer te se. As hierdie stelsels egter op hulself bly staan en hulle samehang met allerhande ander faktore, met filosofie en godsdiens, met die hele strewe en lewe van die mensheid of ten minste van 'n groot groep van mense, nie gesien word nie, bring dit egter ook nie perspektief nie. Die Geskiedenis van die Onderwys moet dus meer gesien word as 'n uiteensetting van pedagogiese denke en doen as 'n deel van 'n groot organiese geheel: die algemene kultuurgeskiedenis van die mensheid.
Description
Thesis (DPhil) -- Stellenbosch University, 1936.
Keywords
Education -- South Africa -- Cape of Good Hope -- History, Cape of Good Hope (South Africa) -- History -- To 1795, Dissertations -- History, Theses -- History
Citation