Omgewingsetiek en omgewingsbewaring : 'n wysgerig-etiese perspektief op bewaringswetgewing, -beleid en -strategiee in Suid-Afrika

Date
1998
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The main objective of this investigation was to identify and evaluate the values motivating environmental conservation, specifically as embodied in South African conservation legislation and policy. Due regard was given to internationally recommended ethical guidelines, while efforts at making economic thinking more environmentally sensitive were considered. It would appear that, in spite of claiming to be based on a deontological founding principle of respect for life, leading international conservation directives reveal, in rationale and explication, a strong instrumental character. An investigation of environmental economics also indicated that, in spite of a stronger accent on measures of equity in resource distribution, environmental assets are assessed only in those economic terms that present an analysis of costs and benefits as the basis for consideration and decision. In environmental ethics this is widely and increasingly being objected to as inadequate. The characteristics and limitations of the predominant currents in South African belief, the deontological religious and the consequentialist economic, were then investigated and it is obvious that both can make a contribution in conservation argument and decision-making. All major religions have already assumed an environmental stance reconcilable with the allocation of intrinsic values to items in nature. At the same time economic need and the development objectives of the country and government demand adequate recognition. A meta-ethical overview then attempted clarity on the nature and requirements of ethical argument, as a background perspective for practical moral decisions. This indicated that, apart from rigorous logical requirements, a wider concept of rationality that focuses on the moral sense of life is also needed in moral argument. An investigation of the most important existing and proposed South African environmental laws and policies then clearly indicated that the ethical conflicts inherent in the most recent World Conservation Strategy were being repeated there and that the main accent was on the management of the environment as an instrument for the fulfilment of human needs. The impression is also gained that the government's development priorities allocate a dominant status to economic considerations. In paving the way for new environmental legislation and policies as well as in the proposed legislation itself, however, adequate opportunities are provided for the public to promote expression of their deontological and other beliefs. Since economic thinking normally dominates in conservation practice and since, from an ethical point of view, its enrichment with other values is desirable, the possibilities for a reasoning strategy that would utilize both value domains, the instrumental as well as the deontological, were investigated in order to promote a more satisfying and balanced form of argument and decision. The irreversible nature of many environmental problems more than justify the reconsideration of present approaches. An answer was found in an ideal-deliberating Aristotelian approach according to which the objective of human welfare does not demand exclusively anthropocentric interpretation, but in which the recognition of intrinsic values in nature enhances the recognition of nature and natural life-forms, while simultaneously extending the concept of human welfare beyond a narrow economic interpretation. The latter is not being neglected, but the appreciation of intrinsic natural values becomes viewed as an integral part of human welfare. This places market orientated decisions in a wider institutional context where instrumental and intrinsic values are argued in a balanced, rational public debate. For this purpose a procedure for exercising Aristotelian "practical wisdom" with a potential for universal application was borrowed from the work of diverse modern authors, in order to achieve decisions in themselves worthy of respect and more worthy of humanness. Lastly, doubt was expressed on the longer term achievability of economic growth objectives. This was linked to the realisation that the relevant limits do not apply to spiritual welfare.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie ondersoek se hoofdoelwit was 'n bepaling en evaluasie van die waardes onderliggend aan omgewingsbewaring, spesifiek soos vergestalt in Suid-Afrikaanse bewaringswetgewing en -beleid. Daar is ag geslaan op internasionaal aanbevole etiese riglyne en ondersoek is ingestel na pogings om ekonomiese denke "omgewingsvriendelik" te maak. Daar is gevind dat, ten spyte van 'n aanspraak op 'n reëlmorele grondbeginsel van respek vir lewe, toonaangewende internasionale direktiewe in aanloop en uiteensetting 'n instrumentalistiese karakter het, gerig op die bevordering van blywende menslike voortbestaan en verbeterde menslike lewensgehalte. 'n Ondersoek van omgewingsekonomie het weer aangedui dat, ten spyte van 'n groter klem op ekwiteitsmaatstawwe by hulpbronverdeling, omgewingsbates net aangeslaan word in die ekonomiese terme wat 'n analise van kostes en voordele as grondslag vir beredenering en besluitneming voorstaan. Hierteen word in omgewingsetiese verband wyd en toenemend beswaar gemaak as 'n ontoereikende standpunt. Die oorheersende Suid-Afrikaanse waardestrominge, te wete 'n reëlmorele godsdienstige en die konsekwensialistiese ekonomiese, se kenmerke en beperkings is daarna ondersoek en dit is duidelik dat altwee 'n bydrae te lewer het in bewaringsberedenering en besluitneming. Al die belangrikste godsdienste het reeds in omgewingsverband standpunt ingeneem op 'n wyse wat klop met die toekenning van intrinsieke waarde aan die natuurlike. Tegelyk vereis die ekonomiese nood en ontwikkelingsoogmerke van die land en regering toereikende erkenning. 'n Oorskouende, meta-etiese beeld is daarna verkry van die aard en vereistes van etiese beredenering, as agtergrondsperspektief op praktiese morele besluitneming. Dit het uitgewys dat, benewens streng logiese maatstawwe, daar in morele beredenering ook 'n wyer konsipiëring van rasionaliteit voorgestaan word wat die morele sin van die lewe ter sprake bring. 'n Ondersoek van die belangrikste bestaande en voorgestelde Suid-Afrikaanse bewaringswette en -beleid het duidelik aangetoon dat die jongste Wêreldbewaringstrategie se interne etiese konflikte herhaal word en dat die oorheersende klemtoon een is van die instrumentele bestuur van die omgewing in diens van die mens. Dit wil ook voorkom asof die regering se ontwikkelingsprioriteite aan ekonomiese oorwegings oorheersende status toeken. In die aanloop tot nuwe omgewingswetgewing en beleid en in daardie wetgewing self, word egter ruim geleenthede gebied vir bydraes deur die gemeenskap, wat 'n kanaal skep waardeur reëlmorele oortuigings tot uiting kan kom. Omdat ekonomiese denke in die praktyk die botoon voer en omdat dit uit 'n etiese oogpunt verryk kan word deur die bybring van ander waardes, is ondersoek ingestel na 'n denkstrategie waarin altwee waardedomeine, die instrumentalistiese en die reelmorele, by kan dra tot meer gebalanseerde en eties meer bevredigende omgewingsberedenering en besluitneming. Die onherroepelike aard van die omgewingsprobleme motiveer en regverdig heroorweging van huidige benaderings. 'n Antwoord is gevind in 'n ideaaloorwegende Aristoteliese standpunt waarvolgens die nastrewing van menslike welsyn nie noodwendig en alleenlik in 'n eng menssentriese sin vertolk word nie, maar waarby die erkenning van intrinsieke natuurwaardes grater konsiderasie van die natuur en natuurlewe meebring en tegelyk die begrip van menslike welsyn verbreed tot buite die bestek van die eng ekonomies gekonsipieerde. Die word nie nagelaat nie, maar die appresiasie van intrinsieke natuurwaardes word as deel van menslike welsyn beskou. Dit plaas dan markgebaseerde besluite in 'n wyer institusionele konteks waarin instrumentele en intrinsieke waardes beredeneer word in 'n gebalanseerde, rasionele openbare debat. 'n Prosedure vir die beoefening van Aristoteliese "praktiese wysheid" wat universele aanklank kan vind is vir hierdie doel ontleen aan die werk van verskeie moderne outeurs, ter wille van besluite wat op sigself respek verdien en menswees meer waardig is. Laastens is twyfel uitgespreek oor die haalbaarheid oor die langer termyn van ekonomiese groei-strewens en afgesluit met die gedagte dat dit hoegenaamd nie perke stel aan geestelike welsyn nie.
Description
Thesis (M.A.) -- University of Stellenbosch, 1998.
Keywords
Citation