Die ultrastruktuur van sperme van die rooibok Aepyceros melampus (Lichtenstein, 1812) in die Nasionale Krugerwildtuin met spesiale verwysing na die invloed van koperbesoedeling

Date
1995-08
Authors
Ackerman, Dirk J. (Dirk Jacobus)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Graling in the Kruger National Park. south of Phalaborwa Gate, is contaminated with copper, probably from a nearby copper refinery. Cattle in the neighbourhood have died from copper poisoning while the average copper concentration in the livers of impala in the Krgler National Park, was found to be abnormally high. The possibility exists that the ultrastructure of spermatozoa may serve as an indicator of environmental conditions. To examine this statement further, the purpose of this study includes the following: - To describe the ultrastructure of normal impala sperm as well as their abnormalities. - To quantify the sperm abnormalities of each experimental animal and to relate the abnormalities with the copper concentration in the impala liver, in order to determine whether any correlation exists between these two variables. Impala have been terminated monthly, from 1992.06.09 to 1993.05.15. in the vicinity of Phalaborwa Gate and in the Skukuza area for other research projects. Their sperm were made available for this study. The control group consisted of 20 animals which comprised 14 animals from an area, not contaminated with copper, along the Nwaswitshaka spruit near Skukula and 6 animals originally from the same area but which had been kept in captivity at Skukuza on a diet, not contaminated with copper. The experimental group consisted of 44 animals which comprised 32 animals from copper contaminated grazing along the Tshutshi spruit south of Phalaborwa Gate and 12 animals captured along the Nwaswitshaka spruit which were kept on a copper contaminated diet in captivity at Skukuza. Sperm from the epididymis of each animal were collected and fixed in a temporary laboratory. The sperm were processed at the Electron Microscopy Unit of the Faculty of Veterinary Science of the University of Pretoria and studied by means of scanning electron microscopy (SEM) and transmission electron microscopy (TEM). The copper concentration in the liver was analyzed and bone marrow collected of each animal in order to determine the condition of the animal. The external morphology of a normal impala sperm was documented by means of SEM and the dimensions of the sperm determined. SEM micrographs of observed sperm abnormalities were taken. Percentages for normal sperm and the percentages of some abnormalities of a control group (Average liver copper concentration - ALCC = 37.9 ppm WB) were calculated. The same percentages were also calculated for an experimental group (ALCC = 104 ppm WB). The control group and the experimental group exhibited 91.6% and 93.6% normal sperm respectively. The difference in percentage sperm abnormalities of the two groups was of the same order. The increased copper in the livers of the experimental group has thus not lead to an increase of the percentage macro-abnormalities observed with SEM. The ultrastructure of normal impala sperm were described and documented with micrographs by means of TEM. The deviations of the normal sperm ultrastructure were also recorded on micrographs. Percentages were calculated for the normal sperm sections, as well as the abnormalities of some sperm sections of a contrl group (ALCC = 33.86 ppm WB). The same percentages were also calculated for an experimental group (ALCC = 122.5 ppm WB). For the control group the average percentage sperm neck sections with vacuoles was : 31.5% and for the experimental group this percentage was : 57.9%. The increased copper concentrations in the livers of the experimental group thus led to an increase of the percentage of sperm necks with vacuoles. There is also reason to believe that the difference of the percentages of sections of the sperm head, in the control and experimental group, should be remarkably greater. A graphic analysis of the TEM-data has also shown that a statistically significant correlation exists between the percentage of sperm with vacuoles in the neck and the copper concentrations in the livers of impalas. The conclusion is that high level copper concentrations exert a detrimental effect on the ultrastructure of the sperm neck. The possibility also exists that copper concentrations in impala liver > 500 ppm WB. will show a correlation with the percentages of some of the other abnormalities observed.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die weiding suid van Phalaborwahek in die Krugerwildtuin word waarskynlik vanaf 'n nabygeleë kopersmeltery met koper besoedel. Van die plaasdiere in die omgewing het reeds van kopervergiftiging gevrek en die gemiddeIde koperkonsentrasie in die lewers van rooibokke is abnormaal hoog. Die moontlikheid bestaan dat die ultrastruktuur van spermatozoa as 'n indikator van omgewingstoestande kan dien. Om bogenoemde moontlikheid verder te ondersoek was die doelwit van hierdie studie die volgende: Om die ultrastruktuur van normaIe rooiboksperme en hulle abnormaliteite te beskryf en die spermabnormaliteite van elke proefdier te kwantifiseer en met die koperkonsentrasie in die lewer in verband te bring om sodoende te bepaal of daar 'n korrelasie tussen die twee veranderlikes bestaan. Rooibokke wat maandeliks vanaf 1992.06.09 tot 1993.05.15 vir ander navorsingsprojekte in die omgewing van Phalaborwahek en Skukuza getermineer is, se sperme is vir die studie beskikbaar gestel. Die kontrolegroep het bestaan uit 20 diere wat saamgestel is uit 14 diere afkomstig van die Nwaswitshakaspruit naby Skukuza, uit 'n gebied wat nie met koper besoedel is nie en 6 diere uit 'n groep wat oorspronklik uit dieselfde gebied gekom het, maar wat te Skukuza in aanhouding geleef het op voedsel wat nie met koper besoedel was nie. Die eksperimentele groep het bestaan uit 44 diere waarvan 32 in die omgewing van die Tshutshispruit suid van Phalaborwahek versamel is en die ander 12 diere is langs die Nwaswitshakaspruit gevang en op 'n koperbesoedelde dieet te Skukuza aangehou. Sperme uit die epididymis van elke dier is in 'n tydelike laboratorium versamel en gefikseer. By die Elektronmikroskopie Eenheid van die Fakutreit van Veeartsenykunde van die Universiteit van Pretoria is die sperme voorberei en met behulp van skandeerelektronmikroskopie (SEM) en transmissie-elektronmikroskopie (TEM) bestudeer. Die koperkonsentrasie in die lewer is bepaal en murgvet is versamel om die kondisie van die diere te bepaaI. Met SEM is die uitwendige morfologie van 'n normale rooiboksperm met mikrograwe gedokumenteer en die mates van die sperm bepaal. Mikrograwe van waargeneemde spermabnormaliteite is met SEM geneem. Persentasies is vir normale sperme en die abnormaliteite van sommige sperme van 'n kontrolegroep (Gemiddelde lewerkoperkonsentrasie - GLKK =37.9 dpm NB) bereken. Dieselfde persentasies is ook vir 'n eksperimentele groep (GLKK = 104 dpm NB) bereken. Van die kontrolegroep het 91.6% en van die eksperimentele groep 93.6% sperme normaal vertoon. Die verskil in persentasies spermafwykings van die twee groepe was ook van dieselfde orde. Die verhoogde koperkonsentrasie in die lewers van die eksperimentele groep het dus nie gelei tot 'n verhoging van die persentasie makro-abnormaliteite wat met SEM waargeneem is nie. Die ultrastruktuur van 'n normale rooiboksperm is met behulp van TEM beskryf en met mikrograwe gedokumenteer. Die afwykings van die spermultrastruktuur is ook op mikrograwe vasgelê. Persentasies is vir die normale spermsneë en die abnormaliteite van sommige spermsneë van 'n kontrolegroep (GLKK = 33.86 dpm NB) bereken. Dieselfde persentasies is ook vir 'n eksperimentele groep (GLKK = 122.5 dpm NB) bereken. Vir die kontrolegroep was die persentasie neksneë met vakuoles = 31.5% en vir die eksperimentele groep was die persentasie = 57.9%. Die verhoogde koperkonsentrasie in die lewer van die eksperimentele groep het dus gelei tot 'n verhoging van die persentasie neksneë met vakuoles. Rede bestaan om te glo dat die verskil van die persentasies kopsneë van die kontrole- en eksperimentele groep ook aansienlik hoër behoort te wees. 'n Grafiese analise van die TEM-data het ook getoon dat daar 'n statisties betekenisvolle korrelasie tussen die persentasie spermnekke met vakuoles en die koperkonsentrasie in die lewer van rooibokke bestaan. Die bevinding is dat hoë lewerkoperkonsentrasies 'n nadelige invloed op die ultrastruktuur van die spermnek uitoefen. Die moontlikheid bestaan ook dat koperkonsentrasies in die lewer > 500 dpm NB ook 'n korrelasie met sommige van die ander abnormaliteite sal toon.
Description
Thesis (PhD) -- Stellenbosch University, 1995.
Keywords
Impala -- Effect of metals on -- South Africa -- Kruger National Park, Copper in animal nutrition, Copper -- Environmental aspects -- South Africa -- Kruger National Park, Impala -- South Africa -- Kruger National Park -- Spermatozoa, Dissertations -- Zoology, Theses -- Zoology
Citation