'n Ondersoek na die bewarenswaardigheid van die Elandsvlei-gebouekompleks

Date
2003-04
Authors
Van Zyl, Annemarie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The farm Elandsvlei, situated approximately halfway between the towns Ceres and Calvinia in the Ceres-Karoo, was originally the eighteenth-century pioneer farm Elandsdrift. The farm initially had a number of owners in quick succession, after which Barend Lubbe received it as loan farm. His family grew rapidly and his son Frans eventually received Elandsdrift. Frans' daughter Johanna Adriana married Jacobus Petrus Hough, the son of a poor tailor who came to the Cape as a soldier of the DEIC and became a free burgher some years later. This was the first in a series of marriages between Lubbe women and Hough men and the result was that Elandsdrift, later to become Elandsvlei, became Hough property. Elandsvlei became an important centre for the community of the Ceres-Karoo. Among other things, the farm had a school and even a postal agency. The buildings on pioneer farms during the eighteenth century were generally very simple and primitive due to the circumstances under which the farmers were scraping together a living. A century later the situation has changed and the farmers were becoming more settled. Approximately in the period between 1830 and 1890 a number of interesting buildings were erected on Elandsvlei. Some of these were built with gracious Cape Dutch gables from the outset while others had gables added on at a later stage, so that the farm currently boasts a unique collection of buildings in the Cape Dutch style. The most important buildings were documented as part of this study by means of description, architectural drawings and photographs. Some buildings on the farm have already disappeared completely while others are in various stages of decay, mostly due to the fact that they are not utilised any more. It is essential that measures be taken immediately to save these buildings. Complete restoration is not called for seeing that, especially in the current financial climate, it is a problem to secure the necessary finances. The farm is already running a successful tourism business and it will be possible to incorporate the restored buildings into this business in a meaningful way.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die plaas Elandsvlei, geleë halfpad tussen Ceres en Calvinia in die Ceres-Karoo, het sy ontstaan in die middel van die agtiende eeu gehad as die pioniersplaas Elandsdrift. Na 'n aantal eienaars mekaar redelik vinnig opgevolg het, het Barend Lubbe die plaas as leningsplaas ontvang. Sy familie het snel uitgebrei en sy seun Frans het Elandsdrift ontvang. Frans se dogter Johanna Adriana is getroud met Jacobus Petrus Hough, die seun van 'n arm kleremaker wat as soldaat van die vac na die Kaap gekom het en slegs 'n paar jaar later vryburger geword het. Dit was die eerste van 'n reeks huwelike tussen Lubbe-vroue en Hough-mans, en die uiteinde was dat Elandsdrift, later Elandsvlei, in Hough-besit oorgegaan het. Elandsvlei het mettertyd 'n belangrike gemeenskapsentrum in die Ceres-Karoo geword en daar was selfs 'n skool en posagentskap op die plaas. Die geboue op die pioniersplase gedurende die agtiende eeu was oor die algemeen baie eenvoudig en primitief weens die omstandighede waaronder die pionierboere 'n bestaan moes maak. 'n Eeu later het die situasie egter verander en die boere was al meer gevestig. In die periode tussen ongeveer 1830 en 1890 is daar 'n aantal besondere geboue op Elandsvlei opgerig. Sommige geboue is van meet af aan met sierlike Kaaps-Hollandse gewels gebou terwyl ander later gewels bygekry het, sodat daar tans 'n unieke versameling geboue in die Kaaps-Hollandse styl op die plaas staan. Die belangrikste geboue is deur middel van hierdie studie so volledig moontlik gedokumenteer deur beskrywings, argitekstekeninge en foto's. 'n Aantal van die geboue op die plaas het alreeds vergaan en andere is in verskeie stadia van verval, hoofsaaklik as gevolg van die feit dat dit nie meer benut word nie. Dit is noodsaaklik dat opknappingswerk onmiddellik aangepak word om die geboue te red. Volledige restourasie is nie nodig nie aangesien dit veral in die huidige tydsgewrig problematies is om die nodige fmansies te bekom. Daar bestaan alreeds 'n toerismebedryf op die plaas en dit sal moontlik wees om die opgeknapte geboue sinvol by die bestaande bedryf in te sluit.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
Architecture -- South Africa -- Cape of Good Hope, Architecture -- Conservation and restoration -- South Africa -- Cape of Good Hope, Calvinia Region (South Africa) -- History, Dissertations -- History, Theses -- History
Citation