'n Evaluering van die voorkoms van perineale trauma tydens verlossings in openbare gesondheidsinstellings in die Wes-Kaap : 'n verpleegkundige perspektief

Date
2003-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: It appears that registered midwives prefer not to cut episiotomies which results in an increase in perineal tears. This may be the case as a result of current controversies regarding episiotomies, lack of suturing skills due to insufficient training and evaluation, or the fact that the necessity of an episiotomy are not recognised timeously. In light of this the incidence of perineal trauma during deliveries in public healthcare institutions in the Western Cape was evaluated from a nursing perspective. The midwife can playa significant role in the prevention of unnecessary perineal trauma by applying particular precautions in practice. Triangulation was used as the research method. Seven public healthcare institutions in the Western Cape were included in this study. Nurses completed 45 questionnaires while 33 deliveries and 25 cases of suturing of perineal wounds were evaluated according to a pre-compiled checklist. Semi-structured interviews were conducted with registered midwives and medical practitioners involved in the training of nursing students. According to findings it appears that nurses do not recognise the risk factors to be contributory causes of perineal tears. Furthermore, it appeared that 46% of registered midwives did not feel competent enough to suture perineal wounds. Disparities were identified pertaining to the training of student nurses as well as the continuous training and evaluation of registered midwives regarding the suturing of perineal wounds. It is recommended that a uniform policy should be formulated concerning guidelines for the cut and suturing of episiotomies and lacerations. Furthermore, a uniform classification system regarding perineal trauma should be formulated as well as a uniform system to evaluate the competency of midwives.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit blyk dat geregistreerde vroedvroue nie graag 'n episiotomie knip nie, met 'n gevolglike toename in perineale skeure. Dit is moontlik as gevolg van die huidige kontroversie betreffende episiotomies, óf hegtingsvaardighede wat nie voldoende is nie te wyte aan gebrekkige opleiding en evaluering, óf die noodsaaklikheid van 'n episiotomie word nie betyds ingesien nie. In die lig hiervan is die voorkoms van perineale trauma tydens verlossings in openbare gesondheidsinstellings in die Wes- Kaap vanuit 'n verpleegkundige perspektief geëvalueer. Die vroedvrou kan 'n beduidende rol speel in die voorkoming van onnodige perineale trauma deur die toepassing van sekere maatreëls in haar praktykvoering. Triangulasie is as navorsingsmetode gebruik. Sewe openbare gesondheidsinstellings in die Wes-Kaap is in hierdie studie ingesluit. Vyf-en-veertig vraelyste is deur verpleegkundiges voltooi terwyl 33 bevallings en 25 hegtings van perineale wonde volgens 'n voorafopgestelde kontrolelys geëvalueer is. Semi-gestruktureerde onderhoude is gevoer met geregistreerde vroedvroue en geneeshere wat by die opleiding van verpleegstudente betrokke is. Volgens die bevindings blyk dit dat verpleegkundiges nie die risikofaktore as aanleidende oorsake van perineale skeure herken nie. Hulle verkies ook om nie episiotomies te knip nie en sal eerder 'n perineale skeur heg. Dit het verder geblyk dat 46% van die geregistreerde vroedvroue nie bevoeg gevoel het om perineale wonde te heg nie. Leemtes is geïdentifiseer ten opsigte van die opleiding van studentverpleegkundiges asook voortgesette opleiding en evaluering van geregistreerde vroedvroue ten opsigte van hegtingstegnieke. Aanbevelings sluit in dat 'n eenvormige beleid geformuleer moet word ten opsigte van die riglyne vir die knip en hegtings van episiotomies en skeure, 'n eenvorminge klassifikasiesisteem van perineale trauma asook 'n stelsel van evaluering van geregistreerde vroedvroue se bevoegdheid.
Description
Thesis (MCur)--Stellenbosch University, 2003
Keywords
Midwives -- Training of -- South Africa -- Western Cape, Episiotomy, Perineum, Labor (Obstetrics) -- Complications, Dissertations -- Nursing, Theses -- Nursing
Citation