'n Behoefte-analise rakend beroepsgerigte opleiding vir die adolessente leerder met verstandelike gestremdheid

Date
2003-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: There is a need for the adolescent with mental retardation to be trained to work in the open labour market. It is apparent in the literature that American laws are in place for these learners to access schools, colleges and universities. Vocational training is part of the curriculum in the various educational institutions. From the literature it became clear that parent involvement as well as community involvement are essential for the planning and implementation of a vocational programme. The aim of the study is to do a needs analysis about vocational training for the adolescent with mental retardation. The research undertaken here is a Qualitative Participatory Action Research study. It was approached from an eco-systemic perspective. The learner is central in this approach. The various role players involved in the other systems like the family, school and community will be part of the research process. The various systems are interdependent. This means that changes in the system will also result in changes within other systems. In the data production unstructured interviews, observations, fieldwork and documents were used. Data analysis was done using the Constant Comparative method. The results of the study show that there is a need for a vocational training programme. This programme can be developed in collaboration with the learner, parent, educator and employer. Continuous assessment is essential to support the learner from school to the work place.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die adolessente leerder met verstandelike gestremdheid het 'n behoefte om opgelei te word om 'n werk in die ope arbeidsmark te verrig. Uit die literatuur is dit duidelik dat die Amerikaanse wetgewing in plek is om die leerder met verstandelike gestremdheid toegang te gee tot skole, kolleges en universiteite. Beroepsopleiding is deel van die kurrikulum in die onderskeie onderwysinstansies. Uit die literatuur blyk dit noodsaaklik om ouerbetrokkenheid en gemeenskapsbetrokkenheid by die beplanning en implementering van die beroepsgerigte program. Die doel van die studie is om 'n behoefte-analise omtrent beroepsgerigte opleiding vir die leerder met verstandelike gestremdheid te ondersoek. Die navorsing neem die vorm van 'n kwalitatiewe deelnemende aksienavorsing aan en word vanuit 'n ekosistemiese perspektief benader. Die leerder is sentraal in die ekosistemiese model. Ander rolspelers uit sisteme soos die gesin, die skool en die gemeenskap word ook in die ondersoekproses betrek. Die verskillende sisteme is interafhanklik van mekaar. Dit beteken dat veranderinge in die een sisteem ook veranderinge in die ander sisteem tot gevolg het. In die dataproduksie is gebruik gemaak van verskillende tegnieke naamlik ongestruktureerde onderhoude, observasie, skooldokumente en veldnotas. Data-analise is volgens die beginsel van die konstante vergelykende metode gedoen. Die resultate van die onderhewige studie wys daarop dat daar 'n behoefte bestaan vir 'n beroepsgerigte opleidingsprogram. Dit word aanbeveel dat so 'n beroepsgerigte opleidingsprogram in samewerking met die leerder, ouer, opvoeder en werkgewer beplan en geïmplementeer moet word. Deurlopende evaluering is nodig om die leerder vanaf die skool tot by die werksplek te ondersteun.
Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
Occupational training, Teenagers with mental disabilities -- Education, Teenagers with mental disabilities -- Vocational education, Children with mental disabilities -- Vocational education, Dissertations -- Education
Citation