An evaluation of the extent to which the National Skills Development Strategy has been implemented - the case of AngloGold Limited

Date
2003-03
Authors
Dube, Tobias
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The research project, conducted at AngloGold Limited, a Johannesburg based international mining company, was an evaluation of the extent to which the company had i'hlplemented the National Skills Development Strategy. It was prompted by the general perception that companies were lagging behind in the implementation of this strategy. The research problem therefore was: To what extent is AngloGold Limited progressing or lagging behind in the implementation of the National Skills Development Strategy? As the project sought to evaluate implementation progress, an evaluation research design was used. Since persons with in-depth knowledge of the implementation of the National Skills Development Strategy were available at AngloGold Limited, a purposive sampling method was used. Two techniques were used to gather information: individual semistructured interviews were conducted with AngloGold Limited personnel and union members, and an unstructured in-depth interview with a representative of the Mining Qualifications Authority. Documents of AngloGold Limited and of the Mining Qualifications Authority were also analysed, and a general review of pertinent literature was conducted. The literature traces the history of formal education and training in South Africa back to 1922, when the Apprenticeship Act (Act No. 26 of 1922) was enacted. Notable in the history of training in South Africa prior to the current dispensation of the National Skills Development Strategy was the Manpower Training Act (Act No. 56 of 1981. Notwithstanding its shortcomings, this Act provided a platform from which the current legislative framework for human resource education and training and subsequently the National Skills Development Strategy evolved. The National Skills Development Strategy, which is the government's education and training reform agenda, is one component of the all-encompassing Human Resources Development Strategy. This agenda is not modelled on the experience of any particular country; however, there is evidence that its conceptualisation was influenced to some extent by international practices. The National Skills Development Strategy is underpinned by three pieces of legislation, the South African Qualification Act (Act No. 58 of 1995), the Skills Development Act (Act No. 97 of 1998) and the Skills Development Levies Act (Act No.9 of 1999). The Employment Equity Act and the Further Education and Development Act also have a bearing on the National Skills Development Strategy. The Skills Development Act prescribes what is expected of workplaces/companies in the implementation of the National Skills Development Strategy. Workplaces play their part in the implementation of this strategy within the parameters of the implementation process at the macro level. At this level, the implementation process is progressing fairly well. The evaluation of the implementation of skills development at AngloGold Limited against what is expected of workplaces placed it among companies that are progressing well in the implementation of the National Skills Development Strategy. The company has so far complied with most of the implementation requirements, except for the strategy for company-wide communication of the National Skills Development Strategy process. The company needs to develop an effective and efficient information dissemination strategy to this end. Moreover, the company needs to move beyond reporting on training in terms of numbers to providing information on the actual skills acquired. Learnerships also need to be extended beyond the engineering discipline.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die navorsingsprojek was om vas te stel in hoe ver die maatskappy AngloGold Bpk, 'n internasionale mynboumaatskappy gesetel in Johannesburg, die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie tot op hede geïmplementeer het. Die navorsing is aangespoor deur die algemene persepsie dat maatskappye in hierdie opsig besig is om agter te raak. Die probleemstelling was dus: In watter mate is AngloGold Beperk by of agter met die implementering van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie? Aangesien die oogmerk van die projek was om vordering met die implementering te evalueer, is 'n evalueringsontwerp gebruik. Vanweë die beskikbaarheid van persone by AngloGold Beperk met 'n diepgaande kennis van die implementering van die Nasionale Vaardigheidsontwikkeling strategie, is 'n doelbewuste steekproef geneem. Twee tegnieke is gebruik om inligting te verkry: individuele, semigestruktureerde onderhoude is met personeel van AngloGold Beperk gevoer en 'n ongestruktureerde, diepgaande onderhoud met 'n verteenwoordiger van die Mynboukwalifikasie-owerheid. Dokumente van AngloGold Beperk en van die Mynboukwalifikasie-owerheid is ook ontleed en 'n algemene oorsig oor die tersaaklike literatuur is onderneem. Die literatuur spoor die geskiedenis van formele opleiding en onderwys in Suid-Afrika terug tot 1922, toe die Vakleerlingwet (Wet Nr 26 van 1922) uitgevaardig is. 'n Baken in die geskiedenis van opleiding in Suid-Afrika voor die huidige bedeling van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie was die Wet op Mannekragopleiding (Wet 56 van 1981). Ondanks sy tekortkomings het hierdie wet die grondslag gelê waarop die huidige wetgewing op die opleiding en onderwys van menslike hulpbronne voortgebou het en die huidige Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie ontwikkel is. Die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie is een komponent van die oorhoofse Menslike Hulpbronontwikkelingstrategie, wat die regering se agenda vir die hervorming van onderwys en opleiding vorm. Hierdie agenda is nie geskoei op die ondervinding van enige besondere land nie, maar daar is aanduidings dat die konsepsualisering daarvan in 'n mate deur internasionale praktyke beïnvloed is. Die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie word gerugsteun deur drie wette, naamlik die Suid-Afrikaanse Kwalifikasiewet (Wet Nr 58 van 1995), die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (Wet Nr 97 van 1998) en die Wet op Vaardigheidsontwikkelingsheffings (Wet Nr 9 van 1999). Die Wet op Diensbillikheid en die Wet op Voortgesette Onderwys en Ontwikkeling het ook betrekking op die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie. Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling skryf voor wat van werkplekke/maatskappye verwag word ten opsigte van die implementering van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie. Werkplekke speel hul rol in die implementering van hierdie strategie binne die parameters van die implementeringsproses op makrovlak. Op hierdie vlak verloop die implementeringsproses redelik vlot. Die evaluering van die implementering van vaardigheidsontwikkeling by AngloGold Beperk vergeleke met wat van werkplekke verwag word, het die maatskappy onder dié geplaas wat goed vorder met die implementering van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie. Tot dusver het die maatskappy die meeste van die implementeringsvereistes nagekom, behalwe die strategie vir maatskappy wye kommunikasie van die proses van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie. Die maatskappy moet dus 'n doeltreffende en effektiewe strategie ontwikkel om inligting oor die strategie te versprei. Daarbenewens moet die maatskappy verder gaan as die blote numeriese rapportering oor opleiding en ook inligting verskaf oor die vaardighede wat werklik verwerf is. Leerlingskappe moet ook verder strek as die ingenieursdissipline.
Description
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
Employees -- Training of -- South Africa -- Case studies, Occupational training -- South Africa -- Case studies, Dissertations -- Public management and planning, Theses -- Public management and planning
Citation