Waste management practices at the University of Stellenbosch : an environmental management perspective

Date
2002-03
Authors
Mohamed, Ayub
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: As the world enters a new millennium, global awareness of environmental issues have reached new heights. No longer is the environment seen as an all-absorbing and allproviding resource. Rather, there exists a greater awareness that without active management, the inherent risks and hazards - posed by both the natural environment and humankind's interaction with this environment - will be realised. In order to ensure a sustainable co-existence, humanity's interaction with the surrounding. environment must be managed in a responsible manner. In this regard, all aspects of this interaction require attention. Various frameworks, manifested in a variety of forms, have been proposed. One of the most basic aspects of species existence is the generation of waste. Human existence is no different. However, as a result of the variety of activities that characterise humans' existence on Earth, the generation of waste represents the most tangible and probably the most threatening aspect of this interaction. This study focuses on waste management from an environmental perspective at a specific institution, namely the University of Stellenbosch. In terms of its findings, the study has established the applicability of various regulatory and institutional frameworks within which the University operate. These frameworks address the role of the University both in terms of waste management and sustainable development. It has established the types of waste generated, the generating processes, the storage, and removal and disposal characteristics of waste management at the University. Waste management at the University is determined to be complex and fragmented, the result of a variety of activities occurring. It has established that limited waste minimisation and reduction activities occur, even though the University had identified effective and efficient resource use as a strategic priority. Although attempts at improving waste management are admittedly underway, the study has found that adopting an environmental management system approach to waste management will enable the University to meet pending legislative and institutional environmental commitments.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die binnetree van 'n nuwe millennium het wêreldwye bewustheid van omgewingskwessies nuwe hoogtes bereik. Die omgewing word nie meer bloot beskou as 'n alles-absorberende en alles-voorsienende hulpbron nie. Veel eerder groei bewustheid van die noodsaak vir aktiewe bestuursingryping om die gevare en bedreigings inherent aan die natuurlike omgewing, en die mens se interaksie daarmee, die hoof te bied. Ter wille van volhoubare saambestaan moet die mens-omgewing interaksie op verantwoordelike wyse bestuur word. Alle aspekte van hierdie interaksie vereis aandag en 'n verskeidenheid raamwerke in 'n verskeidenheid formate is hiervoor voorgestel. Die produksie van afval is een van die mees basiese kenmerke van lewensbestaan. Menslike bestaan is nie daarbo verhewe nie. Weens die verskeidenheid aktiwiteite wat menslike bestaan kenmerk, is die produksie van afval die mees tasbare en waarskynlik mees bedreigende manifestasie van mens-omgewing interaksie. Hierdie tesis fokus op afvalbestuur uit die invalshoek van die omgewing, soos dit beslag kry aan 'n spesifieke instansie, naamlik die Universiteit van Stellenbosch. Die studie het ten aanvang die implikasies van die verskeidenheid regulatoriese en institusionele raamwerke waarin die universiteit opereer, bevestig. Hierdie raamwerke omvat die rol van die Universiteit beide in terme van afvalbestuur en volhoubare ontwikkeling. Die tipes afval wat aan die instansie gegenereer word is geklassifiseer en die genererings-, opbergings-, verwyderings- en verwerkingsprosesse en verantwoordelikhede is vasgestel en gedokumenteer. Afvalbestuur aan die Universiteit blyk kompleks en gefragmenteerd te wees, hoofsaaklik as gevolg van die wye verskeidenheid afval-skeppingsbronne wat hier aangetref word. Ook is bevind dat, ten spyte van die instansie se identifisering van effektiewe hulpbrongebruik as 'n strategiese prioriteit, slegs beperkte afval-inkorting en -reduksie aan die instansie plaasvind. Hoewel daar tans 'n aktiewe proses geloods word om afvalbestuur te verbeter, beveel die studie die aanvaarding, ontwerp en implementering van 'n veel meer wydlopende en holistiese benadering in die vorm van 'n geïntegreerde omgewingsbestuurstelsel aan. Slegs hierdeur sal die Universiteit in staat wees om aan die volgende vlaag wetgewing rakende afvalbestuur te voldoen en ook verantwoordelike omgewingsverbintenis te demonstreer.
Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2002.
Keywords
Universities and colleges -- Waste disposal -- South Africa -- Stellenbosch, Universities and colleges -- Waste minimization -- South Africa -- Stellenbosch, Refuse and refuse disposal -- South Africa -- Stellenbosch
Citation