Role of cyclic adenosine monophosphate (cAMP), cyclic guanosine monophosphate (cGMP) and p38 mitogen activated protein kinase (p38 MAPK) in preconditioning of the ischaemic myocardium

Date
2002-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Ischaemic preconditioning (PC) is the phenomenon whereby a short episode of coronary occlusion followed by reperfusion protects the myocardium against a subsequent period of prolonged (also called index or sustained) ischaemia. Even though the exact mechanism of PC remains to be established, it implies that the heart has an endogenous protective mechanism against ischaemia which, if identified, may have important clinical implications. The importance of establishing the mechanism of PC lies in the potential to convert this biological phenomenon into a therapeutic modality to be used clinically. If mediated by certain components of a signal transduction pathway, such a goal will be achievable. Several triggers and signal transduction pathways have been implicated in the mechanism of protection induced by PC: for example, receptor-dependent endogenous triggers (such as adenosine and opioids) and receptor-independent endogenous triggers (such as free radicals and calcium). However, the involvement of both the ~-adrenergic signalling pathway as well as nitric oxide (NO) in PC has not been defined. It has been suggested that all triggers are linked to a common final pathway, for example, activation of protein kinase C (PKC) and/or the mitogen-activated kinases (MAPKs), in particular p38 MAPK. However, the role of the latter is still controversial. The aim of this study was to: (A) characterize changes in the cyclic nucleotides, cAMP and cGMP, and p38 MAPK occurring during the entire experimental procedure in an attempt to gain insights into the possible mechanisms involved in ischaemie PC (Chapter 3); (8) establish the significance of the changes observed in cAMP and cGMP by pharmacological manipulation of their respective pathways (Chapters 4 and 5); (C) establish the role of p38 MAPK in ischaemie PC: trigger or mediator involvement (Chapter 6). Isolated perfused working rat hearts were preconditioned by 3 x 5 min global ischaemia, interspersed by 5 min reperfusion, followed by 25 min global ischaemia and 30 min reperfusion. Functional recovery during reperfusion was used as end-point. Hearts were freeze-clamped at different times during the PC protocol, sustained ischaemia, as well as during reperfusion. Tissue cyclic nucleotides (cAMP and cGMP), cyclic nucleotide phosphodiesterase (cAMP- and cGMP-PDE) activities, adenylyl cyclase and protein kinase A activities and p-adrenergic receptor characteristics were determined. p38 MAPK activation was also assessed by Western blotting, using dual phospho-p38 MAPK (Thr180ITyr182) antibody as well as activating transcription factor 2 (ATF2) activation. In addition, to evaluate the role of p38 MAPK in PC protection, the effect of inhibition of p38 MAPK activation, by 8B203580, was determined in adult isolated rat cardiomyocytes as well as in isolated perfused rat hearts. Based on the results obtained, it is proposed that during a multi-cycle ischaemie PC protocol triggers (presumably endogenous catecholamines and NO) are released which induce cyclic changes in cyclic nucleotides, cAMP and cGMP. Both these cyclic nucleotides transiently activate the downstream stress kinase, p38 MAPK, which may trigger further downstream adaptive processes. Furthermore, the sustained ischaemic period of PC hearts was characterized by attenuated cAMP and elevated cGMP levels, as well as attenuated activation of p38 MAPK, which was associated with cardioprotection. In addition, pharmacological attenuation of p38 MAPK activation during sustained ischaemia led to functional recovery. It is concluded that the cardioprotection of PC is due to attenuation of ischaemia-induced p38 MAPK activation. Pharmacological manipulation of this kinase should be considered as a therapeutic modality in the future.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Isgemiese prekondisionering (PK) verwys na die verskynsel waardeur 'n kort, verbygaande episode van isgemie gevolg deur herperfusie, die miokardium teen 'n daaropvolgende langdurige periode van isgemie beskerm. Die presiese meganisme van beskerming van PK moet nog opgeklaar word, maar dit impliseer dat die hart oor 'n endogene beskermingsmeganisme beskik wat, indien geïdentifiseer, belangrike kliniese implikasies mag hê. Die belang van opklaring van die meganisme van PK lê daarin dat 'n biologiese verskynsel in 'n terapeutiese modaliteit vir kliniese gebruik, omgeskakel kan word. Sou dit deur bepaalde komponente van 'n seintransduksiepad gemedieër word, is so 'n doel bereikbaar. Verskeie stimuli en seintransduksiepaaie is in PK betrokke: byvoorbeeld, reseptorafhanklike endogene stimuli (soos adenosien en opioïde), asook reseptor-onafhanklike endogene stimuli (soos vrye radikale en kalsium). Die betrokkenheid van die padrenerge seintransduksiepad asook stikstofoksied (NO) in PK egter nog nie behoorlik evalueer nie. Dit is voorgestel dat alle stimuli op 'n finale algemene pad uitloop, soos byvoorbeeld die aktivering van protein kinase C (PKC) en/of die mitogeen-geaktiveerde kinases (MAPKs), spesifiek die p38 MAPKs. Laasgenoemde se rol in PK is steeds kontroversieël. Die doel van die studie was dus: (A) karakterisering van die veranderinge in die sikliese nukleotiede, cAMP en cGMP, en p38 MAPK wat tydens die hele eksperimentele prosedure plaasvind, in 'n poging om meer insig te verkry aangaande moontlike meganismes betrokke in isgemiese PK (Hoofstuk 3); (8) bepaling van die belang van die waargenome veranderinge in cAMP en cGMP deur hulonderskeie paaie farmakologies te manipuleer (Hoofstukke 4 en 5); (C) bepaling van die rol van p38 MAPK in PK: betrokkenheid as stimulus of mediator (Hoofstuk 6). Geïsoleerde, geperfuseerde werkende rotharte is geprekondisioneer deur blootstelling aan 3 x 5 min globale isgemie, afgewissel met 5 min herperfusie, gevolg deur 25 min globale isgemie en 30 min herperfusie. Funksionele herstel tydens herperfusie is as eindpunt gebruik. Harte is op verskillende tye tydens die PK protokol, volgehoue isgemie, asook herperfusie gevriesklamp. Weefsel sikliese nukleotiede (cAMP en cGMP), die aktiwiteit van sikliese nukleotied fosfodiesterases (cAMP- en cGMP-PDE), adeniel siklase en protein kinase A (PKA) asook die eienskappe van die p-adrenerge reseptor is gemeet. p38 MAPK aktivering is met Westerse oordragtegnieke bepaal, deur van dubbel gefosforileerde p38 MAPK (Thr180fTyr182) antiliggame asook geaktiveerde transkripsie faktor 2 (ATF2) gebruik te maak. Die rol van p38 MAPK in PK beskerming is evalueer deur die effek van inhibisie van p38 MAPK aktivering met SB 203580, in volwasse geïsoleerde rot kardiomiosiete asook in geïsoleerde geperfuseerde rotharte, te bepaal. Na aanleiding van die resultate, is voorgestel dat, tydens 'n multi-siklus isgemie PK protokol, stimuli (moontlik endogene katekolamiene en NO) vrygestel word wat die sikliese veranderinge in sikliese nukleotiede, cAMP en cGMP, veroorsaak. Beide hierdie sikliese nukleotiede aktiveer die distale stres kinase, p38 MAPK, op 'n betekenisvolle, maar verbygaande manier. Hierdie kinase mag verdere distale aanpassingsprosesse stimuleer. Die volgehoue isgemiese periode van PK harte is gekenmerk deur verminderde cAMP en verhoogde cGMP vlakke, asook verminderde aktivering van p38 MAPK. Hierdie veranderinge is met beskerming van die hart teen isgemie geassosieer. Daarbenewens, farmakologiese vermindering van p38 MAPK aktivering tydens volgehoue isgemie het tot verbeterde funksionele herstel gelei. Die gevolgtrekking is gemaak dat die beskermende effek van PK die gevolg is van verminderde aktivering van isgemies-geïnduseerde p38 MAPK. Farmakologiese manipulasie van hierdie kinase moet in die toekoms as terapeutiese modaliteit oorweeg word.
Description
Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2002.
Keywords
Myocardium, Ischemia, Protein kinases, Cyclic guanylic acid, Cyclic adenylic acid, Coronary heart disease, Dissertations -- Medicine, Theses -- Medicine
Citation