n Kultuurhistoriese evaluering van die Afrikaanse spookvertelling (sage) en die verband met die volksgeloof

Date
2002
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The supernatural, unexplained and unknown is a theme that has a special appeal for man. A subject that revolves around ghostly phenomena has one very important question: Do ghosts exist? Folk belief forms an important part of culture, and aspects can be found in folk tales, folk customs, folk medicine and folklore. Folk belief co-exists with official religion, therefore it does not necessarily mean that a person who believes in ghosts, does not believe in the teachings of the church or the existence of God. A person can believe in elements of the folk belief, as well as being a devout Christian. Man's belief in ghosts is an important part of folklore, since it stimulated the development of ghost stories. A ghost tale is a saga, thus a story in which the ancient belief of animism plays a role. Some are universal of nature, therefore identical themes occur in different countries and languages. Although ghost stories were traditionally preserved and passed on by way of mouth, today the media and writers contribute to a large extent to the distribution an preservation of these stories. With time, man came up with suggestions for the physical appearance and characteristics, and reasons for the appearance of ghosts. This shows that man saw the existence of ghosts as a reality and therefore he found different ways of protecting himself from these phenomena. The belief in ghostly phenomena was so profound that people started searching for physical proof of these phenomena, primarily because people have the need to believe that there is life after death. This gave rise to the practise of contacting the spirits of the dead. By the end of the 19th century, spiritism was very popular and it especially flourished in times which was marked by the loss of many lives, like the First and Second World Wars. People needed to find out whether their loved ones who died were happy, and the search for that answer was conducted via mediums or other mediumistic practices. Scientists also tried to explain the existence of ghosts and other supernatural phenomena by using scientific methods. These scientists, called parapsychologists, came up with a number of possible explanations for certain apparitions, as well as some people's experiences with these apparitions. Because parapsychology conducts research into the supernatural and things that cannot be seen, parapsychologists experienced notable opposition from official scientists. Thus parapsychology was never excepted as an official science. However, parapsychologists are still searching for explanations for the existence of ghosts and other supernatural phenomena, but concrete answers still eludes them. There are many ghost stones m Afrikaans, which can be divided in the following categories: apparitions of the living, historical ghosts, ghosts in buildings, ghosts on South Africa's roads, ghostly transport, ghosts of war, ghosts in cemeteries, animal ghosts, ghosts in nature, ghost lights, hauntings due to moral issues, ghosts that hurt, headless ghosts, ghostly body parts and ghosts that scare children. Everyone of these categories can be divided further into a number of subdivisions.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die bonatuurlike, onverklaarbare en onbekende is temas wat sterk aanklank vind by die mens. By 'n onderwerp soos hierdie wat oor spookverskynsels handel, word die baie belangrike vraag of daar werklik iets soos spoke bestaan, gewoonlik gevra. Die volksgeloof is 'n belangrike deel van die kultuur van 'n volk, en aspekte daarvan kan gevind word in volksvertellings, volksgebruike, in die volksgeneeskunde en die volkstaal. Aangesien die volksgeloof naas die amptelike godsdiens by mense bestaan, beteken dit nie dat 'n persoon wat in die bestaan van spoke glo, se amptelike godsdiens (dit wil se die geloof in 'n God) daardeur bemvloed word nie. 'n Persoon kan ewe sterk in elemente van die volksgeloof, sowel as die amptelike kerkgeloof glo. Die volksmens se geloof in spoke is 'n belangrike deel van die volkskunde, omdat dit aanleiding gegee het tot die ontstaan van spookverhale. 'n Spookverhaal is 'n sage, dus 'n verhaalvorm waarin die animisme 'n rol speel. Sommige sages is universeel, dit wil se dieselfde verhaal kom in verskillende lande en tale voor. Alhoewel spookverhale tradisioneel deur oorlewering behoue gebly het, dra die media en skrywers vandag baie daartoe by om die verspreiding en behoud van hierdie verhale te verseker. Die volksmens het vir horn 'n verwysingsraamwerk opgebou in verband met die fisiese voorkoms en temperament van, en redes vir die verskyning van spoke. Dit wys daarop dat die volksmens die bestaan van spoke as 'n realiteit gesien het en dus het hy verskillende maniere gevind om homself teen spoke te beskerm. Die geloof in spookverskynsels was so diepgewortel by mense dat hulle probeer het om fisiese bewyse vir die bestaan van spoke te soek, hoofsaaklik omdat hulle bewyse gesoek het vir 'n lewe na die dood. Dit het aanleiding gegee tot die beoefening van praktyke waardeur kontak gemaak word met mense wat gesterf het. Teen die einde van die 19de eeu was spiritisme baie gewild en dit het veral 'n opbloei beleef in tye wat gekenmerk is deur groot lewensverlies, soos die Eerste en Tweede Wereldoorloe. Mense het die behoefte gehad om uit te vind of hul geliefdes wat gesterf het gelukkig is, en dikwels is probeer om die antwoorde deur mediums of ander mediumistiese bedrywighede te soek Wetenskaplikes het ook probeer om die bestaan van spoke en ander bonatuurlike verskynsels op wetenskaplike maniere te verklaar. Hierdie wetenskaplikes, wat parapsigoloe genoem word, het met 'n aantal verklarings vorendag gekom wat die oorsprong van sommige spookverskynsels kon verklaar, asook sommige individue se ondervinding daarmee. Omdat daar met 'n nie-tasbare onderwerp gewerk is, het die parapsigoloe baie teenkanting van die amptelike wetenskappe ontvang, en is die parapsigologie nooit werklik as amptelike wetenskap aanvaar nie. Parapsigoloe kon tot vandag toe ook nie konkrete bewyse vind dat spookverskynsels wel bestaan nie. Daar is 'n oorvloed spookvertellings in Afrikaans, wat in die volgende kategoriee verdeel kan word: voorspoke, historiese spoke, spoke in geboue, spoke op Suid-Afrika se paaie, spookvervoermiddels, oorlogspoke, spoke in begraafplase, spookdiere, spoke in die natuur, spookligte, spook as gevolg van morele oorwegings, handgemene spoke, koplose spoke, spokende liggaamsdele en spoke as kinderskrikke. By elkeen van hierdie kategoriee kan die spookvertellings nog verder in 'n aantal onderaf delings verdeel word.
Description
Thesis (M A) -- University of Stellenbosch, 2002.
Keywords
Ghost stories, Supernatural in literature, Folklore -- South Africa, Dissertations -- Afrikaans culture
Citation