Maatskaplike werk intervensie met gesinne van diverse kultuur en agtergrond

Date
2002-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: South-Africa is known for diversity because of the existence of so many different cultural groups. According to the South African Statistic Services is there an increase in immigration from different African countries, India and China. South Africa therefore need to accommodate the different cultural groups. Except for the fact that there is so many cultural groups, there is also the possibility that more relationships and even marriages will take place between these different cultural groups. The social work profession already started to adapt to these differences because the teaching at universities and colleges focus on multi-cultural intervention. Before 1994 little attention was given to training of social work intervention with families of different cultural backgrounds. To be able to make social work intervention count, knowledge about the different cultures where social workers are involved with, is important. The aim of the study was to establish guidelines for social workers who render services to families of different cultural background, to insure that their intervention will be done more effectively. Existing literature on intervention with families of different cultural background was studied and presented in a theoretical framework. Social work perspectives, theories and models which can be used in social work intervension were discussed. Specific social work perspectives, models and theories which can be used with intervension of families with different cultural backgrounds were also discussed. The definitions of culture and the family were explained and a study was done on social work intervention with families of different cultural backgrounds. Exploratory research was done with the aid of a questionnaire at three welfare organisations. Social workers knowledge and skills on counselling with families of different cultural backgrounds was determined amongst practising social workers. Information obtained from the questionnaires are presented in nine categories, namely : identifying particulars, the client system, problems with families from different cultural backgrounds, training and knowledge of the social worker in cultural diversity,further training, perspectives and models for intervention, intervention with families of different cultural background, the attitude of the social worker and the welfare organization's involvement in training. Conclusions and recommendations are made regarding social workers' knowledge and skills of intervention with families of different cultural backgrounds that are important for effective intervention. Recommendations are made regarding further training and research.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika is bekend vir diversiteit, as gevolg van die teenwoordigheid van verskillende kultuurgroepe. Volgens die SA Statistieke Diens is daar 'n toename in immigrante van verskeie Afrika lande, Indië en China. Suid-Afrika word dus genoodsaak om voorsiening te maak vir al die verskillende kultuurgroepe. Behalwe vir die feit dat daar verskillende kultuurgroepe bestaan, is daar ook die moontlikheid dat meer verhoudinge en huwelike sal plaasvind tussen verskillende kultuurgroepe. Die maatskaplike werk professie het reeds begin met aanpassings in die verband deurdat opleiding by universiteite en kolleges fokus op multikulturele intervensie. Voor 1994 is daar minder aandag gegee aan opleiding in maatskaplike werk intervensie aan gesinne van verskillende kulturele agtergrond. Ten einde doeltreffende maatskaplike werk intervensie te lewer, is kennis in verband met die verskillende kulture waarby maatskaplike werkers betrokke is, belangrik. Die doel van die studie was om riglyne daar te stel vir die maatskaplike werker wat dienste lewer aan gesinne van verskillende kulturele agtergrond, sodat intervensie meer effektief sal wees. Bestaande literatuur ten opsigte van intervensie met gesinne van verskillende agtergrond is bestudeer en aangebied in 'n teoretiese raamwerk. Eerstens is gefokus op algemene maatskaplike werk benaderings, teorieë en modelle wat in maatskaplike intervensie benut kan word. Daar is ook meer spesifiek gefokus op maatskaplike werk-benaderings, modelle en teorieë wat benut kan word met gesinne van verskillende kulturele agtergronde. Die definisies van kultuur en die gesin is ook bespreek en laastens is gefokus op maatskaplike werk intervensie aan gesinne van verskillende etniese agtergronde. Met behulp van 'n vraelys is 'n verkennende studie by drie welsynsorganisasies gedoen. Hierdeur is maatskaplike werkers in die praktyk se kennis en vaardighede oor intervensie aan gesinne met verskillende etniese agtergronde bepaal. Die gegewens verkry uit die ondersoek word in nege dele aangebied, naamlik : identifiserende besonderhede, die gevallelading, probleme met gesinne van diverse kultuur, onderrig en kennis van die maatskaplike werker in kulturele diversiteit, verdere opleiding, benaderings en modelle vir intervensie, intervensie met gesinne van verskillende kulturele agtergronde, die gesindheid van die maatskaplike werker en die welsynsorganisasie se betrokkenheid by opleiding. Gevolgtrekkings en aanbevelings is gemaak ten opsigte van maatskaplike werkers se kennis en vaardighede met betrekking tot verskillende kulture en intervensie aan gesinne van verskillende kulturele agtergronde wat noodsaaklik IS vir effektiewe intervensie. Aanbevelings is gemaak ten opsigte van verdere opleiding en navorsing.
Description
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2002.
Keywords
Family counseling -- South Africa -- Cross-cultural studies, Multiculturalism -- Social aspects -- South Africa, Multiculturalism -- Moral and ethical aspects -- South Africa, Dissertations -- Social work, Intervention in social work, Diverse cultures
Citation