Geskiedenis van die Departement Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, 1917 tot 1979

Date
2002-12
Authors
Scholtz, Magda
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this document specific attention was given to the foundation and development of the Department of Psychology at the University of Stellenbosch during the period 1917 to 1979. Furthermore, the role that the Department of Psychology played in the development of psychology in South Africa has been addressed. The initial development of the Department of Psychology, important staff appointments made by the Department as well as contributions made by individuals was mentioned. The role that the Department played in the development of Counselling Psychology, the development of the Clinical- and Counselling Psychology courses, the approval of these courses and the registration of psychologists are discussed. The services rendered by the Department of Psychology, as well as research that have been done and the role that the Department played in the South African context is also included in this study. The findings entailed that the Department had an important influence in the development of psychology. The Department of Psychology at the University of Stellenbosch is the oldest psychology department in South Africa. A strong scientific and experimental approach was established in the Department. Fundamental laboratory work formed the basis for a variety of internationally acknowledged research studies and publications. The Department followed a preventative approach in the training of professional psychologists. The first grade course for the training of counselling psychologists in South Africa was instituted at the Department. The Department also played a leading role in the establishment of the University of Stellenbosch Bureau for Student Counselling. The Department was often criticised for not being involved in socio-political matters in the country during the apartheid era and that the research done by the department was focused on sustaining the apartheid ideology.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie werkstuk word die totstandkoming en groei van die Departement Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch tussen 1917 en 1979 sowel as die rol wat die departement in die ontwikkeling van sielkunde in Suid-Afrika gespeel het, bespreek. Die totstandkoming van die Departement Sielkunde, belangrike personeel aanstellings wat gemaak is en die belangrikste bydraes wat gelewer is, word bespreek. Daar word ook aandag geskenk aan die rol wat die Departement in die ontwikkeling van Voorligtingsielkunde gespeel het, die ontwikkeling van die Kliniese- en Voorligtingsielkunde kursusse, die goedkeuring van dié kursusse en registrasie van sielkundiges. Verder word gekyk na dienste wat deur die Departement Sielkunde gelewer is, navorsingswerk wat gedoen is asook die Departement se rol en betrokkenheid in die Suid-Afrikaanse konteks. Daar word bevind dat die Departement 'n uiters belangrike rol in die ontwikkeling van sielkunde gespeel het. Die Departement Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch is die oudste sielkunde departement in Suid- Afrika. 'n Sterk wetenskaplike en eksperimentele inslag is van die begin af in die Departement gevestig. Fundamentele laboratoriumwerk wat gedoen is, het tot verskeie internasionaal erkende navorsingsaktiwiteite en publikasies gelei. In die opleiding van professionele sielkundiges is 'n voorkomende benadering deur die Departement gevolg. Die eerste graadkursus vir die opleiding van voorligtingsielkundiges in Suid-Afrika is gevolglik ook by die Departement ingestel. Die Departement het verder 'n leidende rol gespeel in die vestiging van die Universiteit van Stellenbosch se Buro vir Studentevoorligting. Dit word egter ten laste van die Departement gelê dat die Departement 'n mate van onbetrokkenheid by die sosio-politiese strominge in die land gehad het en deur sy vroeë navorsing bygedra het tot die grondlegging van die apartheidsideologie.
Description
On t.p.: Werkstuk vir die graad van Magister in Lettere en Wysbegeerte (Voorligtingsielkunde)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2002.
Keywords
Universiteit van Stellenbosch -- Dept. Sielkunde -- History -- 20th century, Psychology -- Study and teaching (Higher) -- History, Dissertations -- Psychology
Citation