Emosionele intelligensie : 'n oorsig oor die konseptualisering en meting daarvan
Date
2002
Authors
De Wit, Hendrina Beatrix
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
This assignment presents a comprehensive review of the different conceptualizations of
emotional intelligence and the debate surrounding the construct. This review article is
important since emotional intelligence is a relatively new field and to date no article has
been published on the topic in South Africa. The article begins with a brief discussion of
the biological bases of emotions. This is followed by a discussion of the development of
the concept of emotional intelligence as a type of intelligence that is independent and
separate from other related types of intelligence. Emotional intelligence is currently
conceptualised within two different schools of thought, namely the Mayer and Salovey
school (the aptitude approach) and the Goleman school (the mixed approach). These
two schools are discussed in depth. This is followed by a critical discussion of the
current instruments used to measure emotional intelligence. Furthermore a brief
examination is made of the practical applications of emotional intelligence, particularly
with reference to education and criminology. Lastly, recommendations for future
research are made. This article concludes that there is much support in the literature
for the conceptualization of emotional intelligence as a separate type of intelligence that,
together with verbal and practical intelligence, exists as a third type of intelligence that
may be a powerful predictor of important life outcomes.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie werkstuk bied 'n omvattende oorsig oor die verskillende konseptualiserings van emosionele intelligensie en die debat daaromheen. Die belangrikheid van hierdie oorsigartikel is daarin geleë dat emosionele intelligensie 'n betreklike nuwe veld is en dat daar tot op datum nog nie 'n artikel van so 'n aard in Suid-Afrika verskyn het nie. In die artikel word daar eerstens kortliks verwys na die biologiese grondslae van emosie. Daarop volg 'n bespreking van die ontwikkeling van die konsep emosionele intelligensie en die daarstelling daarvan as 'n onafhanklike tipe intelligensie wat van ander verwante konstrukte onderskeibaar is. Die huidige konseptualiserings van emosionele intelligensie word verdeel in twee denkskole, naamlik die Mayer en Salovey denkskool (die vermoëbenadering) en die Goleman denkskool (die gemengde benadering). Die inhoude wat binne hierdie twee denkskole vervat word, word volledig uiteengesit. Vervolgens word bestaande meetinstrumente vir emosionele intelligensie krities bespreek. Voorts word daar kortliks aandag gegee aan die toepassingsvelde van emosionele intelligensie, met besondere verwysing na die onderwys en kriminologie. Laastens word aanbevelings vir verdere navorsing gemaak. Die finale gevolgtrekking in die artikel is dat daar sterk steun bestaan vir die konseptualisering van emosionele intelligensie as 'n onafhanklike tipe intelligensie wat as 'n derde tipe intelligensie, saam met verbale en nie-verbale intelligensie, "n kragtige voorspeller van belangrike lewensuitkomste mag wees.

Description
Thesis (MA) -- Universiteit van Stellenbosch, 2002.
Keywords
Emotional intelligence, Dissertations -- Psychology, Theses -- Psychology