Die gebruik van sielkundige intervensies onder junior tennisspelers

Date
2001-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to investigate the role of sport psychology injunior tennis and to determine: • whether coaches make use of psychological interventions, • whether coaches consider psychological interventions in junior tennis to be important, • what kind of psychological interventions coaches make use of, and • what kind of problems coaches encounter while teaching psychological interventions to junior tennis players. Questionnaires were mailed off to all professional tennis coaches who are registered with Tennis South Africa. The questionnaire which the coaches voluntarily answered, was an abbreviated, revised version of the questionnaire used by Gould et al. (1999a) for their study. \ The results of this study show that coaches: • regard the teaching of psychological interventions to junior tennis players as very important. • perceived the following as the most important psychological dimensions for junior tennis players: motivation, concentration, enjoyment, self-confidence and goal setting. • find the teaching process of psychological interventions to junior tennis players difficult. • encounter practical problems in the teaching of psychological interventions to junior tennis players. Lack of time is mentioned most often. Based on these outcomes, it is concluded that sport psychology has an important role to play in junior tennis. More research is needed to develop techniques and methods to effectively teach psychological interventions to junior tennis players.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie is om die rol van sportsielkunde in junior tennis te ondersoek deur die volgende te bepaal: • of afrigters van sielkundige intervensies gebruik maak, • of afrigters dink dat sielkundige intervensies belangrik is in junior tennis, • van watter sielkundige intervensies afrigters gebruik maak, en • watter probleme afrigters ondervind gedurende die onderrig van sielkundige intervensies aan junior tennisspelers. Vraelyste is gestuur aan aIle professionele tennisafrigters wat by Tennis Suid-Afrika geregistreer is. Die vraelys wat die afrigters vrywillig beantwoord het, was 'n verkorte, hersiene weergawe van die vraelys wat deur Gould et al. (1999a) in hulle studie gebruik is. Die resultate van die studie toon dat afrigters: • die onderrig van sielkundige intervensies aan junior tennisspelers as belangrik beskou. • die volgende sielkundige dimensies in junior tennis as die belangrikste beskou: motivering, konsentrasie, genot, selfvertroue en doelwitstelling. • die onderrigproses verbonde aan sielkundige intervensies moeilik vind. • praktiese probleme ondervind met die onderrig van sielkundige intervensies aan junior tennisspelers. 'n Gebrek aan tyd is uitgesonder as die probleem wat die meeste voorkom. Gebaseer op die resuitate, is daar tot die gevolgtrekking gekom dat sportsieikunde 'n belangrike rol te speel het in junior tennis. Verdere navorsing word benodig am tegnieke en metodes daar te stel om die sieikundige intervensies effektief aan junior tennisspelers te onderrig .
Description
Thesis (MScSportSc)--University of Stellenbosch, 2001.
Keywords
Sports -- Psychological aspects, Tennis for children -- Psychological aspects, Dissertations -- Sport science, Theses -- Sport science
Citation