Kritiese suksesfaktore vir entrepreneursukses in klein- en mediumsakeondernemings met spesifieke verwysing na die Weskusstreek van Suid-Afrika

Date
2000-12
Authors
Strydom, Gizelle
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: At present the population in South Africa continues to grow at a higher rate than the rate of job creation. Traditional sources of job creation, such as large enterprises and state departments, are unable to provide enough jobs to combat the increasing rate of unemployment. An important component of the government's effort to address the unemployment problem, should be the emphasis on the development of entrepreneurship. In a study done in Bulgaria by Bartlett and Rangelava the contribution of small business to job creation became clear. Bulgaria, like South Africa, is also plagued by a high rate of unemployment (1997: 330). As the small business is seen as the natural port of entry for the entrepreneur to the business world, it would only be logical if efforts to encourage entrepreneurship are focussed on small business development. In essence entrepreneurial activity can be regarded initially as a local phenomenon which then spreads to the larger economy. In this regard research suggested that a mega event in a local context might result in an increase in entrepreneurial activity. The development of the Saldanha Steel project could be seen as an example of such a mega event in the West Coast region. This event inevitably led to an increase in entrepreneurial activity, which manifested in the establishment of many formal and informal businesses. At the completion of the project, however, few businesses survived. This raises the question whether the opportunity perceived by the mega event rather than the market on the long term initiated the decision to start-up. In this study it will be argued that the businesses that survived the so-called mega event were started as a result of long-term market considerations characterized by the critical success factors underlying an entrepreneurial decision. The objective of this research is to prove that the critical factors for entrepreneurial success play a more important role in eventual success and survival of the enterprise than the opportunistic entrepreneurial behavior sparked by a mega event only. Consequently the critical success factors for entrepreneurial success of businesses established in anticipation of the mega event that survived and surviving businesses established in the ten year period prior to the mega event, will be compared in order to test the hypothesis.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Tans is die bevolkingsaanwas in Suid-Afrika hoër as wat die toename in die skepping van werksgeleenthede is. Tradisionele bronne vir werkskepping, soos groot sakeondernemings en staatsdepartemente, kan nie voldoende werksgeleenthede skep om die toename in werkloosheid teë te werk nie. 'n Belangrike komponent in die regering se poging om die werkloosheidprobleem aan te spreek, behoort 'n fokus op die ontwikkeling van entrepreneurskap te wees. 'n Studie wat deur Bartlett en Rangelova in Bulgarye gedoen is, toon duidelik dat klein- en mediumsakeondernemings 'n bydrae tot werkverskaffing lewer. Bulgarye, soos Suid-Afrika, is ook die prooi van 'n hoë werkloosheidsyfer (1997: 330). Kleinsakeondernemings word beskou as die natuurlike deurgang vir die entrepreneur tot die sakewêreld en dit sou net logies wees om pogings om entrepreneurskap aan te moedig, op die ontwikkeling van klein sakeondernemings te fokus. In wese kan entrepreneursaktiwiteite beskou word as 'n aanvanklike plaaslike verskynsel wat geleidelik uitbrei na die groter ekonomiese sektor. Navorsing suggereer, derhalwe, dat 'n grootskaalse gebeurtenis binne plaaslike konteks kan lei tot 'n toename in entrepreneursaktiwiteite. Die ontwikkeling van die Saldanha Staal-projek kan beskou word as sodanige gebeurtenis in die Weskusstreek. Hierdie projek het onvermydelik tot 'n toename in entrepreneursaktiwiteite gelei wat in die vestiging van verskeie formele en informele sakeondernemings gemanifesteer het. Na voltooiing van die projek het min van die ondernemings egter bly voortbestaan. Dit laat die vraag ontstaan of dit die potensiële geleentheid van hierdie grootskaalse gebeurtenis, eerder as die langtermyn mark is wat hierdie ondernemingsbesluite geïnisieer het. In hierdie studie sal daar van die standpunt uitgegaan word dat die ondernemings wat die grootskaalse gebeurtenis oorleef het, die is wat die resultaat van langtermyn markoorwegings was en gekenmerk is deur kritiese suksesfaktore onderliggend aan 'n entrepreneursbesluit. Die doel van hierdie navorsing is om te bewys dat die kritiese suksesfaktore vir entrepreneursukses 'n belangriker rol in die uiteindelike sukses en oorlewing van 'n onderneming speel as die opportunistiese entrepreneursgedrag wat slegs deur 'n grootskaalse gebeurtenis aangevuur is. Om die hipotese te toets sal daar 'n vergelyking getref word tussen die kritiese suksesfaktore vir entrepreneursukses van ondernemings wat in afwagting van die grootskaalse gebeurtenis begin is en nog bestaan, en dié van ondernemings wat in die tien jaar periode voor die verwagte gebeurtenis begin is en nog bestaan.
Description
Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2000.
Keywords
Entrepreneurship, Entrepreneurship -- South Africa -- Saldanha, Small business, Small business -- South Africa -- Saldanha, Success in business, Success in business -- South Africa -- Saldanha, Dissertations -- Business management, Theses -- Business management
Citation