Die bepaling van hindernisse in die uitvoer van wyn : met spesifieke verwysing na die Wes-Kaap

Date
1999-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: South Africa really only gained access to international markets after 1994, with the lifting of the sanctions that had been instituted on account of South African Apartheid policy. During the years of apartheid, South Africa introduced various measures aimed at trying to protect the business sector. One such measure was the General Export Incentive Scheme (GElS) by which businesses received subsidies on exports. Because of sanctions, on the one hand, and export subsidies on the other, South African businesses never actually experienced the full impact of global competitiveness. This has resulted in South Africa being allocated a very low global competitiveness rating on the United Nations list of global competitive rankings. If South Africa should wish to address the low global competitive ranking, several options are available. As a developing country, it will be very difficult to follow a general approach. One of the alternatives currently being followed is the sectoral approach, in which particularly powerful economic sectors that could be developed to the advantage of the South African economy and for strengthening the global competitive position are identified. In South Africa, the wine sector is one that has potential as an acknowledged global role player. Because of the shortness of the period of more intense exposure to global markets (since 1994), this industry is experiencing problems with globalization. The study attempts, by means of a SWOT analysis, to point out functional internal weaknesses and external environmental threats that prevent this sector from strengthening and expanding its competitive global advantage. An empirical investigation was conducted by means of the Delphi method. A questionnaire submitted to the largest South African wine exporters during a personal interview was completed by them. Findings arrived at led to particular recommendations through which stumbling blocks were pointed out and solutions were recommended.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Mrika het eers werklik na 1994 toegang tot internasionale markte verkry met die afskaffing van sanksies wat aanvanklik ingestel is vanwee Suid-Mrika se beleid van apartheid. Gedurende die apartheidsjare het Suid-Mrika sy besigheidsektor probeer beskerm deur verskeie maatreeIs in te stel. Een van die maatreels was die General Export Incentive Scheme (GElS) waardeur besighede subsidies op hulle uitvoere ontvang het. Suid-Afrikaanse besighede het vanwee sanksies aan die eenkant en uitvoersubsidies aan die anderkant nooit werklik die impak van globale mededingendheid ervaar nie. Dit het die gevolg gehad dat Suid-Mrika 'n baie lae globale mededingende posisie op die Verenigde Nasies se globale mededingende ranglys beklee. Indien Suid-Afrika die lae globale mededingende posisie wil aanspreek, is daar verskeie opsies tot sy beskikking. As ontwikkelende land sal dit moeilik wees om 'n algemene benadering te volg. 'n Sektorbenadering, waar sekere sterk ekonomiese sektore geldentifiseer kan word wat tot voordeel van die Suid-Afrikaanse ekonomie en die versterking van Suid-Afrika se globale mededingende posisie, ontwikkel kan word, is een van die alternatiewe wat tans gevolg word. In Suid-Mrika is die wynsektor een van die sektore wat groot potensiaal inhou as gerekende globale rolspeler. Vanwee die kort meer intense blootstelling (sedert 1994) aan die globale markte, ondervind die bedryf egter sekere probleme in sy globalisering. Die studie poog om deur middel van 'n SWOT analise funksionele interne swakpunte en eksterne omgewingsbedreigings uit te wys wat die sektor verhinder om sy mededingende voordeel globaal te versterk en uit te brei. 'n Empiriese ondersoek is geloods deur middel van die Delphi metode. 'n Vraelys deur middel van 'n persoonlike onderhoud is aan van die grootste Suid-Afrikaanse wynuitvoerders voorgele en deur hulle voltooi. Op grond van die bevindings is sekere aanbevelings gemaak waarvolgens hindernisse uitgelig is en oplossings aanbeveel is.
Description
Study project (M.Comm.) -- University of Stellenbosch, 1999.
Keywords
Wine industry -- South Africa -- Western Cape, Wine -- Marketing, Globalization, Competition, International, South Africa -- Commerce, Dissertations -- Business economics
Citation