Pressurised hot water extraction of wood : three wood species prior to pulping

Date
2005-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
No english abstract available.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die effek van warm water uitloging van houtspaanders by hoë temperature en onder hoë druk voor alkaliese verpulping te ondersoek. Warm water uitloging van houtspaanders onder druk voor alkaliese verpulping was baie belowend, aangesien dit ekstrakstowwe verwyder het wat andersins verteringschemikalieë sou opgebruik het en ook verbertede verpulpingstoestande meegebring het. Gedurende uitloging het die houtstruktuur verander agv die verwydering van die ekstrakstowwe. Dit het veroorsaak dat die houtstruktuur meer toeganglik geword het, en dit het gelei tot 'n verbeterde diffusie van die kookloog. Die versnelde kookloogdiffusie het 'n verbeterde en meer gelykmatige delignifikasie meegebring. Warm water uitloging by verhoogde druk is ondersoek vir drie houtsoorte nl. Eucalyptus grandis, Acacia mearnsii en Pinus patuia. 'n Twee-uur en 'n een-uur uitlogingstyd van die houtspaanders voorafgaande Kraft en soda-AQ verpulping is ondersoek.Vergelyk met 'n een-uur uitloging is daar gevind dat die twee-uur uitloging van die houtspaanders te drasties was, met 'n gevolg van 'n vermindering in pulpopbrengs, vesellengte en pulpsterkte. Die verlaging III pulpsterkte kon toegeskryf word aan polisaggariedafbreking. Die een-uur uitloging het 'n hoër opbrengs opgelewer as beide die kontrole (nie uitgeloogde houspaanders) en die twee-uur uitgeloogde houtspaanders. Die een-uur uitlogingsperiode het besonder goeie verpulpingsresultate vir die ekstrakstofryke Acacia mearnsii houtspaanders getoon, met 'n bykomstige verbetering in pulpsterkte eienskappe.
Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2005.
Keywords
Wood-pulp, Extraction (Chemistry), Pulping
Citation