Women and decision-making in the print media : a study to establish whether newspaper content has been transformed by employing more black women in decision-making positions

Date
2004-04
Authors
Eachells, Mandy Johlene
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study investigates whether black women in senior management positions with decision-making authority have had an impact on the newsrooms of the Cape Town newspapers Die Burger, the supplement Jip, community newspaper MetroBurger, the Cape Times, the Cape Argus, the Weekend Argus and the Southern Mail, one title of the Cape Community Newspapers. Labour legislation promulgated in South Africa in 1994 means companies have to employ human resources equitably in keeping with the racial demographics of each province. Given the historical background of the South African media and the fact that it is almost 10 years after the first democratic elections in this country, what new paths have black South African women journalists forged for new journalists? This study focuses on the role of black women with regard to decisionmaking at the aforementioned newspapers. During the course of this study, 5 of the 6 women respondents have resigned from their positions. Other findings are that the editors generally have limited knowledge of the responsibilities of the women in this study. The editors have also indicated that no changes have been made or will be made to the job descriptions of the women, while the women have indicated that there have, indeed, been changes to their job descriptions. These changes have related to editorial and non-editorial responsibilities. While no training plans have been set out specifically for the women respondents, most of them have indicated they wanted more training opportunities. Most of the women respondents have indicated higher remuneration and job satisfaction as being the main reasons for resigning.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie ondersoek die impak wat swart vroue in senior bestuursposisies met besluitnemingsgesag gehad het op die nuuskantore van die volgende Kaapse koerante: Die Burger, die Jip bylae, die MetroBurger gemeenskapskoerant, die Cape Times, die Cape Argus, die Weekend Argus en die Southern Mail, een titel in die Cape Community Newspapers-stal. Arbeidswetgewing wat in 1994 in Suid-Afrika gepromulgeer is, beteken maatskappye moet menslike hulpbronne in diens neem op 'n regverdige basis en in oorenstemming met die rasse-demografie van elke provinsie. Gegewe die historiese agtergrond van die Suid-Afrikaanse media en die feit dat dit bykans 10 jaar is ná die eerste demokratiese verkiesing, watter nuwe paaie het Suid-Afrikaanse vrouejoernaliste gebaan vir nuwe joernaliste? Die studie fokus op die rol van swart vroue met betrekking tot die besluitnemingsproses in die genoemde koerante. Gedurende die studie het vyf van die ses respondente bedank. Ander bevindinge is dat redakteurs in die algemeen 'n beperkte kennis het van die verantwoordelikhede van die vroue wat deelgeneem het aan die studie. Die redakteurs het ook aangedui dat geen veranderings gemaak is of gemaak gaan word aan die posbeskrywings van die vroue nie, terwyl die vroue aangedui het dat daar wel veranderings aan hul posbeskrywings gemaak is. Hierdie veranderings was verwant aan redaksionele en nie-redaksionele verantwoordelikhede. Terwyl geen opleiding spesifiek uitgewys is vir respondente in hierdie studie nie, het die meeste van hulle aangedui dat hulle meer opleidingsgeleenthede sou wou hê. Die meeste respondente het ook aangedui dat die hoofredes vir hul bedanking beter salarisse en werksbevredeging is.
Description
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2004.
Keywords
Women in journalism -- South Africa -- Decision making. -- Case studies, Discrimination in employment -- South Africa, Women, Black -- Employment -- South Africa -- Decision making, Dissertations -- Journalism, Theses -- Journalism
Citation