Leaf blackening of proteas

Date
2003-04
Authors
Stephens, Iain Andrew
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Leaf blackening is a particular problem limiting vase life and marketability of Protea cut flowers. This research investigated suppression of Protea leaf blackening with a specific focus on Protea cv. Sylvia (P. eximia x P. susannae) cut flowers. Leaf blackening decreased significantly with decreasing storage temperatures m 'Sylvia' proteas and this was attributed to lower respiration rate and conservation of carbohydrate. Low storage temperatures were beneficial in short term handling procedures encountered during airfreight. However, use of low temperatures alone during the longer sea freight period was unsatisfactory in either maintaining or extending 'Sylvia' protea vase life. Cooling of 'Sylvia' proteas under vacuum significantly suppressed leaf blackening and was of greater benefit than forced air cooling. Although removal of the uppermost leaves delayed leaf blackening in short term storage no significant benefit was found for longer storage periods. Girdling directly beneath the 'Sylvia' protea flowerhead significantly reduced leaf blackening and in combination with low storage temperatures (O°C) enabled a significant extension in both storage and vase life of 'Sylvia' proteas. 'Sylvia' proteas did not exhibit a climacteric respiration peak during 96 h storage at O°C. Exposure to ethylene did not increase Protea leaf blackening or have a detrimental effect on vase life of either proteas or pincushions evaluated. No beneficial response to sucrose supplementation was found in 'Sylvia' proteas. Analysis of the sugar content of both flowerhead and leaves indicated that glucose supplementation might be of benefit and was investigated. Holding solutions of 2.5 % glucose significantly extended vase life due to a significant reduction in leaf blackening. Vase life was terminated due to flowerhead collapse instead of leaf blackening for the first time in 'Sylvia' protea cut flowers. Vase life was significantly extended by 2:3% glucose pulse solutions and leaf blackening significantly suppressed with increasing glucose pulse concentration. Solution uptake was facilitated by use of high intensity PAR lights in the early morning and was attributed to increased stomata opening and a consequent increase in both transpiration and glucose solution uptake. The faster uptake of glucose solutions in shoots harvested in the afternoon was attributed to higher shoot temperatures and consequent transpiration rate to those harvested in the morning. There was a significant reduction in uptake time with increasing pulse temperature, which enabled vacuum cooling to be performed earlier further benefiting storage and vase life extension. Enclosure of 'Sylvia' proteas in polyethylene (PE) lined cartons did suppress leaf blackening in non-pulsed shoots. However, this had no practical significance on useful vase life, which was terminated at this point due to excessive leaf blackening. Water loss appears to have a minimal influence on 'Sylvia' protea leaf blackening. Shading at four and three weeks prior to harvest coincided with a period of significant flowerhead dry mass increase. It is thought that shading at this point, concurrent with an increased carbohydrate demand by the developing flower head resulted in a temporary limitation in carbohydrate supply resulting in the appearance of preharvest leaf blackening. It would appear that proteas do not store large quantities of carbohydrate. Although accentuating winter light conditions by shading did result in a decrease in carbohydrate content the fact that carbohydrate content was already low precluded shading from having a significant impact on postharvest leaf blackening. The finding that glucose was beneficial in extension of both storage and vase life of 'Sylvia' proteas directed research into its use for other Protea and Leucospermum cut flowers. Significant differences in the response to glucose supplementation were found in both Protea and Leucospermum (pincushions). The significant difference in sensitivity to glucose concentration in 'Pink Ice' proteas (phytotoxic at 2:4%) and 'Susara' proteas (no apparent toxicity), in conjunction with a lack of response in 'Cardinal' proteas, a hybrid from the same parents as 'Sylvia' indicates the need to direct future research to individual cultivars. Glucose supplementation had no beneficial effect on vase life of 'Scarlet Ribbon' and 'Tango' pincushions, whilst significantly extending vase life of 'Cordi', 'Gold Dust', 'High Gold' and 'Succession' pincushions.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Blaarverswarting is 'n spesifieke probleem wat die vaasleeftyd en die bemarkbaarheid van Protea snyblomme beperk. In hierdie navorsing is ondersoek ingestel na die onderdrukking van Protea blaarverswarting met spesifieke fokus op die snyblomme van die kv. Sylvia (P. eximia x P. susannae). Die voorkoms van blaarverswarting by 'Sylvia' het merkbaar afgeneem tydens die verlaging van bergingstemperature. Hierdie afname is toegeskryf aan 'n laer respirasietempo en die behoud van koolhidrate. Lae bergingstemperature in die korttermyn hantering van die produk tydens lugvrag was voordelig. Die gebruik van lae temperature, slegs tydens die langer verskeepingsperiode, was egter onbevredigend vir vaasleeftyd verlenging en onderhoud van 'Sylvia' protea. Die afkoeling van 'Sylvia' proteas onder vakuum het blaarverswarting in 'n groot mate onderdruk en het beter resultate gelewer as geforseerde lugverkoeling. Alhoewel die verwydering van die heel boonste blare blaarverswarting by korttermynopberging vertraag het, het dit geen merkbare voordele vir langer bergingsperiodes ingehou nie. Ringelering direk onder die blomkop van die 'Sylvia' protea het blaarverswarting aansienlik verminder, en saam met lae bergingstemperature (O°C) het dit 'n merkbare verlenging in beide die bergingstyd en die vaasleeftyd van 'Sylvia' proteas teweeggebring. 'Sylvia' proteas het geen klimakteriese respirasiekruin tydens 'n bergingsperiode van 96 uur teen O°C getoon nie. Blootstelling aan etileen het nie die Protea blaarverswarting laat toeneem of 'n nadelige effek op die vaasleeftyd van die proteas of speldekussings wat geevalueer is, gehad nie. Geen voordelige reaksie op sukrose-byvoeging is in 'Sylvia' proteas gevind nie. 'n Analise van die suikerinhoud van beide die blomkoppe en die blare het aangetoon dat 'n glukose-byvoeging moontlik voordelig kon wees, en hierdie aspek is ondersoek. Met stooroplossings van 2,5 % glukose is die vaasleeftyd aansienlik verleng omdat daar 'n merkbare afname in blaarverswarting was. Vir die eerste keer in die geval van die 'Sylvia' protea, het die vaasleeftyd van die snyblomrne tot 'n einde gekom omdat die blornkoppe uitmekaar gebreek het en nie omdat blaarverswarting ingetree het nie. Die vaasleeftyd is aansienlik verleng met ~ 3% glukose-pulsoplossings, en blaarverswarting is merkbaar onderdruk met die verhoging van hierdie oplossings se glukosekonsentrasie. Die opname van die oplossings is gefasiliteer deur hoe intensiteit PAR (fotosinteties-aktiewe radiasie) ligte vroeg in die oggend, en is toegeskryf daaraan dat meer huidmondjies oopgegaan het. Dit het gelei tot 'n toename in transpirasie en 'n toename in die opname van die glukose-oplossing. Die feit dat glukose-oplossings vinniger opgeneem is deur lote wat in die middag geoes is, is toegeskryf daaraan dat loottemperature dan hoer is as soggens en gevolglik lei tot 'n vinniger transpirasietempo. Daar was 'n merkbare afname in die opnametyd wanneer die temperatuur van die pulsoplossings verhoog is. Vakuumafkoeling kon dus vroeer toegepas word, wat 'n verlenging in bergingstyd en vaasleeftyd tot gevolg gehad het. Verpakking van 'Sylvia' proteas in kartonne wat met poli-etileen uitgevoer is, het blaarverswarting van lote wat nie aan pulsering onderwerp is nie, onderdruk. Hierdie maatreel het egter geen praktiese waarde met betrekking tot vaasleeftyd nie; die vaasleeftyd het tot 'n einde gekom as gevolg van omvangryke blaarverswarting. Dit lyk asof waterverlies weinig invloed het op die blaarverswarting van' Sylvia' proteas. Die vermoede bestaan dat lae koolhidraatvlakke proteas ontvanklik maak vir blaarverswarting. Alhoewel die beklemtoning van winterligtoestande deur beskaduwing gelei het tot 'n afname in koolhidraatinhoud, was hierdie inhoud reeds laag en blaarverswarting na die oes is nie beinvloed nie. Beskaduwing tydens die vier en drie weke voor oestyd het saamgeval met 'n tydperk van aansienlike toename in die droe massa van die blomkop. Die vermoede bestaan dat beskaduwing tydens hierdie fase, saam met die toename in die ontwikkelende blomkop se behoefte aan koolhidrate, aanleiding gegee het tot 'n tydelike beperking in koolhidraatvoorraad wat die voorkoms van blaarverswarting voor die oes tot gevolg gehad het. Die bevinding dat glukose voordelig is vir die verlenging van beide die bergingstyd en die vaasleeftyd van 'Sylvia' proteas het die navorsing gerig om ook ondersoek in te stel na die gebruik daarvan vir ander Protea en Leucospermum snyblomme. Merkbare veranderinge is gevind in die reaksie op glukosebyvoegings in beide Protea en Leucospermum (speldekussings). Die opmerklike verskil in sensitiwiteit vir glukosekonsentrasie in 'Pink Ice' proteas (fitotoksies by ~ 4%) en 'Susara' proteas (geen klaarblyklike toksisiteit), saam met 'n gebrek aan reaksie by 'Cardinal' proteas, 'n hibried van dieselfde ouers as 'Sylvia', dui aan dat verdere navorsing op individuele kultivars toegespits sal rnoet word. Glukosebyvoegings het geen voordelige uitwerking op die vaasleeftyd van 'Scarlet Ribbon' en 'Tango' speldekussings gehad nie, terwyl dit die vaasleeftyd van 'Cordi', 'Gold Dust', 'High Gold' en 'Succession' speldekussingkultivars merkbaar verIeng het.
Description
Dissertation (PhD (Agric))--University of Stellenbosch, 2003.
Keywords
Protea -- Postharvest physiology, Protea -- Postharvest diseases and injuries, Protea -- Postharvest losses -- Prevention, Dissertations -- Horticulture, Theses -- Horticulture
Citation