Knowledge management and service delivery : a knowledge management model for the housing sector

Date
2012-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Die Suid-Afrikaanse regering en sy organisasies en instellings, net soos ander internasionale state, word gekonfronteer met uitdagings om hul bates te bestuur, soos onder andere data, inligting, kennis, mense en prosesse. Hierdie uitdagings tel onder die faktore wat dienslewering negatief beinvloed. Alhoewel die Departement van Behuising ongeveer twee miljoen en sewe honderd duisend huise gelewer het, sedert 1994 was daar nog steeds uitdagings. Gepaardgaande met swak dienslewering, het die Departement ook gesukkel om bates soos inligting, kennis, inligtingstegnologie en menslike hulpbronne te bestuur. Alhoewel dit uitgebreide beleggings gemaak het in inligting tegnologie, veral in die ondersteuningsdienste, het die departement nog nie die tegnologie ten volle benut nie. Die tesis poog om die positiewe aspekte te ontdek wat deur die toepassing van kennisbestuur binne die behuisingsektor oor al drie regeringsvlakke teweeggebring kan word. ‘n Vraelys is versprei onder beamptes wat die bestaande behuisingsinformasie-sisteme gebruik in die areas van behuisingsubsidie administrasie, monitering en evaluering en projekbestuur afdelings in die behuisingsektor. Gebaseer op die bevindinge van die vraelys word ‘n kennisbestuursmodel vir die behuisingsektor voorgestel wat dienslewering kan bevorder.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse regering en sy organisasies en instellings, net soos ander internasionale state, word gekonfronteer met uitdagings om hul bates te bestuur, soos onder andere data, inligting, kennis, mense en prosesse. Hierdie uitdagings tel onder die faktore wat dienslewering negatief beinvloed. Alhoewel die Departement van Behuising ongeveer twee miljoen en sewe honderd duisend huise gelewer het, sedert 1994 was daar nog steeds uitdagings. Gepaardgaande met swak dienslewering, het die Departement ook gesukkel om bates soos inligting, kennis, inligtingstegnologie en menslike hulpbronne te bestuur. Alhoewel dit uitgebreide beleggings gemaak het in inligting tegnologie, veral in die ondersteuningsdienste, het die departement nog nie die tegnologie ten volle benut nie. Die tesis poog om die positiewe aspekte te ontdek wat deur die toepassing van kennisbestuur binne die behuisingsektor oor al drie regeringsvlakke teweeggebring kan word. ‘n Vraelys is versprei onder beamptes wat die bestaande behuisingsinformasie-sisteme gebruik in die areas van behuisingsubsidie administrasie, monitering en evaluering en projekbestuur afdelings in die behuisingsektor. Gebaseer op die bevindinge van die vraelys word ‘n kennisbestuursmodel vir die behuisingsektor voorgestel wat dienslewering kan bevorder.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Knowledge management, Housing development -- South Africa, Municipal services -- South Africa, Dissertations -- Information science, Theses -- Information science
Citation