Administrative justice and tribunals in South Africa : a commonwealth comparison

Date
2011-12
Authors
Armstrong, Gillian Claire
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In the field of administrative law, the judiciary has traditionally exercised control over the administrative actions of the executive through judicial review. However, judicial review is neither the most effective nor the most efficient primary control mechanism for systemic administrative improvement. In a country faced with a task of =transformative constitutionalism‘, and hindered with scarce resources, there is good cause to limit judicial intervention as the first response to administrative disputes. The major theme of this thesis is to investigate the feasibility of administrative tribunal reform in South Africa, using two other commonwealth countries, Australia and England, as a basis for comparison. Australia and England have been chosen for comparison because they share similar administrative law traditions and they can provide working models of coherent tribunal structures. The Australian tribunal system is well-established and consists of tribunals which fall under the control of the executive, while tribunals in England have recently undergone a significant transformation, and are now part of the independent judiciary. The South African government currently spends, indeed wastes, a significant amount of money on administrative law litigation. Due to the limitations of judicial review, even after the high costs of litigation and the long duration of court proceedings, the results achieved may still be unsatisfactory. Furthermore, judicial review is unsuited to giving effect to systemic administrative change and the improvement of initial decision-making. Australia and England have begun to move away from the traditional court model for the resolution of administrative disputes. Both have indicated a preference for the important role of tribunals in the administration of disputes. Tribunals have been shown to offer the advantage of being speedier, cheaper, more efficient, more participatory and more accessible than traditional courts, which contributes to tribunals being a more available resource for lay people or people without sophisticated legal knowledge, and provides wider access to remedies than courts. The English and Australian models indicate a few important trends which need to be applied universally to ensure a sustained tribunal reform and a system which provides a higher level of administrative redress than the over-burdened and institutionally inept courts currently do. These include co-operation among government departments and tribunals; open and accountable systemic change; the need for supervision and evaluation of the whole of administrative law by an independent and competent body; and ultimately a focus on the needs of users of state services. At the same time, there are arguments against administrative tribunal reform. These include the costs of reform; the ways to establish tribunals; and the level of independence shown by the tribunals. These arguments are especially relevant in the South African context, where the government faces huge social problems and a scarcity of resources. However, after an analysis of the valuable characteristics of tribunals and the role that they serve in the day to day administration of justice, it is difficult to see how these objections to tribunals can outweigh their potential importance in the administrative justice system. The need for sustained systematic reform in South Africa is one that cannot be ignored. Tribunals offer a valuable alternative to judicial review for the resolution of administrative disputes. Furthermore, the tribunal systems of Australia and England demonstrate how the effective creation and continued use of comprehensive tribunal structures contributes firstly to cost reduction and secondly to ease the administrative burden on courts who are not suited to cure large-scale administrative error.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die administratiefreg oefen die regsprekende gesag tradisioneel beheer uit oor die uitvoerende gesag deur middel van geregtelike hersiening. Geregtelike hersiening is egter nie die mees doeltreffende of effektiewe primêre beheermeganisme om sistemiese administratiewe verbetering teweeg te bring nie. In 'n land met die uitdagings van 'transformatiewe konstitusionalisme‘ en skaars hulpbronne, kan 'n goeie argument gevoer word dat geregtelike inmenging as die eerste antwoord op administratiewe dispute beperk moet word. Die deurlopende tema van hierdie tesis is 'n ondersoek na die lewensvatbaarheid van hervorming van administratiewe tribunale in Suid-Afrika, in vergelyking met die posisie in Australië en Engeland, waarvan beide ook, tesame met Suid-Afrika, deel vorm van die Statebond. Hierdie lande is gekies vir regsvergelykende studie aangesien hulle 'n administratiefregtelike tradisie met Suid-Afrika deel en beide werkende modelle van duidelike tribunale strukture daarstel. Die Australiese tribunale stelsel is goed gevestig en bestaan uit tribunale onder die beheer van die uitvoerende gesag, terwyl die tribunale stelsel in Engeland onlangs 'n beduidende hervorming ondergaan het en nou deel van die onafhanklike regsprekende gesag is. Die Suid-Afrikaanse regering mors aansienlike hoeveelhede geld op administratiefregtelike litigasie. Selfs na hoë koste en lang vertragings van litigasie mag die resultate steeds onbevredigend wees as gevolg van die beperkings inherent aan geregtelike hersiening. Tesame met hierdie oorwegings is geregtelike hersiening ook nie gerig op sistemiese administratiewe verandering en verbetering van aanvanklike besluitneming nie. Australië en Engeland het onlangs begin wegbeweeg van die tradisionele hof-gebaseerde model vir die oplossing van administratiewe dispute. Beide toon 'n voorkeur vir die belangrike rol wat tribunale in die administrasie van dispute kan speel Tribunale bied die bewese voordele om vinniger, goedkoper, meer doeltreffend, meer deelnemend en meer toeganklik te wees as tradisionele howe, sodat tribunale 'n meer beskikbare hulpbron is vir leke, oftewel, persone sonder gesofistikeerde regskennis en dus beter toegang tot remedies as tradisionele howe verskaf. Die Engelse en Australiese modelle dui op enkele belangrike tendense wat universeel toegepas moet word om volgehoue tribunale hervorming te verseker en om =n stelsel te skep wat 'n hoër vlak van administratiewe geregtigheid daarstel as wat oorlaaide en institusioneel onbekwame howe kan. Dit verwys bepaald na samewerking tussen staatsdepartemente en tibunale; deursigtige en verantwoordbare sistemiese veranderinge; die behoefte aan toesighouding en evaluasie van die hele administratiefreg deur 'n onafhanklike, bevoegde liggaam; en uiteindelik 'n fokus op die behoeftes van die gebruikers van staatsdienste. Daar is egter terselfdertyd ook argumente teen administratiewe tribunale hervorming. Hierdie argumente sluit in die koste van hervorming; die wyses waarop tribunale gevestig word; en die vlak van onafhanklikheid voorgehou deur tribunale. Hierdie argumente is veral relevant in die Suid-Afrikaanse konteks waar die regering voor groot sosiale probleme te staan kom en daarby ingesluit, 'n tekort aan hulpbronne ook moet hanteer. Daarenteen is dit moeilik om in te sien hoe enige teenkanting en teenargumente met betrekking tot die vestiging van administratiewe tribunale swaarder kan weeg as die potensiële belang van sulke tribunale in die administratiewe geregtigheidstelsel, veral nadat 'n analise van die waardevolle karaktereienskappe van tribunale en die rol wat hulle speel in die dag-tot-dag administrasie van geregtigheid onderneem is. Die behoefte aan volhoubare sistemiese hervorming in Suid-Afrika kan nie geïgnoreer word nie. Tribunale bied 'n waardevolle alternatief tot geregtelike hersiening met die oog op die oplossing van administratiewe dispute. Tesame hiermee demonstreer die tribunale stelsels in Australië en Engeland hoe die doeltreffende vestiging en deurlopende gebruik van omvattende tribunale bydra, eerstens om kostes verbonde aan die oplossing van administratiewe dispute te verlaag en tweedens, om die administratiewe las op die howe, wat nie aangelê is daarvoor om grootskaalse administratiewe foute reg te stel nie, te verlig.
Description
Thesis (LLM )--Stellenbosch University, 2011.
Keywords
Administrative Justice, Tribunals, Judicial Review, Reform, Theses -- Public law, Dissertations -- Public law
Citation