Parallel likelihood calculations for phylogenetic trees

Date
2011-12
Authors
Hayward, Peter
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Phylogenetic analysis is the study of evolutionary relationships among organisms. To this end, phylogenetic trees, or evolutionary trees, are used to depict the evolutionary relationships between organisms as reconstructed from DNA sequence data. The likelihood of a given tree is commonly calculated for many purposes including inferring phylogenies, sampling from the space of likely trees and inferring other parameters governing the evolutionary process. This is done using Felsenstein’s algorithm, a widely implemented dynamic programming approach that reduces the computational complexity from exponential to linear in the number of taxa. However, with the advent of efficient modern sequencing techniques the size of data sets are rapidly increasing beyond current computational capability. Parallel computing has been used successfully to address many similar problems and is currently receiving attention in the realm of phylogenetic analysis. Work has been done using data decomposition, where the likelihood calculation is parallelised over DNA sequence sites. We propose an alternative way of parallelising the likelihood calculation, which we call segmentation, where the tree is broken down into subtrees and the likelihood of each subtree is calculated concurrently over multiple processes. We introduce our proposed system, which aims to drastically increase the size of trees that can be practically used in phylogenetic analysis. Then, we evaluate the system on large phylogenies which are constructed from both real and synthetic data, to show that a larger decrease of run times are obtained when the system is used.
AFRIKAANSE OPSOMMING:Filogenetiese analise is die studie van evolusionêre verwantskappe tussen organismes. Filogenetiese of evolusionêre bome word aangewend om die evolusionêre verwantskappe, soos herwin vanuit DNS-kettings data, tussen organismes uit te beeld. Die aanneemlikheid van ’n gegewe filogenie word oor die algemeen bereken en aangewend vir menigte doeleindes, insluitende die afleiding van filogenetiese bome, om te monster vanuit ’n versameling van sulke moontlike bome en vir die afleiding van ander belangrike parameters in die evolusionêre proses. Dit word vermag met behulp van Felsenstein se algoritme, ’n alombekende benaderingwyse wat gebruik maak van dinamiese programmering om die berekeningskompleksiteit van eksponensieel na lineêr in die aantal taxa, te herlei. Desnieteenstaande, het die koms van moderne, doeltreffender orderingsmetodes groter datastelle tot gevolg wat vinnig besig is om bestaande berekeningsvermoë te oorskry. Parallelle berekeningsmetodes is reeds suksesvol toegepas om vele soortgelyke probleme op te los, met groot belangstelling tans in die sfeer van filogenetiese analise. Werk is al gedoen wat gebruik maak van data dekomposisie, waar die aanneemlikheidsberekening oor die DNS basisse geparallelliseer word. Ons stel ’n alternatiewe metode voor, wat ons segmentasie noem, om die aanneemlikheidsberekening te parallelliseer, deur die filogenetiese boom op te breek in sub-bome, en die aanneemlikheid van elke sub-boom gelyklopend te bereken oor verskeie verwerkingseenhede. Ons stel ’n stelsel voor wat dit ten doel het om ’n drastiese toename in die grootte van die bome wat gebruik kan word in filogenetiese analise, teweeg te bring. Dan, word ons voorgestelde stelsel op groot filogenetiese bome, wat vanaf werklike en sintetiese data gekonstrueer is, evalueer. Dit toon aan dat ’n groter afname in looptyd verkry word wanneer die stelsel in gebruik is.
Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2011.
Keywords
Phylogenetics, Bioinformatics, High-performance computing, Parallel programming, Dissertations -- Computer science, Theses -- Computer science, Dissertations -- Mathematics, Theses -- Mathematics
Citation