Infant feeding practices in the prevention of mother to child transmission in Onandjokwe district hospital, Namibia

Date
2011-12
Authors
Ikeakanam, Ottilie Tangeni Omuwa
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The impact of infant feeding practices in the prevention of mother-to-childtransmission of HIV raised concerns in the field of health services. Breast feeding adds an additional 15-30% risk of HIV transmission to the infant; therefore, mothers who are HIV-positive are in need of information regarding safe infant feeding. A descriptive design for this particular study was applied with a primary quantitative approach. A convenient sample of sixty (n=60) participants between the ages of 15 – 37 were taken from subjects that enrolled in the prevention of mother-to-child transmission (PMTCT) programme in Onandjokwe district. The sample formed 85% of the target population (N=71). A structured questionnaire with closed and openended questions was used and completed by the researcher. Ethical approval for the study was obtained from the Ethics Committee at the Faculty of Health Sciences, University of Stellenbosch. Permission to conduct the research was obtained from the Ministry of Health and Social Services, Namibia, and the Onandjokwe district Hospital. A pilot study was conducted that constituted 25% of the sample. Validity and reliability was insured by the pilot study and the consultation of an expert in HIV research and an expert in nursing research. The presentation of results was mostly descriptive in nature by using frequency tables and a pie chart. The results showed that all participants (n=60/100%) were offered HIV counselling and testing during antenatal care. Mothers who were HIV positive knew that there is a possibility that the baby might be infected through breast milk. Furthermore, the study found that 70% (n=42) of participants used breast feeding exclusively, 20% (n=12) used replacement feeding and 10% (n=6) used mixed feeding practices. It was concluded that pregnant women and mothers known to be HIV-infected should be informed of the infant feeding practice recommended by the national or subnational authority to improve HIV-free survival of HIV-exposed infants. This includes information about the risks and benefits of various infant feeding options based on local assessments and guidance in selecting the most suitable option for their own situation.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die invloed van voedingspraktyke vir babas by die voorkoming van moeder-na-kindoordrag van die menslike immuungebrekvirus (MIV) het kommer op die gebied van gesondheidsdienste laat ontstaan. Borsvoeding dra ’n addisionele 15–30% risiko van MIV-oordrag tot die baba by en daarom benodig moeders wat MIV-positief is inligting ten opsigte van veilige voeding van hulle babas. 'n Beskrywende ontwerp vir hierdie besondere studie is gebruik tesame met 'n primêr kwantitatiewe benadering. 'n Gerieflikheidsteekproef van sestig (n=60) deelnemers tussen die ouderdomme 15–37 jaar is gekies uit persone wat ingeskryf het vir die voorkoming van moeder-na-kind-oordrag (VMNKO) program in Onandjokwe-distrik. Die steekproef het 85% van die teikenpopulasie (N=71) uitgemaak. 'n Gestruktureerde vraelys met geslote en oop vrae is gebruik en deur die navorser voltooi. Etiese goedkeuring vir die studie is verkry van die Etiese Kommitee van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch. Toestemming om die navorsing te doen, is verkry van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, Namibië, en die Onandjokwe Distrikshospitaal. 'n Loodsstudie is onderneem wat 25% van die steekproef behels het. Geldigheid en betroubaarheid is verseker deur die loodsstudie en oorlegpleging met 'n kundige op die gebied van MIV-navorsing en 'n kundige in verpleegnavorsing. Die aanbieding van resultate was meestal deskriptief van aard deur van frekwensietabelle en 'n sektordiagram gebruik te maak. Die resultate het getoon dat MIV-berading en -toetsing gedurende voorgeboortesorg aan alle deelnemers (n=60/100%) aangebied is. Moeders wat MIV-positief is, het geweet dat daar 'n moontlikheid bestaan dat die baba moontlik deur moedersmelk geïnfekteer kan word. Verder het die studie bevind dat 70% (n=42) van deelnemers uitsluitlik borsvoeding gebruik, 20% (n=12) gebruik ’n vervanging vir moedersmelk en 10% (n=6) gebruik gemengde voedingspraktyke. Daar is tot die slotsom gekom dat swanger vroue en moeders van wie bekend is dat hulle MIV-geïnfekteer is, ingelig behoort te word oor die babavoedingspraktyk aanbeveel deur die nasionale of subnasionale owerheid vir die verbetering van MIVvrye oorlewing van babas wat aan die MIV blootgestel is. Dit sluit in inligting oor die risiko’s en voordele van verskeie babavoedingsopsies gebaseer op plaaslike assesserings en leiding ten opsigte van die kies van die geskikste opsie vir hulle eie situasie.
Description
Thesis (MCur)--Stellenbosch University, 2011.
Keywords
Infants -- Nutrition, HIV infections -- Transmission, Communicable diseases -- Transmission, Prevention of Mother-To-Child Transmission of HIV, Dissertations -- Nursing, Theses -- Nursing
Citation