An analysis of the evolving military futures debate : explaining alternative military futures for the South African National Defence Force

Date
2006-04
Authors
Vrey, Francois
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Twenty-first century armed forces increasingly have to operate amidst unprecedented uncertainty and complexity cascading onto the military domain. Not only are their roles and implicitly their whole being now constantly questioned; the historic rationale for their existence is also under pressure. New and even unorthodox responsibilities find their way into and increasingly begin to eclipse and challenge traditional elements that configure the military sphere. Adjustments towards new futures thus become essential, as the images of warless futures and endisms about war remain merely that - images. Subsequently, notions about the adaptive military and armed forces being open ended systems sensitive to and capable of remaining in step with unfolding futures, become imperatives. In addition to learning from history, military futures now increasingly co-feature as the domain to master in the pursuit of appropriate future armed forces. Exploring the future through a recognised field of study allows for alternative futures to unfold that are bound to differ from an historic review and its linear continuance. This also serves as a tenable argument for military futures. Only by systematically peeling away the dogma that armed forces are instruments for war and little else, can the required changes to and future contributions of military establishments towards alternative military futures be exposed. Subsequently, military forces become entities capable of changing alongside their societies towards futures not predominantly shaped for and by war. To this end, the topic of alternative military futures offers insights into the utility of armed forces as a more contributing and constructive future policy instrument. In researching alternative military futures through contiguous debates concerning the futuresmilitary nexus, military change, the Revolution in Military Affairs, and the unfolding strategic environment, it emerges that military change towards new futures is a rather slow and incremental process. Furthermore, the Revolution in Military Affairs, in spite of its prominence, offers limited future options to the majority of governments aspiring to exploit new ways and means for engaging military futures. In turn, the future strategic environment premises strategic futures leaving armed forces little choice but to prepare for a horizontal threat spectrum of simultaneity and complexity, and a vertical dimension of a destructive-constructive merger. This matrix calls for expanded military means to meet complex futures characterised by simultaneity and variety through a response hierarchy comprising destructive and constructive ways and means. These are future challenges also faced by the defence decision-makers and military practitioners in South Africa. Alternative military futures for the South African National Defence Force (SANDF) comprise some interface with the dynamics posited by theories on military change, contributions by the Revolution in Military Affairs and threat-response continuum posited by the future strategic environment. From this challenging premise alternative military futures embedded in the more constructive and preventative use of its military policy instrument towards Africa in particular, a South African defence paradigm is emerging for employing the South African National Defence Force in future. Renouncing the warfighting option to bring about change, accepting the volatile and complex African challenge and embracing democracy and multilaterism call for new defence thinking to probe the future. This search is bound to reveal the unfolding of alternative military futures that reach beyond the expectations of South African defence decision-makers and military practitioners from both the apartheid and struggle generations.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Militêre magte van die 21ste eeu opereer toenemend te midde van ongeëwenaarde onsekerheid en kompleksiteit wat op hul terrein van verantwoordelikheid aanspoel. Nie net die bydraes wat gewapende magte lewer nie, maar ook hul aard en wese word bevraagteken. Verskeie en selfs vreemde verantwoordelikhede kruip tans op die militêre verantwoordelikheidsgebied aan, wat weer die boustene van die militêre sfeer verwring of ondergrawe. Aanpassing om by toekomskwessies aan te pas raak dus noodsaaklik aangesien verwagtinge dat oorlog en die nut van militêre magte gaan verdwyn, 'n onderontwikkelde teorie verteenwoordig. Sieninge dat gewapende magte oop sisteme en aanpasbaar is met 'n sensitiwiteit vir wat in hul saamlewings plaasvind, asook dat hul in pas kan bly met hoe die toekoms ontvou, het noodsaaklike eienskappe geraak. Ter aanvulling van die historiese lesse, raak toekomsaspekte van die militêre domein nou kritiek vir die daarstelling van doelgeskikte en toekomsgerigte militêre magte. 'n Ondersoek van die toekomsveld deur van 'n erkende studieterrein gebruik te maak bevorder sieninge oor wat moontlik kan ontvou. Hierdie vooruitskouinge kan weer die historiese benadering en die linieêre voortsetting of projeksie daarvan aanvul. Hierdie onderlinge aanvulling is ook tersaaklik in die geval van die militêre toekomsomgewing. Slegs deur die dogma dat gewapende magte alleenlik geskik is vir die voer van oorloë en weinig anders, te weerlê, kan die veranderinge en bydraes van gewapende magte binne nuwe toekomsdimensies ondersoek en afgebaken word. Militêre magte kan dus voorgestel word as entiteite wat tog saam met hul gemeenskappe aanpas by veranderinge en die toekoms tegemoet kan gaan sonder dat laasgenoemde hoofsaaklik deur oorlog gevorm en onderlê word. Op hierdie wyse bied die onderwerp bekend as alternatiewe militêre toekomste meerdere insigte rakende die langer termyn nuttigheid van meer konstruktiewe gewapende magte. Die naspeur van toekomstige militêre aangeleenthede deur van die toekoms-militêre samehang, militêre verandering, die Rewolusie in Militêre Aangeleenthede, en die opkomende strategiese omgewing gebruik te maak, bied bepaalde insigte: die aanwesigheid van 'n samehang tussen toekomsstudies en die militêre faktor en dat die aard van militêre veranderinge as 'n inkrementele proses waarneembaar is. Ten spyte van die prominensie wat dit geniet, blyk dit dat die Rewolusie in Militêre Aangeleenthede beperkte opsies bied aan diegene wat beplan om die weg te volg om militêre aspekte van die toekoms tegemoet te gaan. Die toekomstige strategiese omgewing dui weer daarop dat gewapende magte min beweegruimte gegun word om vir tradisionele rolle voor te berei. 'n Horisontale spektrum van gelyktydigheid en kompleksiteit vorm saam met 'n vertikale destruktiewe-konstruktiewe kontinuum 'n matriks. Hierdie matriks vereis nou van weermagte die totstandbringing van uitgebreide militêre vermoëns en middele om kompleksiteit wat deur gelyktydigheid en verskeidenheid gekenmerk staan te word, die hoof te bied. Hierdie toekomstige kwessies word ook deur Suid-Afrikaanse besluitnemers en militêre bevelvoerders in die gesig gestaar. Toekomskwessies vir Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) word vervat in dieselfde aspekte wat deur die aard van militêre veranderinge, die rol van die Rewolusie in Militêre Aangeleenthede en verwikkeldheid van die strategiese omgewing gereflekteer word. Gegewe hierdie uitdagende situasie, blyk dit dat alternatiewe vir die SANW neig om merendeels die konstruktiewe en voorkomende gebruik van die militêre beleidsinstrument te weerspieël. Hierdie neiging omvat dan ook 'n onteenseglike Afrika fokus met die gevolg dat die meer voorkomende en konstruktiewe gebruik van die land se weermag prominent in die opkomende Suid-Afrikaanse verdedigingsparadigma figureer. Deur die oorlogsopsie as 'n wyse om verandering te bewerkstellig af te keur, die onstabiele en komplekse Afrika-uitdaging te aanvaar en demokrasie en multilateralisme voor te staan, vereis nuwe verdedigingsdenke vir die toekoms. Vanuit hierdie vertrekpunt is dit waarkynlik dat militêre alternatiewe en toekomskwessies kan ontvou wat veel wyer strek as dit waarop besluitnemers vanuit beide die apartheids - sowel as struggle geledere reken.
Description
Dissertation (PhD)--University of Stellenbosch, 2006.
Keywords
South Africa. -- National Defence Force, Military art and science -- South Africa, Theses -- Futures studies, Dissertations -- Futures studies, Theses -- Public management and planning, Dissertations -- Public management and planning
Citation