Validity in image-based research : a Delphi study

Date
2004-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The area of study is the notion of validity in image-based research, i.e. research approaches where visual images such as photographs or video recordings form an integral part of one or more of the methods used. In the literature investigation chapters of the study, (1) the notion of validity is reviewed with special reference to contributions by Cook and Campbell, Guba and Lincoln, Kvale, Lather and Morse; (2) the inherent properties of visual images are discussed from a semiotic perspective, and (3) following a discussion of reflexivity in image-based research, the various domains of image-based research practice are demarcated according to the unit of analysis, the data format, the researcher role (outsider, insider, participant) and the production of the visual material (ex ante or ex post with weak or strong researcher control). The literature investigation chapters were taken as the point of departure for the development of a conceptual framework for assessing validity in image-based research, the mechanics of which are illustrated with reference to selected aspects of image-based research projects by Lomax and Casey, Clark and Zimmer, Rich and Chalfen, DuFon and Chaplin. The conceptual framework was refined on the strength of a Delphi study. The Delphi procedure involved canvassing and pooling the opinions of experts in the field of image-based research about issues of validity with a view to ensure that the assumptions made during the development of the conceptual framework fit sufficiently with image-based research practice. Flowing from the literature investigation chapters as well as the Delphi procedure, the central thesis of the study is that the notion of validity is in the first instance contextdependent and that this is compounded in the case of image-based research by the relative instability of iconic codes and the strong drift towards 'unlimited' semiosis inherent in the visual communication process.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studieveld behels ‘n ondersoek na die gedagte van geldigheid soos van toepassing op beeldgebaseerde navorsing, d.w.s. navorsingsbenaderings waar visuele beelde soos foto’s of video-opnames ‘n integrale deel uitmaak maak een of meer van die metodes wat gebruik word. In die hoofstukke wat die literatuurstudie uitmaak, word (1) die gedagte van geldigheid onder die loep geneem met spesifieke verwysing na die bydraes van Cook en Campbell, Guba en Lincoln, Kvale, Lather en Morse, (2) word die inherente eienskappe van visuele beelde vanaf 'n semiotiese oogpunt bespreek, en (3) word die verskeie velde van beeldgebaseerde navorsingspraktyk afgebaken volgens die eenheid van ontleding, die dataformaat, die rol van die navorser (buitestaander, binnestaander, deelnemer) en die produksie van die visuele materiaal (ex ante of ex post met sterk of swak navorserkontrole). Die hoofstukke wat gemoeid is met die literatuurstudie is as vertrekpunt geneem vir die daarstelling van ‘n konsepsuele raamwerk vir geldigheid aangaande beeldgebaseerde navorsing, en die werking hiervan is geïllustreer met verwysing na geselekteerde aspekte van beeldgebaseerde navorsing deur Lomax en Casey, Clark en Zimmer, Rich en Chalfen, DuFon end Chaplin. Hierdie konsepsuele raamwerk is verder verfyn op grond van ‘n Delphi-prosedure. Die Delphi-prosedure het behels dat die opinies van deskundiges in die veld van beeldgebaseerde navorsing aangaande kwessies van geldigheid ingewin en saamgevoeg is met die oog om te verseker dat die aannames wat gemaak is ten tyde van die ontwikkeling van die konsepsuele raamwerk genoegsaam gepas is vir die praktyk van beeldgebaseerde navorsing. Die tesis van die studie, gebaseer op die uitkomste van die literatuurstudie en die Delphi-prosedure, is dat die gedagte van geldigheid konteks-afhanklik is, wat in die geval van beeldgebaseerde navorsing vererger word deur die feit dat ikoniese kodes relatiefonstabiel is en dat die proses van visuele kommunikasie 'n sterk tendens na 'eindelose' semiosis toon.
Description
Thesis (DPhil)--University of Stellenbosch, 2004.
Keywords
Delphi method, Sociology -- Research -- South Africa -- Audio visual aids, Photography in the social sciences, Theses -- Sociology, Dissertations -- Sociology
Citation