The perceptions and experiences of African women in violent partner relationships : an exploratory study

Date
2009-12
Authors
Mesatywa, Nontando Jennifer
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This is an exploratory study on the perceptions and experiences of African women in violent partner relationships. The study was conducted in two phases at Ilitha Community Psychological Centre at Ezibeleni Township near Queenstown. Since this is a qualitative exploratory study, in-depth interviews were conducted with a sample of twenty women. In addition a focus group interview was also conducted with five women from the same site in order to gain a better insight into the phenomenon of violence in partner relationships. A literature review that focused on the existing literature concerning African women in violent partner relationships was conducted. African women’s perspectives on the experiences of abuse were explored, a gender perspective based on radical feminist views was discussed and ethnicsensitive empowerment needs and the role of the social service practitioners were investigated. The findings suggest that many African women experience violence in partner relationships. They sustain physical, emotional and economic abuse. A patriarchal system, alcohol abuse, infidelity and failure to support the children financially have been cited as some of the reasons for abuse. Formal and informal social networks assisted these women to some extent. However, there is need for an ethnic-sensitive interdisciplinary training approach and a legal system that is accessible to rural women to prevent further battery. Various recommendations have been postulated. The study indicated a need for ethnic-sensitive empowerment programmes for the abused women, rehabilitative programmes for these women and for the abusers, and an effective legal system to curb violence in partner relationships.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie, wat verkennend van aard is, handel oor die persepsies en ervaringe van Afrikavroue wat binne gewelddadige saamwoonverhoudings verkeer. Die studie is in twee fases by die Ilitha Community Psychological Centre en die Ezibeleniwoonbuurt naby Queenstown onderneem. Aangesien dit ’n kwalitatief-verkennende studie is, is diepgaande onderhoude met ’n eksperimentele groep van twintig vroue gevoer. Hierbenewens is fokusgroeponderhoude ook met vyf vroue van dieselfde buurt gevoer ten einde beter insig te verkry van die fenomeen van geweld binne saamwoonverhoudings. ’n Studie van relevante literatuur wat op bestaande literatuur ten opsigte van Afrika-vroue in gewelddadige saamwoonverhoudings betrekking het, is onderneem. Die perspektiewe van Afrika-vroue oor die wyse waarop hulle mishandeling ervaar, is verken. ’n Geslagsgebaseerde perspektief gebaseer op feministiese beskouinge is onderling bespreek en die behoefte aan etniessensitiewe bemagtigingsbehoeftes asook die rol van sosiale diensleweringspraktisyns het aandag geniet. Die bevindinge dui daarop dat ‘n groot aantal Afrika-vroue geweld binne saamwoonverhoudings ervaar. Hulle ondervind fisieke, emosionele en ekonomiese mishandeling. ’n Patriargale stelsel, alkoholmisbruik, ontrouheid, en gebrek aan geldelike versorging van die kinders binne die gesin, is genoem as sommige van die redes vir die mishandeling. Formele en informele netwerke het hierdie vroue in ’n sekere mate bygestaan. Daar bestaan egter ’n behoefte aan ’n etnies-sensitiewe interdissiplinêre opleidingsbenadering asook ’n regstelsel wat toeganklik is vir landelike vroue om verdere mishandeling te voorkom. Verskeie aanbevelings is gepostuleer. Die studie het aangetoon dat daar ’n behoefte bestaan aan etnies-sensitiewe bemagtigingsprogramme vir mishandelde vroue, rehabilitasieprogramme vir sodanige vroue asook vir diegene wat hulle mishandel, en ’n effektiewe regstelsel om geweld binne saamwoonverhoudings aan bande te lê.
Description
Thesis (DPhil (Social Work))--University of Stellenbosch, 2009.
Keywords
Violent partner relationships, Dissertations -- Social work, Theses -- Social work
Citation