Exploring collaboration between psychologists and learning support teachers during the SIAS process
Date
2022-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Inclusive Education in South Africa and around the world aims to make learning accessible to all. A country’s policies and regulations attempt to provide for support and adaptation to ensure access to education for all learners despite challenges and barriers. In South Africa, our education support system is guided by the Education White Paper 6 (EWP6) and support is practically driven by the national policy for Screening, Identification, Assessment and Support (SIAS). In order to establish an inclusive education system, collaboration between various role players such as teachers, learning support teachers, psychologists and other professionals is important. This research study explores the collaborative relationship between the psychologists and learning support teachers in relation to the SIAS process. It seeks to explore how these two role players engage and assist each other’s efforts in providing learning support and what protective factors contribute towards collaboration.
The theoretical framework underpinning this study is Vygotsky’s Social Constructivist theory along with Bronfenbrenner’s ecosystemic theory. SCT allows the researcher to explore and understand relationships and perceptions as constructed through interaction with others. In interacting we are part of a system that is interwoven with proximal processes. This understanding of the system and its participants guided the researcher in exploring the phenomenon. The study was conducted using a case study design with purposeful sampling. An enquiry email was used to identify suitable schools and gain permission for participation. Three methods of data collection ensured triangulation which contributed to its credibility. Information was sourced through individual semi structured interviews, focus group discussions and document analysis. The study unearthed both protective as well as hindering factors in collaboration and effective intervention for support. It was determined that a number of factors contributed to establishing successful collaboration within this case study. The protective factors identified through this research were trust, transparency in communication, professionalism, structured systems, empathic understanding of context and personal connection. It is concluded that when these factors are prevalent in a collaborative relationship between a learning support teacher and psychologist on the same support team, it leads to effective intervention plans and action towards support in the child’s best interest.
The valuable attributes of collaborative relationships between learning support teachers and psychologists highlighted in this study may contribute to improving support for our learners in the private schooling sectors in South Africa.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Inklusiewe onderrig in Suid-Afrika en dwarsoor die wêreld het ten doel om leer vir almal toeganklik te maak. Die beleid en regulasies van ‘n land poog om voorsiening te maak vir ondersteuning en aanpassing om te verseker dat alle leerders toegang tot onderrig het, ten spyte van uitdagings en struikelblokke. In Suid-Afrika word die onderrigondersteuningstelsel deur die EWPS6 (Education White Paper 6) gerig, en ondersteuning word deur die nasionale beleid van Sifting, Identifikasie, Assessering en Ondersteuning (SIAS) gedryf. In ‘n poging om ‘n inklusiewe onderrigstelsel te bewerkstellig, is samewerking tussen die onderskeie rolspelers, soos onderwysers, leerondersteuningsonderwysers, sielkundiges en ander professionele persone belangrik. Hierdie navorsingstudie verken die samewerkingsverhouding tussen die sielkundiges en leerondersteuningsonderwysers met betrekking tot die SIAS-proses. Dit stel vas hoe hierdie twee rolspelers skakel en mekaar bystaan in hul onderskeie pogings om leerondersteuning te bied, en watter beskermende faktore ‘n bydrae tot die samewerking lewer. Die teoretiese raamwerk onderliggend aan hierdie studie is Vygotski se Sosiale Konstruktivistiese teorie, tesame met Bronfenbrenner se Bio-ekosistemiese teorie. Die Sosiale Konstruktivistiese teorie ondersoek en verstaan verhoudings en persepsies soos dit deur interaksie met ander partye gekonstrueer word. Deur interaksie vorm ons deel van ‘n sisteem wat met proksimale prosesse verweef is. Hierdie verstaan van die sisteem en sy deelnemers het die navorser gelei in die ondersoek na dié fenomeen. Die navorsingstudie is deur middle van ‘n gevallestudie-ontwerp met ‘n doelgerigte steekproef uitgevoer. ‘n E-pos is uitgestuur om geskikte skole te identifiseer en toestemming tot deelname te verkry. Drie metodes van data-insameling het triangulasie verseker wat tot die geloofwaardigheid van die navorsing bygedra het. Inligting is verkry deur individuele semi-gestruktueerde onderhoude, groepbesprekings (fokusgroepe) en dokument-analise. Die studie het beskermende sowel as belemmerende faktore aangaande samewerking en effektiewe intervensie met die oog op ondersteuning aan die lig gebring. Daar is vasgestel dat ‘n aantal faktore daartoe bygedra het dat suksesvolle samewerking in hierdie gevallestudie bewerkstellig kon word. Die beskermende faktore wat deur die navorsing geïdentifiseer is, is vertroue, deursigtigheid tydens kommunikasie, professionaliteit, gestruktueerde stelsels, ‘n empatiese begrip van konteks en persoonlike betrekkings. Indien hierdie faktore teenwoordig en duidelik is in ‘n samewerkingsverhouding tussen ‘n leerondersteuningsonderwyser en ‘n sielkundige in dieselfde ondersteuningspan, sal dit aanleiding gee tot doeltreffende intervensie-oogmerke en -optrede ten opsigte van ondersteuning in die beste belang van die kind. Die waardevolle kenmerke van samewerkingsverhoudings tussen leerondersteuningsonderwysers en sielkundiges wat in hierdie studie uitgelig word, kan daartoe bydra dat die ondersteuning van ons leerders in privaatskool-sektore in Suid-Afrika verbeter kan word.

Description
Thesis (MEdPsych)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Educational psychology -- South Africa, Educational psychologists -- South Africa, Teachers -- South Africa -- Attitudes, School psychologists -- South Africa, UCTD