Perceptions of radiography educators on the notion of caring

Date
2021-11-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Caring is an integral part of all health care professions and has also been recognised as a vital part of the radiography profession. Radiography is often seen as a scientific, technology-driven profession; hence knowledge and technical competency have been identified as the main focus of the curriculum, with aspects such as caring not adequately addressed. Professional behaviour, which includes caring, requires explicit teaching and learning activities in the curriculum so that students can implement such behaviour in the clinical environment. This qualitative and exploratory study aimed to understand radiography educators’ perceptions and experiences of caring and its inclusion in the curriculum. A purposively selected sample of radiography educators from one radiography institution was selected. Data analysis was done utilising a thematic analysis process. Seven themes were identified in this study with various subthemes. These were, 1) understanding of caring, 2) communication skills are associated with being caring, 3) caring and empathy, 4) barriers and enablers to caring in the clinical environment, 5) barriers and enablers to caring in the classroom 6) teaching strategies to encourage caring in students and 7) educators’ perception about the teaching and assessment of caring in the curriculum. The findings prevalent in this study is that caring is fundamental in the work of a radiographer, however, many factors influence how caring is seen and practised. It was evident that technical competence is an essential part of caring in their profession. It is also clear that effective communication skills promote caring and positively impact the patient experience during the patient examination. Various barriers to caring in the clinical environment and classroom were also described. Despite these barriers, the positive impact of good role models and a positive learning environment can foster learning about caring. Various teaching strategies such as role modelling, reflection and role-play were highlighted to facilitate the teaching and learning of caring. These findings suggest that knowledge and technical competence are prioritised in the radiography curriculum, with caring to a great degree forming part of the hidden curriculum. Therefore, as an affective skill, if caring is essential in the radiography profession, the radiography educator’s and radiography curriculum’s responsibility is to ensure that caring become intentionally included in the curriculum, in the same way as the cognitive and psychomotor domains.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Omgee is 'n integrale deel van alle beroepe in die gesondheidsorg en word ook erken as 'n belangrike deel van Radiografie. Radiografie word dikwels beskou as 'n wetenskaplike, tegnologie-gedrewe beroep; daarom is kennis en tegniese bevoegdheid geidentifiseer as die hooffokus van die kurrikulum, met aspekte soos omgee wat dikwels nie voldoende aangespreek word nie. Professionele gedrag, wat omgee insluit, vereis eksplisiete onderrig- en leeraktiwiteite in die kurrikulum sodat studente sulke gedrag in die kliniese omgewing kan implementeer. Die doel van hierdie kwalitatiewe en verkennende studie was om radiografie opvoeders se persepsies en ervarings van omgee en die insluiting daarvan in die kurrikulum te verstaan. 'n Doelbewuste seleksie is gedoen om radiografie opvoeders van een radiografie instelling te betrek. Data analise is gedoen deur middel van 'n tematiese ontledingsproses. Sewe temas is in hierdie studie geidentifiseer met verskillende subtemas. Dit was: 1) begrip van omgee; 2) kommunikasievaardighede hou verband met omgee; 3) omgee en empatie; 4) hindernisse en moontlikhede vir omgee in die kliniese omgewing; 5) hindernisse en moontlikhede vir omgee in die klaskamer; 6) onderrig strategiee om omgee by studente aan te moedig; en 7) opvoeders se persepsie oor die onderrig en beoordeling van omgee in die kurrikulum. Die oorkoepelende bevindinge wat in hierdie studie voorkom, is dat omgee fundamenteel is in die werk van 'n radiograaf. Baie faktore beïnvloed egter hoe omgee gesien en beoefen word. Dit was duidelik dat tegniese bekwaamheid 'n noodsaaklike deel van omgee in hul beroep is. Die bevindinge het getoon dat effektiewe kommunikasievaardighede omgee bevorder en 'n positiewe uitwerking op die ervaring van die pasient tydens die pasient ondersoek het. Verskeie hindernisse vir omgee in die kliniese omgewing en klaskamer is ook beskryf. Ten spyte van hierdie hindernisse, kan die positiewe impak van goeie rolmodelle en 'n positiewe leeromgewing leer oor omgee bevorder. Verskeie onderrigstrategiee soos rolmodellering, refleksie en rollespel is uitgelig om die leer en onderrig van omgee te vergemaklik. Hierdie bevindings dui aan dat kennis en tegniese bekwaamheid in die radiografiekurrikulum geprioritiseer word, aangesien omgee meestal deel uitmaak van die verskuilde kurrikulum. Daarom, as omgee as 'n affektiewe vaardigheid belangrik is in die radiografieberoep, dan is dit inderdaad die verantwoordelikheid van radiografie opvoeders en die radiografiekurrikulum om te sorg dat omgee in die kurrikulum so eksplisied aangespreek moet word soos die kognitiewe en psigomotoriese leergebiede.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Citation