The roles and experiences of teaching assistants in resource classes in full-service schools
Date
2021-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The adoption of inclusive education policy in South Africa brought with it changes in how schools and learners would be categorised. The Education White Paper 6 policy document (DoE, 2001) stipulated the way forward for education to focus on inclusion. One of the first steps for inclusive education in South Africa was to begin changing some mainstream schools to full-service, or inclusive, schools that could support the full range of learning needs. Funds were made available for full-service schools to appoint teaching assistants to assist teachers with the increased workload and to achieve the goal of including and supporting each learner in the class.
Permanent teaching assistants have been appointed in resource classes, which function as an extra class within some full-service schools. In these classes learners progress academically but there is a specific focus on skills building so that learners can go to a school for skills once they turn 14. The appointment of teaching assistants is complex, however. There is uncertainty about the role of these assistants internationally with regard to whether they receive enough training for the work they do and whether the support they offer in fact are effective. Very little research about these staff members has been undertaken in South Africa. Policy documents provide some direction as to the tasks of teaching assistants, but what the roles and experiences of these staff members within the resource classes comprise are unclear.
Cultural-historical activity theory (CHAT) was used as the theoretical framework for this study undertaken with the aim to explore and understand the roles teaching assistants fulfil and their experiences in resource classes. The activity system involved a resource class where the subject was the teaching assistant and the object in this study was the inclusion and support of the resource class learners. How the object is understood depends on the experiences and context of the subject within a system. CHAT supported the exploration of the teaching assistant role as boundary broker and collaborator within the resource class. An interpretive case study design was used to gain detailed understanding of the bounded system of a resource class in a full-service school, with one teacher and one permanent teaching assistant. Data were collected by means of individual interviews, a literature review, question sheets for demographic information, worksheets, observation notes and documents. The interviews were conducted with eight research participants. This included teachers, assistants, a learning support teacher, and a learning support advisor affiliated with three schools. The participants were selected through purposive and snowball sampling. The data from this study revealed that effective practice in resource classes is enhanced through clear communication, co-operation, and a good relationship between teachers and teaching assistants, while the absence of teacher leadership, training opportunities and teamwork, and the negative attitude of school staff, can constrain effective practice. The important role played by teaching assistants as boundary brokers between teachers and learners and the school and the community surrounding the school was also highlighted.
This study contributes to an enhanced understanding of the roles teaching assistants fulfil within resource classes in full-service schools, what their experiences are and how they can be supported to contribute optimally where they are appointed.
This study concluded that strong relationships between teachers and teaching assistants play a vital role in achieving effective collaboration in a resource class, achieving the objective of the system and in utilising the teaching assistant’s skills for the benefit of the system.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die aanvaarding van die inklusiewe onderwysbeleid in Suid-Afrika het veranderinge teweeg gebring in hoe skole en leerders gekategoriseer word. Die Onderwys Witskrif 6 beleid (DoE, 2001) skryf die pad vir onderwys voor, met die fokus op inklusiewe onderrig. Een van die eerste stappe vir inklusiewe onderwys in Suid-Afrika was om sommige hoofstroomskole na voldiensskole, of inklusiewe skole, om te skakel om die verskeie ondersteuningsbehoeftes te ondersteun. Voldiensskole is van fondse voorsien sodat assistente aangestel kan word. Assistente kan onderwysers met hul toenemende werkslading help om die doel van insluiting en ondersteuning van elke leerder in die klas te verwesenlik. Assistente word permanent aangestel in bronklasse wat as ekstra klasse in sommige voldiensskole funksioneer. Leerders in hierdie klasse vorder akademies, maar daar is ‘n spesifieke fokus op die ontwikkeling van vaardighede, sodat leerders na vaardigheidskole kan gaan wanneer hulle 14 jaar oud word. Die aanstelling van assistente is ‘n komplekse onderwerp. Internasionaal is daar onsekerheid oor die rolle wat assistente vervul, of hulle genoegsame opleiding vir hierdie rolle het en of die ondersteuning wat hulle bied, effektief is. In Suid-Afrika is daar min bekombare navorsing oor hierdie rolspelers. Beleide voorsien ‘n mate van begeleiding wat die assistente se take betref, maar wat presies die rolle en ervaringe van hierdie rolspelers in die bronklas is, is onduidelik. Met kultuur-historiese aktiwiteitsteorie (KHAT) as teoretiese raamwerk is met hierdie studie beoog om die rolle van assistente en hul ervaringe in bronklasse te ondersoek en beter te verstaan. Die aktiwiteitsisteem is deur ‘n bronklas verteenwoordig met die assistent as onderwerp en die insluiting en ondersteuning van die leerders in die bronklas as doel. Hoe die doel verstaan word hang af van die ervaringe en konteks van die onderwerp in die sisteem. Deur middel van die KHAT kon die rol van assistente as grensbemiddelaars en samewerkers in bronklasse ondersoek word. Die interpretatiewe gevallestudie-ontwerp is gebruik om ‘n goeie begrip van die begrensde sisteem van ‘n bronklas in ‘n voldiensskool met een onderwyser en een permanente assistent te verseker. Die data is ingesamel deur individuele onderhoude, ‘n literatuurstudie, ‘n vraelys vir demografiese inligting, werkkaarte, veldaantekeninge en dokumente. Onderhoude is met agt navorsingdeelnemers gevoer. Die deelnemers sluit onderwyseresse, assistente, ‘n leerondersteuningsonderwyseres en ‘n leerondersteuningsadviseur van drie onderskeie skole in. Die deelnemers is deur middel van die doelgerigte en sneeubal metode geselekteer. Die data het getoon dat effektiewe praktyk in bronklasse deur duidelike kommunikasie, samewerking en ‘n goeie verhouding tussen onderwysers en assistente geoptimaliseer word. Effektiewe praktyk kan dan ook verhinder word deur die afwesigheid van onderwyser-leierskap, opleidingsgeleenthede en spanwerk, en die negatiewe houdings van personeel. Die belangrike rol wat assistente as grensbemiddelaar tussen onderwysers en leerders en tussen die gemeenskap en die skool speel, is ook beklemtoon. Hierdie studie dra by tot ‘n beter begrip van die rolle wat assistente in bronklasse in voldiensskole speel, die ervaringe wat hulle hier het en hoe hulle ondersteun kan word om optimaal tot hul werksplek by te dra. Die gevolgtrekking van hierdie studie is dat sterk verhoudinge tussen onderwysers en assistente ‘n kernfaktor is vir effektiewe samewerking in ‘n bronklas, bereiking van die doel van die stelsel en die aanwending van assistente se vaardighede tot voordeel van die stelsel.

Description
Thesis (MEdPsych)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Teachers' assistants -- Attitudes -- South Africa, Mainstreaming in education -- South Africa, Inclusive education -- South Africa, UCTD