An exploration of social entrepreneurship in Khayelitsha, South Africa : supporting local solutions to local problems through transdisciplinary research
Date
2021-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: South Africa finds itself in what could be described as a socio-economic crisis characterised by sluggish economic growth, political instability, high unemployment and extreme levels of inequality. In the literature there are a variety of suggestions on how integrated and sustainable urban development in South Africa could be achieved. There is a growing need for bottom-up and collaborative approaches that empower members of disadvantaged social groups. This is highlighted in a variety of policy documents and research papers. In this thesis it is argued that locally embedded social entrepreneurs in disadvantaged contexts present one possible opportunity in which bottom-up and integrated urban development could be realised. The lack of effective government and developmental interventions has forced local residents of disadvantaged communities to find solutions to their own challenges. It is suggested that the individuals who are exposed to the challenges relating to the socio-economic have an important role to play in identifying contextually relevant pathways for addressing the challenges. Through a deeply embedded transdisciplinary research (TDR) project in an Urban Living Lab (ULL) in Khayelitsha, it was observed that many residents use a social entrepreneurial approach to address the socio-economic challenges faced by their communities. It was however found that the success of locally embedded social entrepreneurs is seriously limited by the contextual constraints of the geographic setting in which they are embedded. The aim of this thesis is to recommend contextually relevant ways in which the practices of local social entrepreneurs in Khayelitsha could be supported. It is argued any intervention of this kind needs to adhere to the unique characteristics and challenges of the social entrepreneur as an actor embedded in a specific context. Upon reviewing the literature, it was found that social entrepreneurship is a seriously understudied and under-developed phenomenon in South Africa. This holds particularly true in disadvantaged contexts such as townships where urban socio-economic challenges are generally concentrated. A variety of authors from across the world have highlighted the need for contextualised empirical studies that explore the ways in which context shapes the characteristics and challenges of social entrepreneurs. Exploring the contextuality of social entrepreneurship offers key insights for a more globalised theoretical development of the field. The qualitative data included in the research emerged from collaborations and engagements with locally embedded social entrepreneurs in Khayelitsha. This emergent data contributes to a more contextually nuanced theoretical and practical understanding of social entrepreneurship in township contexts. Through an abductive approach of marrying the relevant literature with observations and insights that emerged from the fieldwork, this thesis found that there are a variety of characteristics and challenges that could be attributed to the embeddedness of the social entrepreneur within the context of Khayelitsha. These challenges and characteristics highlight contextually relevant ways in which relevant stakeholders could support local social entrepreneurs as a means to drive bottom-up socio-economic development from within the most deprived localities. The thesis concludes with key recommendations for future research and practice, driven by the energy and tacit knowledge of social entrepreneurs embedded in township contexts.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika beleef tans wat ’n mens ’n sosio-ekonomiese krisis sou kon noem, met die kenmerkende trae ekonomiese groei, politieke onstabiliteit, hoe werkloosheidsyfer en uiterste vlakke van ongelykheid. Die literatuur noem ’n verskeidenheid moontlike maniere om geintegreerde en volhoubare stedelike ontwikkeling in Suid-Afrika te bewerkstellig. Daar is ’n toenemende behoefte aan “van-onder-na-bo”- en samewerkende benaderings wat lede van benadeelde maatskaplike groepe bemagtig. Dít blyk duidelik uit verskeie beleidsdokumente en navorsingswerk. Hierdie tesis stel dit dat plaaslik ingebedde maatskaplike entrepreneurs in benadeelde kontekste een moontlike meganisme daarstel om van-onder-na-bo- en geintegreerde stedelike ontwikkeling te verwesenlik. Die gebrek aan doeltreffende regerings- en ontwikkelingsintervensies het plaaslike inwoners van benadeelde gemeenskappe daartoe gedryf om self oplossing vir hulle uitdagings te vind. Die argument is dat die individue wat blootgestel is aan die uitdagings wat met sosioekonomiese krisisse gepaardgaan, die beste daarvoor toegerus is om kontekstueel tersaaklike uitwee te vind waarvolgens daardie uitdagings aangepak kan word. ’n Diep ingebedde transdissiplinere navorsingsprojek (TDN-projek) is by ’n stedelikeleefwyse-laboratorium (SLL) in Khayelitsha uitgevoer. Dit het aangetoon dat talle inwoners ’n benadering van sosiale entrepreneurskap volg om die sosio-ekonomiese uitdagings te oorkom waaronder hulle gemeenskappe gebuk gaan. Daar is egter bevind dat die geslaagdheid van plaaslik ingebedde sosiale entrepreneurs ernstig belemmer word deur die kontekstuele beperkings van die geografiese omgewing waarbinne hulle ingebed is. Die oogmerk van hierdie tesis is om kontekstueel tersaaklike maniere uit te wys waarop die praktyke van plaaslike sosiale entrepreneurs in Khayelitsha ondersteun kan word. Daar word betoog dat die mees gepaste manier waarop belanghebbendes by ontwikkeling dit kan bereik, is om by te dra tot ’n instaatstellende omgewing waarbinne sosiale entrepreneurs kan floreer. ’n Oorsig van die literatuur het getoon dat sosiale entrepreneurskap ’n uiters onderbestudeerde en onderontwikkelde verskynsel in Suid-Afrika is. Dit is die geval veral in benadeelde kontekste soos krotbuurte, waar sosio-ekonomiese uitdagings gewoonlik gekonsentreerd voorkom. Verskeie outeurs vanoor die wereld het die behoefte uitgelig aan gekontekstualiseerde empiriese navorsing wat die maniere ondersoek waarop konteks aan die eienskappe en uitdagings van sosiale entrepreneurs help vorm gee. ’n Ondersoek van die kontekstualiteit van sosiale entrepreneurskap bied sleutelinsigte vir meer globale teoretiese ontwikkeling van die vakgebied. Die kwalitatiewe data wat in hierdie navorsing gebruik is, is die produk van samewerking met en inskakeling by plaaslik ingebedde sosiale entrepreneurs in Khayelitsha. Die data wat opgelewer is, dra by tot ’n meer kontekstueel genuanseerde teoretiese en praktiese begrip van sosiale entrepreneurskap in krotbuurtkontekste. Deur ’n abduktiewe benadering te volg wat die tersaaklike literatuur in verband bring met waarnemings en insigte wat uit die veldwerk na vore gekom het, het hierdie tesis bevind dat daar ’n verskeidenheid eienskappe en uitdagings is wat die ingebedheid van die sosiale entrepreneur binne die konteks van Khayelitsha kenmerk. Hierdie uitdagings en eienskappe wys kontekstueel tersaaklike maniere uit waarop die betrokke belanghebbendes plaaslike sosiale entrepreneurs kan ondersteun as ’n meganisme om van-onder-na-bo- sosio-ekonomiese ontwikkeling vanuit die mees behoeftige loki voort te stu. Die tesis sluit af met sleutelaanbevelings vir toekomstige navorsing en praktyk wat gerig word deur die energie en verswee kennis van sosiale entrepreneurs wat in krotbuurtkontekste ingebed is.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2021.