An evaluation of TraClus-DL as a diagnostic tool for road transportation supply in the South-African local planning context: a case study of the town of Stellenbosch

Date
2021-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Travel demand management (TDM), transportation systems management (TSM) and the integration of land use and transportation planning are important alternative relief measures to the increased provision of road infrastructure for South Africa’s saturated urban road networks. The optimal implementation of these strategies requires a comprehensive understanding of travel demand. In South Africa, the present origin-destination (O-D) data sources are transport demand models, household travel surveys and other O-D surveys (although not accessible to many municipalities). These are, however, cost- and data-intensive. This study evaluates commercially-available, historical O-D floating car data (FCD) as a plausible solution to this data-source problem. As an application to O-D FCD, the main aim of this research is to evaluate TraClus-DL as a diagnostic tool for road transportation supply in the South African local planning context. TraClus-DL is a density-based partition-and-group clustering method that identifies travel demand corridors. The town of Stellenbosch serves as the case study for this research. This study compares the complexity of the application of TraClus-DL to that of the standard South African road congestion performance measures. It visualises travel demand corridors for the AM and PM peak period, and then determines the efficiency of the transportation supply network by means of the collective distortion indicator (CDI), collective remoteness indicator (CRI) and dynamic time warping (DTW) trajectory similarity measure. Based on the output, the study then comments on the strategies for congestion relief proposed in the latest Spatial Development Framework (SDF) and Comprehensive Integrated Transport Plan (CITP) of the Stellenbosch municipality. Moreover, the research aims to recommend additional or alternative strategies for congestion relief in Stellenbosch in terms of TDM and TSM. The results show that commercially-available, historical O-D FCD is a valuable data source for assessing existing travel demand, and that TraClus-DL is a relatively simple tool to use. The visualisation of demand corridors alone was found to be useful for spatial and transport planning purposes. The CDI was likewise found to be adequate in terms of the network supply efficiency measures. The CRI and DTW results were only deemed valuable for comparative studies. The results of this research support the majority of the prioritised spatial and transport plans and proposals outlined in the SDF and CITP of the Stellenbosch municipality. The TraClus- DL outputs back the plans for transit oriented development and can, in general, inform the municipality where residential development can continue or be initiated and where it should be delayed until road capacities are increased or attractive public transport alternatives become available. The study recommends a prioritisation of the various routes of the proposed public transport networks, as well as the most feasible location for the central terminal. The most valuable application of travel demand corridors was found to be in analysing the desired function of roads and recommending the most effective use of the transportation supply network. Since many South African municipalities do not have a comparable alternative to TraClus-DL at their disposal, the combination of commercially-available, historical O-D FCD, TraClus-DL and, to some extent, transport supply network efficiency measures is seen to be of significant value to these authorities.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die bestuur van die vraag na vervoer, die bestuur van vervoersisteme, en die integrasie van grondgebruik- en vervoerbeplanning is belangrike alternatiewe maatreels om die vlakke van opeenhoping op stedelike padnetwerke in Suid-Afrika te verlig. Die optimale implementering van hierdie alternatiewe strategieë vereis ‘n omvattende begrip van reisbehoeftes. Die belangrikste bronne van oorsprong-bestemming data in Suid-Afrika is verkeersvraag modelle, huishoudelike verkeersopnames, en ander vorme van oorsprong-bestemming opnames (alhoewel nie toeganklik vir meeste munisipaliteite nie). Hierdie metodes is egter almal koste- en data-intensief. Hierdie studie evalueer kommersieel beskikbare historiese bewegende oorsprong-bestemming voertuigdata as ‘n alternatiewe oplossing vir hierdie probleem. Die hoofdoelwit van hierdie studie is om TraClus-DL (as ‘n toepassing van bewegende oorsprong-bestemming voertuigdata) te evalueer as ‘n diagnostiese instrument vir padvervoervoorsiening in die Suid-Afrikaanse plaaslike regering konteks. TraClus-DL is ‘n digtheidgebaseerde verdeel-en-groepeer metode om vervoerkorridors te identifiseer. Die studie vergelyk die vlak van kompleksiteit van die toepassing van TraClus-DL met standaard verkeersopeenhopings aanduiders. Dit visualiseer erkeersbehoefte korridors vir beide die voor- en namiddag spitsperiodes en bepaal dan die effektiwiteit van die vervoernetwerk deur middel van die gesamentlike afwykings aanwyser, die gesamentlike afgesonderdheids indeks, en die dinamiese tydafwykings roete vergelykbaarheidsindeks. Hierdie resultate word dan gebruik om kommentaar te lewer op die voorstelle vir verligting van verkeersopeenhoping soos vervat in die mees onlangse weergawes van die Stellenbosch Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk en die Geïntegreerde Vervoerplan. Die navorsing het ook ten doel om addisionele alternatiewe strategieë vir die verligting van verkeersopeenhoping aan te beveel. Die resultate toon aan dat die kommersieël beskikbare historiese bewegende oorsprong-bestemming voertuigdata ‘n waardevolle bron van inligting kan wees om bestaande verkeersbehoeftes te bepaal, en dat TraClus-DL ‘n relatief eenvoudige instrument is om te gebruik. Die visualisering van verkeersbehoefte korridors is baie bruikbaar vir beide ruimtelike en vervoerbeplannings doeleindes. Daar is ook bevind dat die gesamentlike afwykings aanwyser voldoende kan wees as ‘n aanduider van die effektiwiteit van die vervoernetwerk. Die gesamentlike afgesonderdheids indeks, en die dinamiese tydafwykings roete vergelykbaarheidsindeks is egter net van waarde vir vergelykende studies. Die resultate van die navorsing ondersteun die meerderheid van die geprioritiseerde voorstelle soos geïdentifiseer in die Stellenbosch Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk en die Geïntegreerde Vervoerplan. Die TraClus-DL resultate ondersteun die voorstelle vir openbare vervoer georieënteerde ontwikkeling en kan aanduidings gee van waar verdere ontwikkeling ondersteun kan word en waar dit eers uitgestel moet word totdat die padnetwerkkapasiteit uitgebrei is of tot wanneer openbare vervoer alternatiewe beskikbaar is. Die resultate beveel ook spesifieke roetes aan wat geprioritiseer behoort te word as deel van die openbare vervoernetwerk asook die optimale ligging vir ‘n sentrale terminus. ‘n Verdere waardevolle toepassing van die verkeersbehoefte korridors is die gebruik daarvan om die mees geskikte funksionele klassifikasie van die die padnetwerk te bepaal. Aangesien die meeste Suid-Afrikaande munisipaliteite nie ‘n vergelykbare alternatief vir TraClus-DL tot hul beskikking het nie, word die kombinasie van kommersieël beskikbare historiese bewegende oorsprong-bestemming voertuigdata, TraClus-DL, en die vervoernetwerk effektiwiteits aanduiders beskou as van beduidende waarde vir toepassing in beide ruimtelike- en vervoerbeplanning op munisipale vlak.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2021
Keywords
Citation