An assessment of regional integrated development planning in Eswatini

Date
2021-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Regional integrated development planning was incorporated into policy to equally distribute development among administrative regions and rural and urban areas in Eswatini. While the goal was to reduce poverty, rural poverty has reduced at a slow pace for the population. This research was undertaken to evaluate the implementation of regional integrated development planning and to gain knowledge of the operational aspects. Research on integrated development planning in Eswatini largely focuses on implementation by urban subnational government. This investigation provides an overview of development planning by the Regional Government, which oversees Tinkhundla areas in rural Eswatini. For this reason, the entire decentralisation system was studied to understand government administration via the Tinkhundla System. The investigation included an analysis of the intergovernmental relations of all levels of government and the application of Eswatini Law and Custom in conjunction with Roman-Dutch Common Law. An exploratory, qualitative research approach was adopted. Primary data were collected from key informants through unstructured expert interviews. Secondary data from legislation, government reports and publications, as well as published and unpublished work on the topic were also collected for a comprehensive examination. Findings from this research pointed to a weak legislative framework, which has had adverse implications for integrated development planning at the Regional Level, subnational government reform, decentralisation management and policy coordination. Consequently, the major recommendations arising from the research are connected to the codification of Eswatini Law and Custom and the establishment of an enabling legislative framework, particularly the enactment of the Tinkhundla and Regional Administration Bill of 2014. Legislation is crucial for the creation of a legal basis to merge urban and rural subnational government, institutional reform of the decentralised system in Eswatini and elimination of operational ambiguity caused by Chieftaincy-related issues in the development process.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Streekgeïntegreerde ontwikkelingsbeplanning is in beleid opgeneem om ontwikkeling eweredig onder administratiewe streke en landelike en stedelike gebiede in Eswatini te versprei. Terwyl die bedoeling was om armoede te verminder, is armoede in die landelike bevolking teen 'n uiters stadige tempo verlaag. Hierdie navorsing is onderneem om die implementering van streeks-geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning te evalueer om kennis oor die operasionele aspekte op te doen. Navorsing oor geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning in Eswatini is grootliks op implementering deur stedelike subnasionale regering gerig. Hierdie ondersoek bied 'n oorsig van ontwikkelingsbeplanning deur die plaaslike regering, wat toesig hou oor Tinkhundla-gebiede in landelike Eswatini. Om hierdie rede is die hele desentralisasiestelsel bestudeer om regeringsadministrasie via die Tinkhundla-stelsel te verstaan. Dit omsluit 'n ontleding van die interregeringsverhoudinge van alle regeringsvlakke en die tweeledige toepassing van Swati Wetgewing en Gewoonte in samehang met die Romeins-Hollandse gemenereg. ’n Ondersoekende, kwalitatiewe navorsingsbenadering is toegepas. Primêre gegewens is met behulp van ongestruktureerde kundige onderhoude met belangrike informante versamel. Sekondêre gegewens uit wetgewing, regeringsverslae en publikasies, sowel as gepubliseerde en ongepubliseerde werk oor die onderwerp, is ook vir uitgebreide ondersoek ingesamel. Bevindinge uit hierdie navorsing dui op 'n swak wetgewende raamwerk wat nadelige gevolge gehad het vir geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning op streeksvlak en vir subnasionale regeringshervorming, desentralisasiebestuur en beleidskoördinering. Die belangrikste aanbevelings wat uit die navorsing voortspruit is gevolglik aan die kodifisering van Swati Wetgewing en Gewoonte en die daarstelling van wetgewende raamwerke gekoppel, veral die instelling van die Tinkhundla Wetsontwerp op Plaaslike Ontwikkeling en Administrasie van 2014. Wetgewing is van kardinale belang vir die skepping van 'n wetlike grondslag om stedelike en landelike subnasionale regering saam te smelt, vir die institusionele hervorming van die gedesentraliseerde stelsel in Eswatini en die opheffing van die bedryfsdubbelsinnigheid wat deur hoofmanskapverwante probleme in die ontwikkelingsproses ontstaan.
Description
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Regional planning -- Evaluation -- Eswatini, Regional integrated development planning -- Eswatini, UCTD
Citation