Riglyne vir die ontwerp van 'n Afrikaanse tweedetaalsillabus op universiteitsvlak

Date
2021-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The use of Afrikaans as a language of instruction atSouth African universities is declining every year. Various Afrikaans departments in South Africa still offer modules and/or short courses for non-mother tongue speakers of Afrikaans, but there is still a decrease in the number of students doing Afrikaans modules. The problem, however, is that there are no guidelines in place according to which Afrikaans Language Acquisition courses are designed. Lecturers are often uncertain about what they should teach about Afrikaans,and each student's expectations differ. I therefore start the study by asking the following main research question: What would a general teaching model for an Afrikaans Language Acquisition course look like? Furthermore, I also identify sub-research questions, namely: What approaches are there according to which Language Acquisition syllabi can be designed? Which of these approaches are suitable for an Afrikaans Language Acquisition course? Which factors must be considered when compiling guidelines for a syllabus for a general Language Acquisition course? And finally, why is it necessary to have guidelines in place for the syllabus of an Afrikaans Language Acquisition course? Each of the research questions is answered throughout the study. The study is introduced in chapter 2 and chapter 3 by an investigation of different approaches towards syllabus design, as described by several authors –Karl Krahnke (1987), David Nunan(1988 and 2010), Diane Larsen-Freeman and Marti Anderson (2011), Elbie Adendorff (2012a and 2012b)and Jack Richards and Theodore Rodgers (2017)–where all the positive as well as negative aspects of each of the approaches are given. Chapter 4 serves as the methodology for the model where various factors that influence the model, are described. Factors include the role of the student and the role of the lecturer, as well as the role that resources play in designing a language acquisition course. This serves as the foundation for the model. Chapter 5, comprising the model, answers the main research question.The aim of the study is to conduct a thorough investigation into which syllabus design approach would be best suited for an Afrikaans Language Acquisition course. The approach/es is/are then used to create a guideline for a model for an Afrikaans Language Acquisition course at university level. Emphasis is placed on the academic skills, while each of the four main learning outcomes, viz. writing, reading, listening,and speaking, is dealt within detail in the model. The study focuses on the compilation of a generic model that can serve as a guideline according to which lecturers can compile a general language acquisition syllabus for Afrikaans as a Second Language at university. The study stems from research conducted by Adendorff (2012a) and Greyling (2014) and provides an innovative contribution to the offering of Language Acquisition courses. Although the thesis focuses on Afrikaans Language Acquisition, the guidelines for syllabus design can also be applied to other languages.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal aan Suid-Afrikaanse universiteite is elke jaar besig om af te neem. Verskillende Afrikaans departemente in Suid-Afrika bied steeds modules en/of kortkursusse vir niemoedertaalsprekers van Afrikaans aan, maar daar is steeds ’n afname in die hoeveelheid studente wat Afrikaanse modules neem. Die probleem is egter dat daar geen riglyne is waarvolgens Afrikaanse taalverwerwingskursusse aangebied word nie. Dosente is dikwels onseker oor wat hulle met betrekking tot Afrikaans moet onderrig, en elke student se verwagtinge verskil. Ek lei die studie in deur die volgende hoofnavorsingsvraag te stel: Hoe sal ’n algemene onderrigmodel vir ’n Afrikaanse taalverwerwingskursus lyk? Verder identifiseer ek ook subnavorsingsvrae, naamlik: Watter benaderings is daar waarvolgens taalverwerwingsillabusse ontwerp kan word? Watter benaderings is geskik vir kursusse vir Afrikaanse taalverwerwing? Watter faktore moet in ag geneem word wanneer riglyne vir ’n sillabus vir ʼn algemene taalverwerwingskursus saamgestel word? En laastens, waarom is dit nodig om riglyne vir die sillabus van ’n Afrikaanse taalverwerwingskursus te hê? Elk van die navorsingsvrae word deur die loop van die studie beantwoord. Die studie word ingelei in hoofstuk 2 en hoofstuk 3 deur ’n ondersoek na verskillende sillabusontwerpbenaderings soos deur verskeie outeurs beskryf– (Karl Krahnke(1987), David Nunan (1988 en 2010), Diane Larsen-Freeman en Marti Anderson (2011), Elbie Adendorff (2012a en 2012b)en Jack Richards en Theodore Rodgers (2017)–waar sowel die positiewe as die negatiewe aspekte van elk van die benaderings weergegee word. Hoofstuk 4 dien as metodologie vir die model, waar verskeie faktore wat die model beïnvloed, beskryf word. Faktore sluit in die rol van die student, die rol van die dosent, asook die rol wat hulpbronne speel. Dit dien as die basis vir die model. Hoofstuk 5, met die model, beantwoord die hoofnavorsingsvraag. Die doel van die studie is ’n deeglike ondersoek na welke sillabusontwerpbenadering/s die beste gepas sal wees vir ’n Afrikaanse taalverwerwingskursus. Die benadering/s word dan gebruik om ’n riglyn vir ’n model vir ’n Afrikaanse taalverwerwingskursus op universiteitsvlak te skep. Daar word veral klem gelê op die akademiese vaardighede, terwyl elk van die vier hoofleeruitkomstes, naamlik skryf, lees, luister en praat, breedvoerig in die model uiteengesit word. Die studie fokus op die saamstel van ʼn generiese model wat as riglyn kan dien waarvolgens dosente ’n algemene taalverwerwingsillabus vir Afrikaans as tweede taal op universiteit kan saamstel. Die studie spruit uit navorsing gedoen deur Adendorff (2012a) en Greyling (2014), en verskaf ’n vernuwende bydrae tot die aanbied van taalverwerwingskursusse. Alhoewel die tesis se fokus op Afrikaanse taalverwerwing is, kan die riglyne vir sillabusontwerp ook op ander tale toegepas word.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Second language syllabus guidelines, Foreign language acquisition, Language of instruction, Afrikaans language -- Acquisition, UCTD
Citation