Performance Evaluation of Wireless Communication in a Modular Heliostat Field.

Date
2021-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Concentrating Solar Thermal (CST) is differentiated from other renewable energy technologies by the ability to store large amounts of thermal energy cost-effectively. CST, and especially Central Receiver Systems (CRS), still require further develop- ment to drive down the Levelised Cost of Electricity (LCOE) to remain economi- cally competitive in the renewable energy market. Heliostats are used in CRS to reflect sunlight onto a central receiver. Data trans- mission is required between a central server and Local Control Units (LCUs) to enable high precision tracking, over-the-air calibration updates, and swift emer- gency reaction. Wireless communication technologies have shown both capital cost and construction time saving potential for CST plants, but practical performance knowledge of operation in heliostat fields is limited. The purpose of this study is to evaluate the feasibility of wireless communica- tion within a CST field b y m eans o f p ractical t ests a imed t o d etermine t he influ- ence of interference, dense networks, and transmission range on the network per- formance. The project forms part of the H2020 PREMA project, which aims to advance novel energy systems in the drying and pre-heating of furnace manganese ore. A communication network consisting of 50 LCUs, capable of controlling 300 heliostats, was designed and implemented to simulate data transmission in a CST network. Performance experiments were conducted at the Helio100 site to de- termine the effect of various performance limiting factors. Experimental results showed a high performing, robust wireless communication system with a worst- case polling rate of 0.79 s, which satisfies a m ajor r equirement o f t he communi- cation network. The thesis concludes that wireless communication is feasible in a CST field, which could lead to the reduction of capital costs and construction time, reducing the LCOE of CST plants.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Gekonsentreerde Sonkrag (GSK) word onderskei van ander hernubare energie tegnologieë deur die vermoë om groot hoeveelhede termiese energie koste effektief te stoor. Gekonsentreerde sonkrag, en veral sentrale ontvangersisteme, benodig nog verdere ontwikkeling om die gelykte koste van elektrisiteit te verlaag om ekonomies kompeterend te bly in die hernubare energie mark. Heliostate word in sentrale ontvangersisteme gebruik om sonlig op ’n sentrale ontvanger te weerkaats. Data-oordrag is nodig tussen ’n sentrale bediener en plaas- like beheer eenhede om hoë akkuraatheid volgingsbeweging, oor die lug kalibrasie- opdaterings en vinnige noodreaksie moontlik te maak. Draadlose kommunikasie- tegnologie het die potensiaal vir kapitaal kostebesparings en konstruksie tydbespa- rings vir GSK-aanlegte getoon, maar praktiese kennis oor die netwerk gedrag in heliostaat velde is beperk. Die doel van hierdie studie is om die uitvoerbaarheid van draadlose kommunika- sie binne ’n sentrale ontvangersisteem te evalueer aan die hand van praktiese toetse om die invloed van interferensie, digte netwerke en die transmissie afstand, op die netwerk werking te bepaal. Die projek vorm deel van die H2020 PREMA-projek, wat streef om nuwe energie stelsels te bevorder vir die droog en voorverhitting pro- ses van mangaanerts. ’n Kommunikasienetwerk bestaande uit 50 plaaslike beheer eenhede, wat 300 heliostate kan beheer, is ontwerp en geïmplementeer om data-oordrag in ’n gekon- sentreerde sonkrag netwerk te simuleer. ’n Eksperimentele ondersoek is op die Helio100-terrein gedoen om die effek van verskillende netwerk beperkende faktore te bepaal. Eksperimentele resultate toon ’n hoë prestasie, robuuste draadlose kommuni- kasiestelsel wat, in die slegste geval, die hele netwerk binne 0.79 s kan bedien en so ’n hoofvereiste van die kommunikasie netwerk bevredig. Die tesis het tot die gevolgtrekking gekom dat draadlose kommunikasie binne ’n GSK heliostaat veld uitvoerbaar is en dat dit moontlik tot ’n verlaging in kapitaal koste en konstruksie tyd in sentrale ontvangersisteme kan lei en die gelykte koste van elektrisiteit van gekonsentreerde sonkrag aanlegte kan verminder.
Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Solar thermal power systems, Heliostat, Wireless Communication, ZeroMQ, UCTD, Wireless communication systems -- Perfomance evaluation
Citation