Global citizenship education for Zimbabwean teachers : the case of the connecting classrooms programme

Date
2020-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Academic literature has revealed critical debates on the role of education in the current global world. There are various local, regional and global problems which call for responsible action. These include climate change and combating environmental degradation, pollution, terrorism, poverty, outbreak of diseases, civil conflicts, and these pose severe problems to humanity and animals. Education managers are called upon to craft policies for addressing these challenges by designing a curricula and process of education to reflect skills and values for human rights, humanitarian norms, peaceful resolution of conflicts, sustainable development and other issues as elements of local, national and global citizenship. Critics keep questioning whether contemporary citizens need to play a more active role in the global village and people in Zimbabwe, who live in an international cosmopolitan universe, are certainly no exception. The global development trend in citizenship education is consequently unavoidable. It is a pity that global citizenship education did not attract the attention of local school educators and researchers until the end of the last millennium. Before that, not so many relevant research reports were published in Zimbabwe. Of the limited number of research studies, none is related to the understanding and explanation of teachers’ perception of what global citizenship education would entail in Zimbabwe. This study attempts to bridge this gap. The formulation and implementation of the new Zimbabwe Curriculum Framework demonstrates the commitment of the Ministry of Primary and Secondary Education in Zimbabwe (MoPSE:2015) to develop an education system that has integrity and is accepted and respected both locally and internationally. According to MoPSE (2015), the Zimbabwe Curriculum Framework should shift from being content-based to a competency-based curriculum which focuses on the learners’ capacity to apply knowledge, skills and attitudes in an independent, practical and responsible way. This would enable Zimbabwe to be competitive in its domestic market as well as to engage gainfully in the global market. Zimbabweans’ heritage, history, culture and traditions make them unique in their own country, in the region and in African and global contexts. Learners will be supported in developing and promoting their ethnic identity and stressing the linkages between local cultures and national identity. Intercultural understanding and tolerance will be promoted through learning about each other’s arts and crafts, music and dances, poems, rituals, cuisine and apparel rooted in indigenous knowledge systems (IKS). This thesis concludes by highlighting the significance of global citizenship education in Zimbabwe. The purpose of the study was to investigate the experiences and views of selected teachers who participated in the Connecting Classrooms Programme (CCP), a programme underpinned by the philosophy of Global Citizenship Education (GCE). According to Ministry of Primary and Secondary Education (2015), the Zimbabwean curriculum is lagging behind with respect to 21st century non-cognitive skills. The curriculum emphasises the development of strong content knowledge at the expense of critical skills and core competencies for life and work. The MoPSE in Zimbabwe places the emphasis mainly on local heritage and national pride; hence it needs to be widened to include an international dimension in order to equip learners with the skills they need in this rapidly changing environment. This study examines the factors influencing the formation of the experiences and perceptions of Zimbabwean teachers who teach in schools where the Connecting Classrooms Programme is implemented. Data were collected through a mixed method approach comprising a questionnaire survey and follow-up interviews and focus group discussions. This study is a mixed-methods study that includes positivist and phenomenological elements. The positivist component measures teachers’ views of GCE and the phenomenological component of their lived experiences of being directly involved in the Connecting Classrooms Programme, which is a curriculum-based programme employing methods of instruction aligned to global citizenship education. The data analysis is based on the principles of pragmatism, i.e. blending both positivism and phenomenological approaches within a largely pragmatic framework, as the researcher acknowledges the importance of both approaches in answering the research questions posed. The two-fold purpose of the research is to measure teachers’ views of GCE and to understand their lived experiences of GCE through the Connecting Classrooms Programme in terms of meaning-making. The key findings are that teachers view CCP as a vehicle for transmitting GCE to the learners and that the Programme was found to be influential in shaping their global perception of citizenship education. The findings of the study have implications for the policy and practice of preparing competent school civic educators in the new global era of civic education. In practice, pre-service and in-service teacher education programmes in Zimbabwe should be better equipped to suit the contextual needs and global developments identified in the study. On the policy side, education policy makers are expected to work hand in hand with all the stakeholders such as teachers, school leaders and teacher educators to ensure adequate provision of teacher education opportunities for civic education teachers in Zimbabwe. A deeper examination of the teachers’ perceptions of GCE and how they experienced CCP in the curriculum revealed an uncritical perspective, one which emphasizes an increase in the awareness of global issues such as environmental sustainability, peace and conflict resolution, social justice etc. rather than unpacking the structural conditions that bring about social injustices such as neo-colonialism.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die afgelope aantal dekades is Globale-burgerskapopvoeding, of te wel Global Citizenship Education (GCE), terug op koers. Die rede hiervoor is die bewuswording by regerings in verskeie jurisduksies van ‘n toenemende behoefte aan verantwoordelike optrede en toegewyde deelname deur burgerlikes. Met die groterwordende invloed van globalisering word konvensionele beskouings van burgerlike opvoeding uitgedaag. Kritici bevraagteken voortdurend die nodigheid daarvan dat die hedendaagse burgerlike meer aktief in die wereldstad betrokke behoort te wees en die mense in Zimbabwe, wat hulle daagliks in ‘n internasionale kosmopolitaanse sfeer bevind, is sekerlik geen uitsondering nie. Beinvloeding deur wereldwye tendense in burgerskapopvoeding is onvermydelik en dit is ‘n jammerte dat Globale-burgerskapopvoeding nie reeds voor die einde van die laaste millennium die aandag van plaaslike opvoeders en navorsers getrek het nie. Voorheen is min relevante navorsingsverslae in Zimbabwe gepubliseer en nie een van hierdie beperkte aantal navorsingsondersoeke is gemoeid daarmee om onderwysers se opvattings oor die aard van Globale-burgerskaponderwys in Zimbabwe te verduidelik en te verstaan nie. Met die studie word daar ‘n poging aangewend om hierdie leemte te vul. Die formulering en implementering van ‘n nuwe kurrikulumraamwerk vir Zimbabwe getuig van die toewyding van die Minister van Primere en Sekondere Onderwys (MoPSE) aan die ontwikkeling van ‘n onderwysstelsel wat van integriteit spreek en wat plaaslik, sowel as internasionaal, aanvaar en gerespekteer kan word. Volgens die narratiewe verslag, verskuif die fokus met die Nuwe Kurrikulumraamwerk vir Zimbabwe (soos wat dit bekendstaan) van ‘n inhoudsgebaseerde kurrikulum na ‘n bevoegdheidsgebaseerde een, wat dit ten doel stel om leerders se vermoens te slyp om kennis toe te pas en hulle vaardighede en gesindhede op ‘n onafhanklike, praktiese en verantwoordelike wyse te ontwikkel. Dit behoort Zimbabwe in staat te stel om mededingend te wees in die plaaslike mark, sowel as om suksesvol betrokke te raak in wereldmarkte. Zimbabwiers se erfenis, geskiedenis, kultuur en tradisies maak hulle uniek; nie net in hulle eie landstreek en in Afrika as ‘n geheel nie, maar beslis ook wereldwyd. Ondersteuning behoort aan leerders gegee te word in hulle ontwikkeling en bevordering van ‘n etniese identiteit en die verband tussen plaaslike kulture en nasionale identiteit kan beklemtoon word. Voorts kan Die formulering en implementering van ‘n nuwe kurrikulumraamwerk vir Zimbabwe getuig van die toewyding van die Minister van Primere en Sekondere Onderwys (MoPSE) aan die ontwikkeling van ‘n onderwysstelsel wat van integriteit spreek en wat plaaslik, sowel as internasionaal, aanvaar en gerespekteer kan word. Volgens die narratiewe verslag, verskuif die fokus met die Nuwe Kurrikulumraamwerk vir Zimbabwe (soos wat dit bekendstaan) van ‘n inhoudsgebaseerde kurrikulum na ‘n bevoegdheidsgebaseerde een, wat dit ten doel stel om leerders se vermoens te slyp om kennis toe te pas en hulle vaardighede en gesindhede op ‘n onafhanklike, praktiese en verantwoordelike wyse te ontwikkel. Dit behoort Zimbabwe in staat te stel om mededingend te wees in die plaaslike mark, sowel as om suksesvol betrokke te raak in wereldmarkte. Zimbabwiers se erfenis, geskiedenis, kultuur en tradisies maak hulle uniek; nie net in hulle eie landstreek en in Afrika as ‘n geheel nie, maar beslis ook wereldwyd. Ondersteuning behoort aan leerders gegee te word in hulle ontwikkeling en bevordering van ‘n etniese identiteit en die verband tussen plaaslike kulture en nasionale identiteit kan beklemtoon word. Voorts kan interkulturele begrip en verdraagsaamheid bevorder word deur meer van mekaar se kuns, handwerk, musiek en dans, digkuns, rituele, kookkuns en kleredrag, gesetel in inheemse kennissisteme (IKS), te leer. Tydens die ondersoek is tot hierdie gevolgtrekkings gekom en die belangrikheid van Globale-burgerskaponderwys in Zimbabwe is bevestig. Die doel van die studie was om die ervarings en beskouings van ‘n gekose groep onderwysers te ondersoek. Hierdie onderwysers het deelgeneem aan die Skakel-klaskamers-program (Connecting Classrooms Programme, CCP), ‘n program wat ondersteun word deur die beskouing van Globale-burgerskaponderwys (GCE). Volgens die Ministerie van Primere en Sekondere Onderwys (2015), gaan die Zimbabwiese kurrikulum mank aan die ontwikkeling van nie-kognitiewe vaardighede soos wat tans in die 21ste eeu vereis word. Die kurrikulum benadruk eerder die ontwikkeling van rigiede inhoudskennis en dit ten koste van kritiesnoodsaaklike vaardighede en kernbevoegdhede wat onontbeerlik in die lewe oor die algemeen is, maar ook belangrik is in die werkplek. Die MoPSE in Zimbabwe plaas die klem hoofsaaklik op plaaslike erfenis en nasionale trots terwyl dit nodig is dat kurrikulumverruiming plaasvind. Dit sal leerders toerus met die nodige vaardighede om in ‘n snelveranderende omgewing aan te pas. Hierdie studie ondersoek die beinvloedingsfaktore wat uit die inligting oor die ondervindinge en opvattings van Zimbabwiese onderwysers (wat skoolhou waar die Skakel-klaskamers-projek geld) spruit. Data is ingewin deur die aanwending van ‘n gemengde-metode-benadering bestaande uit ‘n vraelysondersoek, opvolgonderhoude en fokusgroepbesprekings. Die studie sluit positivistiese sowel as fenomenologiese elemente in. Die positivistiese komponent meet die onderwysers se beskouing van GCE en die fenomenologiese komponent lewer verslag oor onderwysers se ervaring van direkte betrokkenheid in die Skakel-klaskamers-program (CCP). Dit is ‘n kurrikulumgebaseerde program met instruksiemetodes ooreenstemmend aan Globale-burgerskapsonderwys. Die data-ontleding is gebaseer op die beginsels van pragmatisme en is byvoorbeeld ‘n vermenging van positivistiese sowel as fenomenologiese benaderings binne ‘n grotendeels pragmatiese raamwerk, aangesien die navorser die belang van albei hierdie benaderings erken en daarvolgens antwoorde op die navorsingsvrae verskaf. Die tweeledige doel van die navorsing is om onderwysers se opvattings oor GCE te bepaal en om te verstaan wat hulle lewenservarings rondom GCE is. Voorts word onderwysers se betekenisvorming op grond van die Skakel-klaskamers-program ondersoek. Die sleutelbevindings is dat onderwysers CCP as ‘n manier van GCE-oordrag na die leerders beskou en daar is ook vasgestel dat die program onderwysers se algemene opvatting oor burgerskaponderwys beinvloed. Die bevindings van hierdie studie blyk nuttig te wees vir beleidmaking en praktyke rakende die voorbereiding van bevoegde opvoeders in skole in die nuwe globale era van burgerskapopvoeding. In die praktyk behoort voordiens-, sowel as indiensonderwysopleidingsprogramme in Zimbabwe beter toegerus te wees om die kontekstuele behoeftes en globale ontwikkelings, soos geidentifiseer in die ondersoek, aan te spreek. Aan die beleidskant word verwag dat onderwysbeleidmakers soos onderwysers, skoolleiers en onderwyseropvoeders saam behoort te werk ten einde voldoende, gepaste voorsiening van onderwyseropvoedingsgeleenthede vir burgerskapopvoeders in Zimbabwe te verseker. ‘n Meer indiepteondersoek van die onderwysers se opvattings oor GCE en hoe hulle CCP in die kurrikulum ervaar, het ‘n kritieklose perspektief onthul; een wat benadruk dat daar ‘n toename is in die bewustheid van wereldkwessies soos omgewingsvolhoubaarheid, vrede en konflikoplossing, sosiale geregtigheid en dies meer, eerder as dat die kernoorsake van sosiale ongeregtighede, soos neo-kolonialsme, aandag geniet.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Citizenship -- Study and teaching -- Zimbabwe, Teachers -- Zimbabwe, Education -- Social aspects -- Zimbabwe, Education -- Zimbabwe, UCTD
Citation