Financial and partnership independence : a missiological study of the partnership relationships in the Reformed church in Zambia (RCZ) 1966-2016
Date
2020-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study deals with the issue of finance and partnership independence between the Reformed Church in Zambia (RCZ) and the Dutch Reformed Church Mission (DRCM) from 1966-2016 in South Africa. The study highlights the origin and development of the work of the Dutch Reformed Church Mission Free State in the Eastern Province of Zambia, focusing on the issue of finance and its bearings on the work of the emerging local Church. This study set out to answer the following research question: "How did the partnership of the Dutch Reformed Church Mission with the Reformed Church Zambia influence the mission of the RCZ?"
The study argues that missionary funding was critical to the emergence and development of the local Church in areas such as payment of the local clergy, the running of several infrastructures, and institutional funding. The study shows that with the emergence of political independence in Zambia, called 'Umwini', however, voices in the RCZ also started to surface, calling for Umwini from DRCM in the 1960s.
Faced with pressure, the missionaries granted Umwini to the local Church in 1966. The study shows that the sudden departure of the missionaries ushering local leadership presented financial and administrative challenges. Even though Umwini was granted, RCZ continued to request financial support from DRCM; Umwini was granted in a hurry, before the local leadership had sufficient administrative and managerial financial skills.
The study also found that in not adequately utilizing land as a resource in the years 1966 to 2016, the Church further undermined its efforts towards financial sustainability. Similarly, the study found that the running down of church projects and institutions over the years has been attributed to lack of development of resources, such as land, as the source of money to sustain the infrastructures of the church. The study observed that the lack of financial policy during Umwini further undermines financial transparency. Umwini was undermined precisely because the Church did not invest in its resources and other assets. Furthermore, clergy and lay leadership lacked entrepreneurial skills.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die kwessie van onafhanklikheid in terme van finansiering en vennootskap tussen die Gereformeerde Kerk in Zambië (RCZ) en die Nederduitse Gereformeerde Kerk Sending (NGKS) van 1966 tot 2016 in Suid-Afrika. Die studie fokus op die oorsprong en ontwikkeling van die werk van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Sending Vrystaat in die Oostelike provinsie van Zambië se finansiering, en die implikasies daarvan vir die werk van die ontwikkelende plaaslike kerk. Die navorsing spreek die vraag aan: "Hoe het die vennootskap van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Sending en die Gereformeerde Kerk in Zambië die sending van die RCZ beïnvloed?" Die studie argumenteer dat sending-befondsing noodsaaklik was vir die ontluiking en ontwikkeling van die plaaslik kerk op gebiede soos die betaling van plaaslike predikante, die instandhouding van infrastrukture en institusionele befondsing. Die studie toon egter ook dat met die ontstaan van politieke onafhanklikheid in Zambië, bekend as 'Umwini', daar in die 1960s ook stemme in die RCZ was wat gevra het vir Umwini van die NGKS. Sendelinge was onder druk en het in 1966 aan die plaaslike kerk Umwini toegestaan. Die studie toon dat die skielike vertrek van die sendeling en inleiding van plaaslike leierskap finansiële en administratiewe uitdagings gebied het. Die studie toon dat, hoewel Umwini gegee is, die RCZ voortgegaan het om finasiële steun van die NGKS te vra; Umwini is haastig gegee, voordat die plaaslike leierskap voldoende administratiewe en bestuurs-finansiële vaardighede ontwikkel het. Die studie het bevind dat deur nie grond voldoende te benut in die jare 1966 tot 2016 nie, die kerk verder sy pogings tot finansiële volhoubaarheid ondermyn het. Die agteruitgang van kerkprojekte en instansies oor die jare kan toegeskryf ook word aan ‘n gebrek aan die ontwikkeling van hulpbronne, soos grond, as ‘n bron van geld om die kerk-infrastrukture vol te hou. Die studie het opgemerk dat die gebrek aan finansiële beleide gedurende Umwini verder finansiële deursigtigheid ondermyn het. Die studie het bevind dat Umwini ondermyn is juis omdat die kerk nie in sy hulpbronne en ander bates belê het nie, en omdat predikante en leke-leierskap ‘n gebrek aan entrepreneur-vaardighede gehad het.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Indigenous church administration, Missions -- Zambia, Partnership, Reformed Church in Zambia, Missions -- Theory, UCTD