Diagnosis in the profession of pastoral caregiving : in search of a theological anthropological framework for Christian spiritual assessments in clinical practice

Date
2020-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study investigated the feasibility of the sanctuary model as a possible theological anthropological framework for diagnostic and treatment purposes in clinical pastoral practice. The Wilderness tabernacle matched the criteria for qualifying as a prototype sanctuary. The Wilderness tabernacle contains all the invariant components representative of all biblical sanctuaries, making it suitable as a model from which to launch the research. The building-sanctuary as a metaphorical ‘body’ for God was analogously linked with similar concepts in the human body-sanctuary in accordance with Paul’s sanctuary-related anthropological terms. The detailed descriptions in the book of Exodus as well as in the book of Hebrews provided a sound biblical foundation from which to launch the investigation of the sanctuary related concepts. The literature study threaded through the hermeneutical spiral from the text to the immediate and wider contexts of both the Old and New Testaments. The spiral continued through historic and systematic theology, landing in current applications in practical theology. In order to expand on the sanctuary metaphor for application in the praxis of clinical engagements in hospital and general pastoral caregiving, it is argued that the theological component in ministry and compassionate care should be supplemented by a pneumatological perspective on soul care and human embodiment. Thus, the proposal to supplement incarnation theology with inhabitational theology (the pneumatological dimension in a praxis and ministerial approach). The integrated sanctuary model developed from the analogous building-body investigation proved suitable as a theological anthropological framework, with indicators of Christian spirituality, suitable for diagnostic and treatment purposes in clinical practice. The visual aspects of the model aid the graphical representation of the spiritual indicators, for ease of interpretation and diagnosis. The indicators of Christian spirituality were presented along a spectrum of options shaped by historic interpretations of church doctrine and liturgy. The spectrum approach provides a broader platform from which patients can describe and interpret their responses to God within the therapeutic process. The study clarified a few concepts. Firstly, the sanctuary model provides a clear metaphoric trajectory of the pathway through the beginning and process of salvation. The pathway, however, does not give details of the lived experience of the patient, and this means that everyone has a unique story to tell of their divine-human encounter. Secondly, the impact of salvation is associated with a design alteration in the sanctuary model. The ontological and theological significance of this alteration is understood through the investigation of the tearing of the temple veil at Christ’s death, analogously associated with Christ’s flesh and the lifting of the veil for believers through salvation. Open access to God is likened to a circumcision of the heart for the enlightenment of the mind. Thirdly, the model clarifies the immense impact of the rite of baptism on the new creaturely identity of believers; the new status obtained through adoption into the family of God; the empowerment through the indwelling Spirit; the eschatological hope of eternal life; and confidence to enter God’s presence for courage and wisdom, amongst other treasures. The findings from the research were augmented by graphical presentations to ease the diagnostic process. An added aid is presented in Addendum B with simulated stories to support the interpretation of the proposed assessment tool based on the sanctuary model.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Wesenlik in kliniese werk, veral in hospitaalpastoraat en die algemene, pastorale bediening, is die verband tussen antropologie (mensbeeld) en die praxis-dimensie in praktiese teologie. Vandaar die oorhoofse doelstelling om vanuit ‘n teologiese-antroplogiese verwysingsraamwerk ‘n model of waarnemingsinstrument te ontwerp wat gebruik kan word vir die maak van pastorale diagnoses en behandeling in klinies-pastorale bedieningspraktyke. Veral wanneer dit gaan oor pastorale diagnoses rakende die spirituele kwaliteit van pasiënte se Christelike geloofsraamwerke en geloofservarings. In dié verband is besluit om die heilige en sakrale ruimte en plek van die Jahwē-aanbidding en liturgie soos vergestalt in die ontwerp van die ‘Wildernis-Tabernakel’ te ondersoek ten einde beter die sakrale en heilige domein van liturgiese handelinge van heling en troos in die pastorale bediening te verstaan. In ‘n metaforiese verstaan van die onderskeie elemente en ruimtes van die tabernakel, is die tempel-ontwerp (wat ook as ‘n heilige toevlugsoord gedien het) gebruik om diagnostiese komponenete te identifiseer. Die argument is dat dergelike komponente kan help om die eiesoortigheid van die pastoral identiteit binne ‘n spanbenadering en holistiese perspektief sodanig te profileer dat kliniese pastoraat gevestig kan word as ‘n wesenlike professie binne die wetenskappe van heling (terapeutiese dimensie) en hulpverlening (ondersteuningsorg). Binne die raamwerk van ‘n Christelike verstaan van spiritualiteit, is die navorsingsbeluit geneem dat die ‘Wildernis-Tabernakel’ voldoen aan al die spirituele direktiewe en kriteria wat alle Bybelse tempels kenmerk, en aldus ideaal geskik is om as uitgangspunt te dien vir die ondersoek na die spirituele onderbou van kliniese pastoraat binne ‘n hospitaalkonteks. Die gebou/toevlugsoord of tempel is gebruik as ‘n metaforiese ‘woonplek’ van God, en hierdie metaforiese gebruik is tegelykertyd verbind met soortgelyke konsepte in ‘n antropologie wat holisties dink en spirituele heling (spiritual wholeness) wil bevorder. Raakpunte tussen ‘n Ou Testamentiese en ‘n Nuwe Testamentiese perspektief is ontdek. Vandaar die verwysing na Paulus se tempel-verwante antropologiese terminologie. Hierdie ondersoek na tempel-verwante konsepte of idees is geloots met die uitgangspunt om dit so Bybel-gefundeerd as moontlik te hou. In dié verband het die gedetaileerde beskrywings in Eksodus, asook die Brief aan die Hebreërs, onskatbare hulp verleen. Met die oog op ‘n Bybelse paradigma vir die pastorale bediening is gebruik gemaak van beide ‘n algemene en teologiese literatuurstudie. In die ontleding van die navorsingsdata het ‘n prakties-teologiese hermeneutiek (vergelyk die hermeneutiese spiraal) ‘n wesenlike rol gespeel. Hierdie metodologie het gehelp om ‘n pastorale verstaan van navorsingsdata aan te wend vir ‘n diagnostiese benadering en dit dan ook verder te verbind aan ‘n teologiese-antropologiese verwysingsraamwerk binne die paradigmatiese konteks van ‘n Christelike Spiritualiteit. Dit word beredeneer dat dergelike aanwysers gebruik kan word vir diagnose en behandeling binne klinies-pastorale bedieningspraktyke. Die visuele apsekte van die model was behulpsaam met die grafiese uitbeelding van die spirituele indikatore asook om die spirituele interpretasie en diagnostiese ontwerpe te vergemaklik. Die geïdentifiseerde aanwysers van Christelike spiritualiteit is geplaas op ‘n spektrum van opsies, gebaseer op die interpretasie van tradisioneel-geskiedkundige, kerklike doktrines en liturgiese komponente. Hierdie spektrum-benadering verskaf ‘n brëe platvorm of basis vanwaar pasiënte hulle reaksies en sinvolle kommunikasie of disfunsionele kommunikasie, ontoepaslike of toepaslike persepsies van God in die hele terapeutiese proses kan beskryf. Die navorsingsprojek en ondersoek het ‘n paar konsepte aangespreek en toegelig. Eerstens verskaf die Tempel-model ‘n baie duidelike roete vir die hele dinamika van spirituele heling en groei, vanaf die begin tot die einde daarvan. Die identifisering van basiese ontwerpe, diagnostiese riglyne en konsptualisering beteken nie dat afgebakende en finale riglyne vir ‘n deurleefde spiritualiteit verskaf word nie. Dit bied wel teologiese en religieus-Christelike indikatore waarbinne elke pasiënt sy/haar eie ervaring en storie kan vertel en ook interpreteer, naamlik hoe elkeen sy/haar eie Goddelik-menslike ontmoeting binne kliniese kontekste en eksistensiële lewensgebeure ervaar. Tweedens word die impak van spirituele heling geassosieer met ‘n ontwerp-benadering in die Tempel-model. Die ontologiese, asook teologiese relevansie van hierdie ontwerpe en die impak op spirituele verryking en verandering word aan die lig gebring deur ‘n diepgaande ondersoek te loods na die skeuring van die voorhangsel van die Tempel ten tye van Christus se dood – wat analogies verbind word met die hele verlossingsgebeure en Christus se inkarnasie in die vlees asook die werkliheid van eksistensiële gebeure en spirituele interpretasie gebeure. Byvoorbeeld, openlike en vrye toegang tot God word vergelyk met die besnydenis van die hart asook die verligting van die verstand. Derdens verhelder die model die omvangryke impak wat die doop as instelling het op die nuwe identiteit van die gelowige, wat, onder andere, insluit die aanneming van die gelowige as deel van die familie van God; die bekragtiging van die gelowige deur die inwonende Heilige Gees; die eskatalogiese hoop op ‘n ewige lewe; die vrymoedigheid om tot die genadetroon van God te nader vir wysheid, troos en moed, asook menige ander spirituele kapasiteite soos vergestalt in ‘n pneumatologiese antropologie. Die bevindinge van die navorsingsprojek is versterk en bekragtig deur grafiese voorstellings, ten einde die diagnoseringsproses te vergemaklik. In Addendum B is ‘n addisionele hulpmiddel verskaf waarin gesimuleerde gevalle aangebied word om behulpsaam te wees in die interpretasie van die voorgestelde diagnostiese model wat op die Tempel- en Tabernakelmetafoor geskoei is.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Pastoral counseling, Theological anthropology -- Christianity, Pastoral care, Spirituality, Pastoral psychology, UCTD
Citation