An in-depth investigation into the relationship between municipal solid waste generation and economic growth in the city of Cape Town

Date
2020-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Issues of landfill scarcity are propelling cities and countries to direct policy instruments towards waste management. An objective of achieving a green economy, of which there is decoupling of waste, has become the forefront of policy design in many cities around the globe. The City of Cape Town (CCT), facing similar landfill scarcity issues, has begun taking steps towards waste minimisation. To determine whether it is possible for the City to rely on economic growth to achieve absolute decoupling of waste, this study investigates the long- and short-run relationship between economic growth and municipal solid waste generation. This is done using both time series regression analysis and decoupling calculations. Furthermore, the Waste Kuznets Curve is investigated. Socio-economic and policy drivers of waste generation are included in the investigation to inform policy design. This study finds that the CCT has been experiencing long-run relative decoupling of waste, with short-run fluctuations of absolute decoupling during economic recessions. No strong long-run relationships between socio-economic variables and MSW generation for the CCT are found, however, in the short run it is deduced that population density is positively related to per capita MSW generation. The Think Twice waste minimisation programme, as a potential policy driver of MSW generation, is evaluated using a segmented linear regression. It is found that the Think Twice programme only has had temporal effects of reducing MSW generation, and that much of the reduction in MSW generation is rather explained by exogenous economic shocks, such as the 2008/2009 economic crash.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Aangeleenthede rakende die tekort aan stortingsterreine dwing stede en lande om hulle beleidsrigtings sterker op afvalbestuur te vestig. Doelwitte met die oog op die bereiking van 'n groen ekonomie, waarvan afval ontkoppel kan word, het die voorpunt van beleidsontwerp in talle stede regoor die wêreld geword. Die Stad Kaapstad (CCT), wat met soortgelyke probleme rakende die tekort aan stortingsterreine te kampe het, het begin om stappe te doen om afval te minimaliseer. Om te bepaal of dit vir die stad moontlik is om op ekonomiese groei staat te maak om sodoende algehele ontkoppeling van afval te kan bewerkstellig, ondersoek hierdie studie die lang- en korttermynverband tussen ekonomiese groei en munisipale generering van vaste afval. Dit word met behulp van die analise van tydreeks-regressie en ontkoppelingsberekeninge uitgevoer. Voorts word die Waste Kuznets-kurwe ondersoek. Sosio-ekonomiese en beleidsdrywers van afvalgenerering word by die ondersoek ingesluit om beleidsontwerp aan te vul. Hierdie studie se bevinding dui daarop dat die CCT relatiewe ontkoppeling van afval op langtermyn ervaar, met fluktuasies op die korttermyn van absolute ontkoppeling tydens ekonomiese resessies. Geen stewige langtermynverhoudings tussen sosio-ekonomiese veranderlikes en generering van munisipale vaste afval (MSW) vir die CCT is gevind nie, maar op die korttermyn is afgelei dat die bevolkingsdigtheid positief verband hou met die generering van MSW per capita. Die Think Twice-program vir die minimalisering van afval, as 'n potensiële bestuurder van MSW-generering, word aan die hand van 'n gesegmenteerde liniêre regressie geëvalueer. Die bevinding is dat die Think Twice-program slegs ’n tydelike effek opgelewer het om MSW-generering te verminder, en dat 'n groot deel van die vermindering van MSW-generering eerder voor die deur van eksogene ekonomiese skokke, soos die ekonomiese ineenstorting in 2008/2009, gelê moet word.
Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Decoupling (Mathematics), Kuznets curve, Kuznets, Simon, 1901-1985, Waste (Economics) -- City of Cape Town (South Africa), Refuse and refuse disposal -- Economic aspects -- City of Cape Town (South Africa), Fills (Earthwork) -- City of Cape Town (South Africa), Economic development -- Environmental aspects -- City of Cape Town (South Africa), UCTD
Citation