Die pedagogiese benadering van opvoeders met betrekking tot leerders se leer in 'n landelike skool in die Oos-Kaap

Date
2020-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING : Die fokus van hierdie studie is op die pedagogiese benadering van opvoeders met betrekking tot leerders se leer. Die studie vind plaas in ’n skool genaamd Zithulele Independent School. Dit is geleë in ’n arm landelike deel van die Oos-Kaap en vorm deel van die Vennootskapmodel vir Openbare Skole. Die bestudering van hierdie skool se onderrigpraktyke het ryk bevindinge opgelewer as gevolg van die diversiteit wat in die klaskamers aangetref word. Die klasse is gevul met isiXhosa-sprekende werkersklasleerders en Engelssprekende middelklasleerders. Die doel van hierdie studie is om die opvoeders se pedagogiese benadering tydens die onderrig van hierdie diverse groep leerders te analiseer. Die opvoeders se pedagogiese benadering ontmoet elke leerder in hulle huidige posisie teenoor leer deurdat hulle die leerders se omgewing deel maak van die onderrig. Die literatuur benoem hierdie pedagogiese benadering plekgebaseerde onderrig. Die navorsing bestudeer hoe die opvoeders hulle wyse van onderrig aanpas om die plaaslike omgewing deel te maak van die leerprosesse en sodoende die verskeidenheid ten opsigte van leerders op ’n gelyke basis te handhaaf. Die leerders in die skool bring ’n wye verskeidenheid van kennis vanuit hulle huishoudelike omgewing na die klaskamer toe. Hierdie tipe kennis staan in die literatuur bekend as fondse van kennis en vorm deel van ’n wisselende onderhandeling tussen die leerders. Hierdie onderhandelinge sluit ook die bronne vanuit die middelklas en werkersklas in. Die bronne vanuit die middelklas is kulturele kapitaal en die bronne vanuit die werkersklas is gemeenskapskulturele rykdom. Die kulturele kapitaal verwys na die akademiese kennis en gebruike wat benodig word om suksesvol binne die middelklas milieu te verkeer. Gemeenskapskulturele rykdom verwys weer na die praktiese gebruike en gewoontes wat gebruik word in die werkersklas milieu. Hierdie vorm deel van die teoretiese onderbou van die studie, omdat beide hierdie bronne nodig is om leerders se leer te versterk. Hierdie navorsing val onder ’n kwalitatiewe paradigma. As ’n kwalitatiewe navorser het ek die opvoeders in hulle alledaagse omgewing bestudeer en hul daaglikse onderrigpraktyke ondersoek. Die studie is ook interpreterend van aard, omdat ek as navorser die sosiale omgewing van die skool wou verstaan en ’n beter begrip wou kry van hoe die opvoeders onderrig. Ek is in ’n posisie van binne-persoon in hierdie navorsing geplaas deur die deelnemende observasie wat ek uit gevoer het. Dit het my in ’n goeie posisie geplaas om verskeie bevindinge vanuit die studie te maak. Die oorkoepelende bevinding is dat plekgebaseerde leer ’n onderhandelingsplatform na vore bring wat leerders toelaat om deel te neem aan ’n wisselende onderhandeling van kulturele kapitaal en gemeenskapskulturele rykdom, en daardeur word hulle leer versterk. Die studie bestudeer drie aspekte in Zithulele Independent School om die opvoeders se pedagogiese benadering te verklaar. Hierdie drie aspekte sluit in meertaligheid, verweefdheid van kulture en klaskamerdinamika. Die opvoeders onderrig in Engels en isiXhosa. Deur hierdie twee tale te gebruik word daar ook twee kulture tydens onderrig geakkommodeer en daarom benodig dit ’n spesifieke klaskamerdinamika. Hierdie aspekte is bestudeer om ’n beter blik op die opvoeders se benadering tot onderrig te kry en gevolglik ook te kan verduidelik hoe dit hierdie diverse groep leerders se leer versterk. Daar word dus geargumenteer, deur hierdie studie se bevindinge, dat opvoeders se plekgebaseerde onderrig ’n diverse groep leerders se leer verryk en versterk weens die onderhandelingsplatform wat dit tussen die opvoeders en leerders meebring. Die onderhandelinge versterk leerders se leer, omdat dit die leerders in ’n meer gevorderde posisie teenoor leer plaas. Hierdie gevorderde posisie verwys na die leerders se vermoë om gemakliker in ’n middelklas- of werkersklasomgewing te kan omgaan. Plekgebasseerde pedagogie stel beide die werkersklas- en middelklas leerders in staat om hulself te verken in ’n breër omgewing as net die beperkinge van hulle huishoudelike omgewing, en word daardeur die geleentheid gebied om veel wyer kennis op te doen en ’n beter begrip van die groter wêreld te bekom.
ENGLISH SUMMARY : The focus of this study is on the pedagogical approach of educators regarding learners' learning. The study takes place in a school called Zithulele Independent School. It is located in a poor rural part of the Eastern Cape and forms part of the Public Partnership Schools model. Studying this school's teaching practices has yielded rich findings due to the diversity present in the classroom. The classes are filled with isiXhosa-speaking working-class learners and English-speaking middleclass learners. The purpose of this study is to analyse the educators’ pedagogical approach while teaching this diverse group of learners. The educators’ pedagogical approach meets each learner in their current position towards learning by making the learners' environment part of the teaching that is taking place. The literature calls this pedagogical approach place-based teaching. This research investigates how the educators adapt their teaching to make the local environment part of the learning processes and thus maintain the diversity of learners on an equal basis. The learners present in the school bring a wide range of knowledge from their home environment into the classroom. This knowledge is known in the literature as funds of knowledge and forms part of the learning dialogue in the school. These dialogues also include resources from the middle-class and working-class. The resources from the middle-class are known as cultural capital and the resources from the working class as community cultural wealth. Cultural capital refers to the academic knowledge and practices that accompanies middle-class learners into the school environment. Community cultural wealth, in turn, refers to the practices and resources for learning that accompanies working-class learners in their school learning. This forms part of the theoretical underpinning of the study, as both of these sources are put to use in the classroom to enhance the learners' learning. This research falls under a qualitative paradigm. As a qualitative researcher, I studied the educators in their everyday environment and examined their daily teaching practices. The study is also interpretive in nature, because as a researcher I wanted to understand the social environment of the school and gain a better understanding of how the educators teach. I was placed in an insider position in this research by participating in classroom activities while I was observing. This has enabled me to obtain various findings from the study. The overarching finding is that place-based learning brings forward a platform for dialogues between the learners’ cultural capital and community cultural wealth that enhances their learning. The study examines three aspects of Zithulele Independent School to explain the educators’ pedagogical approach. These three aspects include multilingualism, interweaving of cultures and classroom dynamics. The educators teach in English and isiXhosa and through these two languages the two cultures are also accommodated during teaching and therefore a specific classroom dynamic is required to accomplish this. These aspects have been studied to gain a better view of the educators’ approach to teaching and, as a result, to explain how it strengthens the diverse group of learners' learning. Therefore, I argue, based on this study's findings, that educators’ place-based teaching enrich and strengthen a diverse group of learners' learning, as it provides a dialogue platform between learners. The dialogues strengthen both the working-class and middle-class learners' learning because they place them in a more advanced position towards learning. This advanced position refers to the learners’ ability, depending on their class background, to be more comfortable in a middle-class or working-class environment. It enables the learners to explore their education in a wider environment than being limited to just how their home environments position them. Place-based pedagogy provides them the opportunity to learn much wider knowledge and gain a better understanding of the larger world.
Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Teaching -- Practice -- Eastern Cape (South Africa), Rural schools -- Eastern Cape (South Africa), Education -- Eastern Cape (South Africa), Primary school teachers -- Zithulele Independent School -- Eastern Cape (South Africa) -- Attitudes, School children -- Knowledge and learning -- Eastern Cape (South Africa), Place-based education -- Eastern Cape (South Africa), UCTD
Citation