Preaching as homecoming : a practical theological study of proclaiming belonging and identity in the South African Anglican context from 1990 to 2017

Date
2020-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The notion of ‘home’ is a complex concept that, in the light of contemporary society, requires further exploration. Modern developments have impacted social constructs as global trends influence contemporary lifestyles. This continuous effect of change upon modern life has left many feeling overwhelmed and disillusioned. Furthermore, the experience of displacement has added to the despair of homelessness. The South African context from 1990 to 2017 not only illustrates these modern tendencies but also reveals the unique transitions experienced by a new democratic society that remains in search of ways to find purpose and meaning to enhance its way of life. This study explores the role of preaching as a significant communication channel of the Anglican Church in South Africa and inquires to what extent proclamation may contribute towards a sense of belonging and identity for the community of faith in its longing to return home, to a place and space of wellbeing. Preaching that seeks to offer the Kingdom of God as an alternative reality may therefore assist the faith community to live in liminal spaces, despite the ever-present reality of uncertainty. Preaching may offer an imaginative revelation of the future in which hope is experienced as a tangible encounter rather than an escape from reality. Following the theoretical framework of a four-phase approach to practical theological investigations, this study has sought to evaluate the problem of homecoming in relation to the intention and practice of preaching. A total of 12 sermons by three Anglican Archbishops were analysed using the Heidelberg Method that combines linguistic techniques and theological reflections as a means to evaluate the formation of the preachers’ sermons. The findings of the analysis of these 12 sermons have revealed the correlation between linguistic and theological reflections and substantiated the need for biblical authenticity and the contemporary congregation’s need for relevance. The results have indicated that the use of imaginal language assists in igniting the imagination of the faith community with new perceptions of reality. The theological outcomes of presenting the preaching event as an unfolding narrative have demonstrated God as both present and participating, and have endorsed the identity of the congregation who, being made in the image of God, remains equal in worth and value. This demonstrates Kingdom principles and reveals new ways of being communal in the contemporary context. It is evident that, as a communicative event, preaching encourages the congregation towards perceiving a renewed perception of an alternative reality. Imaginal language therefore contributes toward empowering the community to create open and flexible spaces that may be renamed as ‘home’, sacred spaces that equip congregations to live fully. This study also adds to the ongoing homiletical discourse and literature that seeks to renew the intention and practice of preaching. Preaching as ‘Homecoming’ is thus a vulnerably authentic practice that addresses both the spiritual and social concerns of the Kingdom of God and offers the community of faith place and space to experience the good news of God as a present reality and a future hope.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die idee van ‘tuiste’ is 'n komplekse konsep wat, in terme van die hedendaagse samelewing, verdere verkenning verg. Moderne ontwikkelings het sosiale strukture beïnvloed, soos globale neigings die hedendaagse lewenstyl beïnvloed. Hierdie deurlopende effek van verandering op die moderne lewe laat baie mense oorweldig en ontnugter voel. Die ervaring van verplasing dra verder by tot die wanhoop van haweloosheid. Die Suid-Afrikaanse konteks van 1990 tot 2017, illustreer hierdie moderne neigings, en dui ook die unieke aanpassings aan wat ervaar word deur 'n nuwe demokratiese samelewing wat steeds soekend is na doel en betekenis wat waarde tot hul lewens voeg. Hierdie studie ondersoek wat die rol van prediking is as 'n waardevolle wyse van kommunikasie deur die Anglikaanse Kerk in Suid-Afrika en hoe ver proklamasie kan bydra tot 'n gevoel van aanvaarding en identiteit vir die geloofsgemeenskap wat verlang daarna om terug te keer huis toe, na 'n plek en ruimte van welwesendheid. Prediking wat poog om die Koninkryk van God as 'n alternatiewe werklikheid aan te bied, kan dus die geloofsgemeenskap help om in liminale ruimtes te woon, ten spyte van die teenwoordige werklikheid van onsekerheid. Prediking kan 'n verbeeldingryke openbaring van die toekoms bied waarin hoop ervaar word as 'n tasbare ontmoeting eerder as ‘n ontsnapping van die werklikheid. Met behulp van die teoretiese raamwerk wat bestaan uit ‘n virefase-benadering tot praktiese teologiese navorsing, evalueer die studie die probleem rakende die terugkeer huiswaarts in verhouding met die intensie en praktyk van prediking. Die Heidelberg-metode wat taalkundige tegnieke en teologiese nagdagtes kombineer was gebruik om die ontwikkeling van 12 preke deur drie Anglikaanse Aartsbiskoppe te ontleed en evalueer. Die bevindinge toon die verband tussen taalkundige en teologiese nagedates en bevestig die behoefte aan Bybelse egtheid en hedendaagse gemeentes se behoefte aan toepaslikheid. Die resultate bewys dat die gebruik van beeldspraak help om die verbeelding van die geloofsgemeenskap aan te vuur met nuwe persepsies van die werklikheid. Die teologiese uitkomste van die aanbieding van die predikingsgeleentheid as 'n ontblotende verhaal demonstreer dat God teenwoordig en deelnemend is, en onderskryf die identiteit van die gemeente wat volgens die beeld van God geskape is en gelyk bly in terme van waarde. Dit demonstreer Koninkryksbeginsels en openbaar nuwe maniere om gemeenskaplik te leef in die hedendaagse konteks. Dit is duidelik dat prediking as ‘n kommunikasiemiddel, die gemeente aanmoedig om 'n hernude persepsie van 'n alternatiewe werklikheid te sien. Verbeeldingstaal dra dus daartoe by om die gemeenskap te bemagtig om oop en buigsame ruimtes te skep wat herdoop kan word as 'tuiste', heilige ruimtes wat gemeentes toerus om ten volle te leef. Hierdie studie dra ook by tot die voortdurende homiletiese bespreking en literatuur wat poog om die intensie en praktyk van prediking te hernu. Prediking as huiswaartse terugkeer is dus 'n kwesbare tog egte praktyk wat die geestelike en sosiale belange van die Koninkryk van God aanspreek en die geloofsgemeenskap ‘n plek en ruimte bied om die goeie nuus van God as 'n huidige werklikheid en 'n toekomstige hoop te ervaar.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Preaching, Theology, Practical, Belonging (Social psychology), Identity, UCTD
Citation