Music and Militarisation during the period of the South African Border War (1966-1989) : Perspectives from Paratus

Date
2020-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In the absence of literature of the kind, this study addresses the role of music in militarising South African society during the time of the South African Border War (1966-1989). The War on the border between Namibia and Angola took place against the backdrop of the Cold War, during which the apartheid South African government believed that it had to protect the last remnants of Western civilization on the African continent against the communist onslaught. Civilians were made aware of this perceived threat throughvarious civilian and military channels, which included the media, education and the private business sector. The involvement of these civilian sectors in the military resulted in the increasing militarisation of South African society through the blurring of boundaries between the civilian and the military. Examples include where civilians were madeaware of the military effort and where they were militarily prepared from a young age through school visits, participation in para-military activities, and the school cadet system, leading to conscription. While some actively participated in the war through conscription, those at home were drawn into the effort by means of supporting roles. Through a perusal of the former South African Defence Force (SADF) magazine, Paratus (formerly known as Commando), this study investigates the role of music in these processes of militarisation. This dissertation includes descriptions of official military structures such as bands and choirs and their participation at civilian and military events. This does not exclude civilian groups and individual musicians who participated in military environments. The performance of non-military music by military bands, and the involvement of civilian musicians in military environments indicate how military ideals were transferred through the re-contextualisation of music as it was framed by the military environment. Other structures implicated in these processes included broadcasting and how the message of the military was conveyed through programmes, with music as vehicle, directed towards civilians and soldiers alike, contributing towards the construct of the soldier and the collective military effort. By means of numerous examples gleaned from Paratus, this study illustrates that music served as conduit in the process of militarisation of South African society.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die afwesigheid van literatuur in verband met hierdie onderwerp, spreek die studie die rol van musiek in die militarisering van die Suid-Afrikaanse samelewing tydens die jare van die Suid-Afrikaanse Grensoorlog(1966-1989) aan. Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog op die grens tussen Namibië en Angola het plaasgevind teen die agtergrond van die Koue Oorlog, waartydens die apartheidsregering geglo het dat hulle die laaste oorblyfsels van Westerse beskawing op die Afrika kontinent moes beskerm teen die kommunistiese aanslag. Die burgerlike samelewing is vergewis van die sogenaamde bedreiging deur middel van verskeie burgerlike en militêre kanale, wat die media, opvoeding en die privatesakesektoringesluit het. Die betrokkenheid van hierdie burgerlike sektorein die militêre omgewing, het gelei tot die toenemende militarisering van die Suid-Afrikaanse samelewing deur die vervaging van grense tussen hierdie twee entiteite. Voorbeelde sluit in waar burgerlikes bewusgemaak is van die militêre gebeure en waar hulle ook militêr voorberei is vanaf ʼnjong ouderdom deur middel vanskoolbesoeke, deelname in para-militêre aktiwiteite, en die skoolkadetstelsel, wat gelei het tot diensplig. Terwyl sommige burgers aktief aan die oorlog deelgeneem het deur middel van diensplig, was daar ook diegene tuis wat in ondersteuningsrolle by die oorlog betrek is. Deur middel van ʼnoorsig van die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag tydskrif, Paratus(voorheen bekend as Kommando), ondersoekhierdie studie die rol van musiek in hierdie prosesse van militarisering. Hierdie tesis sluit in beskrywings van amptelike militêre strukture soos orkeste en kore en hul deelname aan burgerlike en militêre geleenthede. Dit sluit ook in burgerlikegroepe en individuele musici wat in militêre omgewings aktief was. Die uitvoer van nie-militêre musiek deur militêre orkeste en die betrokkenheid van burgerlike musici in militêre omgewings dui aan hoe militêre ideale oorgedra is deur die her-kontekstualisering van musiek deur die militêre etos. Verdere strukture waarvan hier melding gemaak word, sluit in die uitsaaiwese en hoe militêre idees oorgedra is deur middel van musiekprogramme, gemik op burgerlikes en soldate, wat bygedra het tot die konstruksie van die idee van die soldaat en die kollektiewe militêre poging. Deur middel van verskeie voorbeelde uit Paratus, illustreer hierdie studie dat musiek as vervoermiddel gedien het in die proses van militarisering van die Suid-Afrikaanse samelewing.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020
Keywords
UCTD, South Africa. South African Defence Force -- History, Military music, Paratus
Citation